Hofdatum bekend vir skoolhoof se kinderporno-saak

hofhamertjie-2-320x264ʼn Voormalige skoolhoof van ʼn privaatskool in Mpumalanga wat daarvan beskuldig word dat hy by ʼn kinderpornografie-netwerk betrokke is, het Dinsdag in die Nelspruit-streekshof verskyn waar sy verhoordatum bekend gemaak is.

Die verdagte, wie se naam nie bekend gemaak mag word voor hy op die aanklag teen hom gepleit het nie, se verhoor sal op 26 Augustus begin. Hy is tans uit op R1 000 borgtog.

Hy is op 18 Augustus 2013 saam met vyf ander mans uit verskillende provinsies in hegtenis geneem. Die ses mans is glo deel van ʼn internasionale kinderpornografie-netwerk van honderde mense, insluitend professionele mense van Kanada, Engeland en Amerika.

Die beheerliggaam van die skool waar die man hoof was, het besluit om hom af te dank nadat hy vir die eerste keer in die hof verskyn het. Die man is na bewering ook ʼn bekroonde skrywer. – SAPA

Lees ook:
Oudskoolhoof in hof oor kinderporno
Regsgeleerde in hof oor kinderporno
Skoolhoof se kinderporno-saak uitgestel
Hoof in hof oor kinderpornografie
Minstens 386 kinderpornografie-slagoffers in internasionale klopjag gered
Kinderporno-saak: Een verdagte se saak van rol geskrap
Kinderporno-saak: Onderwyser vlugtig in hof
Kinderporno-sindikaat: Onderwyser weer in hof
Kinderporno-sindikaat: Verdagte in hof
Kinderporno-kring: Nog ‘n verdagte se saak word uitgestel
CDP reageer op kinderporno-kring
Kinderporno-kring: Ondersoek verdiep
Kinderpornografie-ring: Ses hoës in hof
Ses SA-hoës vas oor kinderpornografie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.