Hofgeding kom dalk oor verkiesing

OVK-personeel tel stemme by die Ntolwane Primary School-stemlokaal in Nkandla. (Foto: Motshwari Mofokeng/ANA)

Die swaard van ʼn hofgeding hang vir die eerste keer oor ʼn Suid-Afrikaanse verkiesing met regspanne in gereedheid indien vanjaar se verkiesingsuitslae betwis gaan word.

“Dat dit ʼn gemors is, is ʼn feit. Die omvang van die gemors moet nou vasgestel word, en of dit ʼn wesenlike verskil aan die uitslag gaan maak. Ons regspanne staan gereed,” het ʼn senior verteenwoordiger van ʼn groot politieke party vanoggend aan Maroela Media gesê.

Wat die uitslae betref is die omvang tans baie beperk, maar wat duidelik is, is dat die VF Plus baie gegroei het. Die aanduidings is dat baie lae stempersentasies landwyd in baie ANC- en EFF-gebiede aangeteken is.

Die Wes-Kaap tel tans verreweg die vinnigste en dit lyk of die DA die provinsie gaan behou. In die Noord-Kaap lyk die ANC veilig. In die ander provinsies is die inligting nog nie genoeg om sinvolle projeksies te maak nie.

Elke politieke party is tans besig om voorbeelde van kiesbedrog byeen te bring om die omvang te bepaal. Almal het voorbeelde van hoe kiesers meer as een keer gestem het, hoe maklik dit was om die ink van die vinger te verwyder en dat die veiligheidsmeganismes teen kiesersbedrog nie behoorlik gewerk het nie.

Masego Sheburi, die OVK se adjunk-hoofverkiesingskommissaris, spreek die media toe. [8 Mei 2019]. (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

Hoewel dit die algemene gevoel is, was politieke partye nogtans deur die bank baie versigtig om verantwoordelik op te tree in die wete dat die verkiesing nie ondermyn moet word nie. Daar is wel ʼn deeglike bewustheid dat ʼn verkiesing aan een of ander minimum moet voldoen om geldig te wees.

Volgens Maroela Media se inligting was daar gisteraand ʼn vergadering van die veelparty-moniteringskomitee wat die OVK opdrag gegee het om ʼn oudit te doen van die presiese punt waarvolgens die verkiesing vry en regverdig verklaar kan word, of nie.

Daar is ʼn moontlikheid dat partye daarop kan aandring dat ʼn rekonsiliasie gedoen moet word van die strokies wat aan kiesers uitgereik is, die name wat op die kieserslys doodgetrek is en die vorms wat kiesers van buite die stemdistrik moes invul om vas te stel wat die omvang van die wanverhouding is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

klip in die bos ·

Kiesers moet se by watter stemlokaal hulle gestem het, waar die ink merk afgevee kon word. Dit sal die OVK help met hulle ondersoek. My merk sit nog . Daar was ook nie ‘n eenvormige merk wat gemaak is nie. Party mense het hulle merk op die vel en naal ontvang, terwyl ander dit net op die vel of net op dir naal ontvang.

madels ·

Ek ook, dit was skokkend dat ek dit so maklik net kon af vee toe ek by die huis kom. Ek glo hier is ERG korrupsie betrokke en dis hoekom daar nie ordentlike merkers gebruik is om nie so maklik dit te kon afvee nie. Genade! Kan niemand regtig dit insien nie? Of WIL niemand dit insien nie!? Dis mos DUIDELIK vooruit so beplan!

Wilma Hattingh ·

Beide ek en my man het geen strokies ontvang, ons ID boeke is nie gestempel nie, ons name is wel met n lyn deur op die kieserslys getrek, ons stembriewe is voor ons oe gestempel, en linker duime is met ink gemerk

Joe ·

Dan is julle reg. Die scan en “strokies” is net om te sien of jy gerigestreerd is. Jou briewe gestempel en in boks, so julle stemme tel.

Phillip ·

Ons het nie n scanner gehad by ons stasie hier in Durnacol nie. Ons name is doodgetrek op die lys, ons naels is gemwrk, ons het ons stembriewe gekry wat sy voor ons gestamp het en ons het gaan stem. Geen scanner was in sig nie.

