Lasbrief ten spyt, Zuma gaan nié verskyn

Oudpresident Jacob Zuma (Foto: Jacob Zuma/Twitter)

Dit moenie as ʼn aanduiding van “enige miskenning van ʼn regsproses” beskou word nie, maar oudpres. Jacob Zuma se regspan sê hy gaan steeds nie Maandagoggend sy voete by die Zondo-kommissie na staatskaping sit nie.

Zuma moes hom vandag om 10:00 by die kommissie aanmeld nadat ʼn lasbrief uitgereik is omdat hy tydens sy vorige verskyning sonder om verskoon te word uit die verrigtinge gestap het.

Maroela Media het vroeër berig talle pogings deur verskeie politieke leiersfigure, ook van buite die ANC, asook van godsdiensleiers en ander gemeenskapsleiers het die naweek voortgeduur om Zuma te oortuig om die Konstitusionele Hof te gehoorsaam en op te hou met sy openlike ondermyning van die regstaat en die Grondwet.

Teen gisteraand laat was alle uitlatings uit sy kamp egter reeds dat hy nie sou opdaag vir sy verskyning nie. In ʼn brief aan die kommissie sê Zuma se regspan die kommissie is bewus van ʼn hersieningsaansoek wat nog hangend is waarin hy vra dat Zondo hom aan die verrigtinge onttrek wanneer Zuma of enige van sy familielede betrokke is.

Die Zondo-kommissie het hom vroeër tot die Konstitusionele Hof gewend waar beslis is Zuma moet verskyn en getuig tot die kommissie hom verskoon.

Zuma het vroeër egter gesê hy sal eerder tronk toe gaan as om weer voor die kommissie te verskyn, terwyl lede van die uMkhonto weSizwe-veteranevereniging (MKMVA) verlede week gesê het hy gaan alles moontlik doen om te verhoed dat Zuma in hegtenis geneem word.

Zuma voer aan Zondo is bevooroordeeld teenoor hom omdat hulle mekaar ken.

Sy regspan voer voorts aan die lasbrief vir Zuma om van 15 tot 19 Februarie voor die kommissie te verskyn is onregmatig en nie in ooreenstemming met ʼn bevel wat die Konstitusionele Hof op 28 Januarie uitgereik het nie.

“Om in die omstandighede voor adjunkhoofregter Zondo te verskyn, sal die hersieningsaansoek oor sy besluit om hom [Zondo] nie te verskoon nie, ondermyn en ongeldig maak,” lui die brief aan die kommissie.

Hulle voer aan die hersieningsaansoek het nie voor die Konstitusionele Hof gedien nie. Dit is gevolglik nie oorweeg en tot ʼn beslissing gekom nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Genis ·

Kom ons kyk of die Staat die moed gaan he om vir Mr Corruption toe te sluit…

Anton ·

Wel hy wil mos eerder tronk toe. Laat ons hom nie strem in sy begeertes nie :-)

Aai ·

Carl Niehaus jy praat baie julle gaan sleg tweede kom as julle die reg gaan probeer stop die keer.

Juffrou ·

Al sy ou verskonings is al uitgedien. Hoe absurd. Jan Alleman sou al lankal in voetboeie gewees het. Die media moet hom g’n meer lugtyd gee. Hy geniet al dié sirkus-aandag.

Dogmanet ·

As die perd nie gearresteer en toegesluit word omdat hy die hof bevel minag nie, beteken dit die grondwet en regering is NIKS werd nie. Dan kan almal mos maar maak wat hulle wil……

Spyker ·

Afrika Demokrasie. Genetika kan nie in n duisend jaar verander nie. As jy nie hiermee kan saamleef nie dan moet jy goed vat en loop! Dit gaan noe verander nie.

Patch ·

Makilk. Arresteer hom, sluit hom toe, gooi die sleutel weg en vergeet van hom.

jzjz05 ·

Hy het ons land tot piesang republiek gedryf ekonomie on herstelbaar verwoes en is nou besig om met ons grondwet die selfde te doen.Gaan die ANC dit ook toelaat???????

Dup ·

Absolute sirkus.Die wêreld slaan alles gade en is seker sprakeloos oor wat alweer in (Suid) Afrika aan die gang is.Korrupsie en bedrog is aan die orde van die dag en die regerende party se lede beskerm diè wie verdink word daarvan.Tipiese Afrika politiek.

Connie ·

Hy lyk eerder bang, probeer nou enige iets uithaal, want hy weet hy gaan sy allie sien. Sluit toe en gooi die sleutel weg.

Jacobus ·

Hy is sê wat hy wil, maar as hy weer deur die krake glip beteken ons regstelsel niks!

annie ·

Kan almal wat bedreig voel hul eie paramilitère eenheid op been bring. Die kommandostelsel is tot niet, maar die MK’s word onderhou, 25+ jaar nadat die ANC ontban is.