NEels ·

Weereens n bewys van n regte afrika demokrasie, niks werk reg nie en aan die einde stem almal saam dit was vry en regverdig wat n grap. In n MM peiling vroer was die meerderheid stem dat die Ovk nie vertrou kan word nie en hier kom die bewyse

Bmw ·

En Wie gaan die ondersoek doen, die selfde mense wat die gemors veroorsaak het!!!!?

frikkie botes ·

Ek weet van baie mense wat meer as 2 keer gestem het. koukie pen ink wat afvee. videos van mense wat bokse volstop met vooraf gemerkte vorms. bokse wat oop is. Die verkiesing was n fiasko

Kiepie ·

As jy weet van mense wat “meer as 2 keer” gestem het het jy ‘n verpligting (of ten minste ‘n verantwoordelikheid) om diesulkes by die OVK if selfs die polisie te verkla vir verkiesingsbedrog.

Andreas ·

En die OVK soek by ander mense die oorsaak van die gemors, soos die instansie wat die ink verskaf het, kon hulle dan nie self lank voor die tyd ‘n vinger of duim uitgehou het om die effektiwiteit van die ink te toets nie? Nee, hulle kon nie.

Leon ·

Ons het geen strokies ontvang nie, daar was geen skandering apparaat nie.
As ons nie daarop gelet het en die aandag daarop gevestig het nie, sou ons name ook nie met ‘n lyn dood getrek wees nie. En dit teen die middag laat, waar mens sou kon dink die “beamptes” weet wat om te doen.

Pensioenaris ·

By ons was geen strokie wat moes ingevul word as jy buite jou stem distrik stem nie. Het jou besonderhede op n A4 papier geskryf.

Elna ·

Alles tel nou in die ANC , DA enEFF se guns hoe kan dit n regverdige vry verkiesing wees waar oneerlikheid en koerupsie betrokke is? Hier is mos n groot slang in die gras soos die spreekwoord sal se.

ek sê maar ·

Elna dis JUIS die DA wat klagtes aanhangig maak, Tony Leon he toor die nuus gesê hul het BEWYSE van dubbelstemmer van oor ‘n duisend. SO hoekom sou hulle as hul bevoordeel word?

TN ·

Op watter manier tel onreëlmatighede in die DA se guns ? In Durbanville waar die mense feitlik almal DA wou stem het die stembriefies klaargeraak !

Pieter ·

Maklik om na te gaan, kyk hoeveel stemme getel is en vergelyk dit met aantal geregistreerde kiesers.

IK ·

Moet so wees, die sirkus hou aan met regeer. Kom ons kyk wie is die hoofnar hierdie keer.

Ella ·

Hoekom kan ons nie elektronies stem nie Die stemproses kan dieselfde bly maar plaas daarvan dat jy jou kruisie op ‘n papier trek stem jy op’ n ipad Die stem word outomaties getel, niks kan verlore gaan nie, afbrand of weg raak nie en ons spaar kostes met die druk van stembriewe in kleur! Mense wat nie van tegnologie gebruik wil maak nie kan op die ou manier stem of ‘n familielid vra om hom te help..

John ·

… het ek nie so gewaarsku nie… maar wie is ekke tog… gister lekker pannekoek en tee en ‘n boek en ‘n simfonie in die agtergrond… en sms’e oproepe kom speel saam… kom speel saam… oy!

stem ·

Ons het n baie positiewe stem ondervinding gehad. Teen laatmiddag was daar bykans niemand, die IEC beaptes was almal vriendelik en baie hulpvaarding. Ons is elkeen beleeft gegroet by elke toonbank. Ons ID’s is gescan, het ‘n strokie ontvang, name is afgemerk in die boek, vinger is ge-ink, stembriewe met stempels ontvang, ons het ons kruisies getrek en is toe by die laaste toonbank vriendelik in kennis gestel hoe om die briewe te vou en in watter bokse om te gooi.
En dit nogal in Limpopo. Ek was beindruk

Lynette ·

Ek het gister iets opgemerk wat ek nog nooit gesien het nie. In verlede was die hokkies waarin jy stem, se ingang na agter, weg van mense oe. Gister by die Kwena Mohlapo skool in Lanseria was die hokkies oop na n ry vol mense wat by tafeltjies gesit het. Ek glo dit was party-verteenwoordigers wat daar gesit het. Hulle kon duidelik sien of jy taamlik bo, middel of onder op lys stem. Nie sien vir presies wie jy stem nie, maar n taamlike goeie raaiskoot maak. Ek weet nie of dit saak maak nie, maar ek het ongemaklik gevoel met die oop kant na hulle toe.

Kolle ·

Selfde in Polokwane. Ek het oor presies dieselfde gewonder want mens is bekyk van oraloor. Hierdie was een groot sirkus.

Mandie Venter ·

Is dit nie tyd om by ander lande te leer wat die proses alreeds elektronies doen nie? Jou vingerafdruk en id nommer te gebruik om mee te stem en dit te blok sodra jy klaar gestem het. Sodoende kan jy nie weer gaan stem nie.

Kiepie ·

Mandie, daar is slegs 1 land in die wêreld, nl Indonesië, wat hulle nasionale verkiesing elektronies doen. Daar is weliswaar heelwat lande wat al daarmee ge-eksprimenteer het maar sonder uitsondering is dit in die daaropvolgende verkiesings laat vaar en terug gekeer na die tradisionele stemprosedure (soos wat ons tans het).

madels ·

Hulle sal dit nie hier doen nie want dan kan hulle nie crook nie!!

Marinda ·

Ella, ek het nogal dieselfde ding gedink.

Luister vanoggend na die radio en hoor van intimidasie, mense wat gedreig word deur ñ sekere party dat hulle nie moet stem nie ensv. Dis nou ñ “free and fair election”

Nou ja, as jy elektronies kan stem, dink ek die skelms en hulle streke sal op ñ ent wees.

Koos ·

Ons was al die jare by een stem lokaal geregistreer maar gister was my vrou sin reg maar myne het verander na n ander lokaal en ons was nie die enigstes nie , moes n vorm invul voor ek kon stem

Sue ·

Het by ander stemlokaal gestem as gewoonlik en moes ook by registrasie tafel n draai maak. Op die tafel lê n blaai waarop die beampte aanmerkings gemaak het, en my adres was daarop geskryf. Voor ek nog my adres vir haar gegee het. Ek vra toe daarna. Maar sy weet nie. Vermoed iemand anders het skelm my adres opgegee. Dit laat mens wonder watse skelm streke gaan aan.

Annie ·

Elektroniese stemme is die uitweg…. ongelukkig sal dit nie in ons sonnige land gebeur nie… dan kan die korruptes nie voortgaan met hulle narre spel en oneerlihede nie.
As ons wel elektronies gaan sal daardie stelsel absoluut 100 000 000 % “korruption proof” MOET wees…..

Johan Pretorius ·

Net weer n bewys dat die mense wat in beheer is nie in staat is om hulle werk te kan doen nie.

Sê maar net... ·

Het iemand al daaraan gedink dat eintlik behoort net mense met ‘n taxnommer en tot op datum betaalde tax te kan stem..ons betaal immers vir alles wat in die land gebeur..wat dra die ander mense by?

Robbie Crouch ·

Almal wat BTW betaal is belastingbetalers… keep that in mind

Anoniem ·

Mense in ons kantoor was R500 aangebied om vir sekere partye te stem, as jy honger is, sal jy jou baie graag daardie geldjie vat, en daar is baie honger mense daarbuite.

Tech ·

In n tegnologiese gevorderde wereld waarin ons leef kan dit nie elektronies gehanteer word nie?
Stem dadelik getel en id gescan?? Dit kan mos bedrog meer uitwerk selfs heeltemal…..

Myra ·

Ons het in Magaliesburg gestem. Is vriendelik gegroet, ID-kaarte gescan, strokies ontvang, name op kieslys doodgetrek, linkerduime met permanente ink gemerk. Ons stembriewe is voor ons gestempel, en posboks aangedui. Flink en positiewe ervaring.

Maureen ·

Ek voel dit was verkeerd om te kon gaan stem anders as by die lokaal waar mens geregistreer het. As iemand die ink kon afwas, kon hul weer enige ander plek gaan stem!
By party lokale was 2 bokse vir die 2 stembriewe, by ons net een boks waarin ons altwee stembriewe moes plaas?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.