Rentia ·

So… JZ weier. maar CR is ook wetlik skuldig, deur te sê “Gee hom tyd, los hom”. Jy mag nie die konstitusionele hof “overrule” nie. Selfs al is jy die president. Die ANC het groot probleme. Praat Zuma, is almal in die tronk (Zuma was jare hoof van intelligensie) Praat hy nie, loop hy gevaar om tronk toe te gaan. (Al weet die hele land Zuma sal nooit die binnekant van ‘n tronk sien nie). Vraag is egter nou: WIE gaan JZ arresteer? Zuma ken al die geraamtes van almal, polisie, CR EN DIE HELE ANC ingesluit. Hoekom probeer CR inmeng hierby, as dit nie is om sy eie bas te red nie? In effek: “rule of law” in SA bestaan amptelik nie meer nie danksy vandag se gebeure, Die president hiervoor is vandag geskep, ook ‘n eerste vir SA. Wat nou? WIE gaan vir JZ uit sy bunkers in Nkandla uithaal?

Anti-Verkramp ·

Dis nie die eerste sirkus van sy soort nie. Hulle kan hom dwing om te verskyn maar nie dwing dat hy praat nie. Eintlik maar ‘n futiele aksie. Selfde mos met PW Botha. Het geweier om voor WVK te verskyn en is toe later gevonnis met ‘n boete. Het egter nooit verskyn sover ek weet nie.

Kerneels ·

Jy kan nie jz en pw in een asem noem nie – onvergelykbaar.

Anti-Verkramp ·

Hulle het een ding (wel twee dinge) in gemeen. Weier om voor kommissies van ondersoek te verskyn en ewe hardekwas.

SjN ·

Lyk my die gereg is bang vir die sirkusleeu, hy versoek dan om opgesluit te word, bewaarheid dan sy vereiste.

Nie Verbaas ·

En wat gaan die ruggraatlose ANC regering daaraan doen? Tien teen een, niks. So maak hulle deure oop vir ander om die reg te minag. Hulle grawe net dieper en groter gate vir hulleself.

ROELOF ·

Gryp die beeswagter en sy kader maatjie, Niehaus en smyt hul in tronk.

Kokerboom ·

SA het NOU genoeg gehad van die arrogante kader!!!! Sny sy toelaes in totaal af

SomeOne ·

die hele anc sirkus sal nie aan hul grootkoppe se geld raak nie

Jannie van Niekerk ·

Zuma sal nie in hegtenis geneem word nie. Die hele ANC, Ramaphosa ingesluit, is korrupsie goedgesind. Hulle voel ‘n veer vir reg en geregtigheid.

Riaan ·

Zuma het nie opgedaag nie

Indien daar NIE teen Zuma opgetree word nie, gaan dit ‘n situasie skep waar enige persoon ‘n lasbrief eenvoudig net kan ignoreer.

Mariana ·

Ag nee wat hy gaan niks oorkom nie, almal bang vir die een en hy is slim genoeg om dit te weet. Wat ‘n klomp ruggraatloses regeer die land nie. Almal ewe korrup en dit sluit Ramapoza in. Mors van tyd. Los hom maar uit. Net meer en meer belastinggeld word op die skelm vermors. Regtig tyd vir ANC en die spul om te groet. Ons moet nou iemand kry wat regtig omgee vit SA en sy mense. Hoe verwens ek nie vir De Klerk en sy maatjies wat die land verkwansel het vir pot lensiesop nie. Wonder of hy ook slapelose nagte het soos die inwoners van die land.

Jakes ·

Die ANC sal Zuma se vervolging probeer keer met alles tot hul beskikking. Sou Zuma wel vervolg word sal hy waarskynlik al sy ANC maters ook impliseer en dit sluit die president ook in.

SomeOne ·

indien die hele spul anc, eff en andere in die tronk kan kom, sal ons dalk ‘n regering kry wat almal se regte erken

SomeOne ·

papbroek, lam sakkig, kan nie sy man staan nie, slegte voorbeeld vir alle afrikane

Elize ·

Sluit die man nou toe en kry klaar. Hy is niks minder of meer as ‘n ou 2 gat jakkals nie. Hy wil net verdeeldheid saai en oorlog maai. Hy voel niks vir iemand in hierdie land nie.

Chrisp ·

Hierdie is die begin van die verkrummeling van die ANC en so ook hierdie hersengskim van ‘n reënboog in Azania.

Die land stuur af op totale ineenstorting vanaf 1994 soos deur baie van ons “verkramtes”(lees grysstof gebruikers) gewaarsku en voorspel is. Moet bieg die tyd het ons nie geweet nie.

Soos reeds vermeld by ‘n vorige kommentaar kan dit net verhoed word vir die hede deur
(1) Geen bevel van inhegtenisneming(die lasbrief is nou uitgereik)
(2) Neem hom in hegtenis.
Indien punt twee met gesag uitgevoer word koop hulle net tyd maar val gaan Azania val net die tyd is volgens my die onbekende faktor.

Anti-Verkramp ·

Vir minagting van die hof kry jy gewoonlik ‘n boetetjie soos PW Botha. Dis onwaarskynlik dat hy in hegtenis geneem sal word want as ‘n lasbrief wel reeds uitgereik is, sal sy prokureur waarskynlik aanraai dat hul vrywilliglik saam polisiekantoor toe gaan. Dan sal hy baie vinnig voor die hof gebring word en waarskynlik’n boete kry (of gewaarsku word) en vrygelaat word. Dis wat waarskynlik in praktyk gaan gebeur. So, vir hierdie eerste minagting van die hof is dit hoogs onwaarskynlik dat hy tronk toe sal gaan. Onthou, die belangrike sake soos vir korrupsiesake sal deur ellelange verhore gaan (as ons sover kom) en gedurende daai tyd sal hy uit wees op borg.

Plaaskind ·

Hoekom is hy nie al lankal toegesuit nie??? Werklik skandelik dat hy homself so edel hou.

Baardman ·

Hy sal mos liewer n paar maande tronk toe wil gaan vir minagting van die hof, eerder as n paar jaar vir bedrog

Anti-Verkramp ·

Dit hang af of die bedrogsake gaan volg. As hulle hom nie aankla daarvan nie, wel dan sal hy op die uiterste ‘n paar maande in die tronk deurbring vir minagting van die hof (as hy bly weier om te verskyn, hoogs onwaarskynlik vir eerste weiering). PW Botha het geweier om voor die WVK te verskyn en het toe ‘n boete gekry. Hy is egter nooit krimineel vervolg vir enige iets anders nie.

J ·

‘Stalingrad strategie’ is ‘n growwe oordrywing van Zuma se strategie.

Zuma se strategie kan hoogstens vergelyk word met dié van ‘n brulpadda wat homself opblaas om baie groter en gevaarliker te vertoon as wat hy werklik is.

Of ‘n kalkoen wat sy vere oppof ten einde die ander kalkoene te beindruk met sy grootte!

Zuma is net ‘n verwaande windbol, pierewaaier wat ly aan grootheidswaan! … en ‘n onbeheerbare wellus na MAG!

Al sy bravade sal verdwyn (saam met sy ‘trawante’) sodra n goed opgeleide polisieman hom arresteer en agter in ‘n polisie vangwa ‘inhelp’!

Skaal af met die ‘hiperbool’ van ‘n Stalingrad vergelyking waar egte generaals ‘n ware oorlog geveg het.

Zuma se ‘vertoning’ is ‘n storm in ‘n teekoppie wat gelewer word vir die breindood media wat dit geweldig opblaas.

Kwasi soldaat, wat ‘n kwasi oorlog voer teen ‘n nie-bestaande vyand terwyl hy REGTE, SWAARVERDIENDE BELASTINGGELD STEEL.

Meester van misleiding en propaganda!

Bars asb nou sy ballon!

JohanR ·

Soe ek wat Jan van Niks is sou vanmore by my huis gehaal geword het en na ‘n tronk toe gevat omdat ek nie voor die Zondo kommisie verskyn nie al selfs is daar ‘n lasbrief uitgeryk. Soe gaan die selfde nou gebeur met Jacob Zuma of kan ons maar nou al se “the law in SA is an ass!”

andre ·

Robbeneiland kan maklik weer in n tronk omskep word . n Werkende tronk met voormalige gevangenis sal goed vir Wes-Kaap se toerisme wees .

James ·

Eenvoudig. Lasbrief vir arrestasie. As daar mense is wat verhoed dat die lasbrief uitgevoer word – arresteer hulle. As hul dreig met geweld, beantwoord dit met geweld.

So eenvoudig soos dit. Hoor julle SAPS?

Phillip ·

Dan kan ons mos ook nie hoef optedaag vir misdaad in n hof nie dan kan ons ook mos weier wat ons sien dit , dit sal ons ook doen wou die ougesegde se maar my liewer weer hou

Strandloper ·

Ai tog…hy slaan die kitaar en die anc dans tog te lekker saam. ..want hul het nie n keuse nie!

Gert ·

Waar is Bekkie nou hy vang mos strandlopers, baaiers en branderplankryers. Laat hy ons nou wys hoe arresteer hy vir Zuma

LANA is ELANè ·

Hier gaan net dadels van kom, die hele Zondo kommissie is vlg my net ‘n klug wat die belastingbetaler onnodige geld uit die sak jaag. Al hierdie kamtige kommissies van ondersoek in hierdie land is net om die regsproses deurlopend te vertraag. Kriminele en ‘n vigilante regering het die oorhand.

Derick ·

Ag ou Carl wil tog so graag deel van IETS wees. Ek kan nie besluit of dit lagwekkend of hartseer is nie.

Anel ·

Hy is ‘n misdadiger. Stop sy geld wat hy maandeliks kry van ONS , DIE BELASTINGBETALER!!! Verander sy kampong in’ n vakansieoord, want hy betaal tog nie die paaiemente nie. En stop hom in die tronk.

Servaas ·

Gaan hy slegs n boete kry ? Indien hy n boete of tronkstraf kry is hy nog verplig om voor die kommissie verskyn ?

Ralph ·

Wat ‘n besonderse waterskeingsaak in die geskiedenis van die beskaafde era. Kan iemand dalk verduidelik waarom die huidige president nog geen woord hieroor gerep her nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.