Hofgeding oor Nkandla gaan voort

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Die DA het Woensdag gesê hy gaan voort met sy saak voor die konstitusionele hof om te versoek dat pres. Jacob Zuma ʼn gedeelte van die koste van die opknappings aan sy Nkandla-woning moet terugbetaal soos deur die openbare beskermer (OB) aanbeveel is.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het saam met die party se James Selfe en adv. Glynnis Breytenbach die media by die parlement toegespreek.

Maimane het gesê die party is bewus van Zuma se aankondiging dat hy bereid is om ʼn gedeelte van die geld terug te betaal, maar dat sy aanbod steeds nie strook met die regstellende stappe soos Thuli Madonsela in haar verslag aanbeveel het nie.

“Inteendeel, ons is van mening dat Zuma se aanstelling van die ouditeur-generaal om te bepaal hoeveel geld hy moet terugbetaal, net sy jongste poging is om vir die vyfde keer ʼn parallelle proses aan die gang te sit,” het die DA gesê. “Die DA sal aanvoer Zuma se onvermoë om rasioneel aandag te gee aan die OB se bevindinge asook die regstellende stappe wat voorgestel is, is irrasioneel, onwettig en ongrondwetlik.”

Die party het gesê geen individu of liggaam is daarop geregtig nie om ʼn parallelle ondersoek van stapel te stuur nadat die OB reeds ʼn kwessie ondersoek en haar verslag bekendgemaak het – en dan boonop te sê die ander ondersoek se bevindinge dra meer gewig as dié van die OB.

“Dit is duidelik dat pres. Zuma ʼn string ministers en ANC-LP’s ontplooi het om sy onverdedigbare oprigting van ʼn paleis ten koste van die mense van die republiek te verdedig. Die persone wat die president se opdragte uitvoer, het selfs so ver gegaan as om hofbevele te ignoreer om ʼn politieke agenda te dryf, ten spyte daarvan dat hulle ʼn eed afgelê het om die reg en die grondwet altyd te laat seëvier.”

Die EFF sal die DA bystaan in die hofgeding wat na verwagting op 9 Februarie aangehoor sal word. Die EFF het aangekondig dat hy Donderdag ʼn mediakonferensie sal hou, vermoedelik om bekend te maak dat die party met die hofaansoek sal voortgaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

DPJ ·

Nommer 1 sal net bedrag terugbetaal wat hy wil en geen haan sal daarna kraai nie.

Ursa ·

Munisipale verkiesing is volgende maand hy soek witvoetjie. Gaan niks sien van n terugbetaling nie HOOR wat ek se

johny ·

Koop vir my n voertuig Hulle sit vir my n sondak op en hulle sit vir my mags op en installer vir my n klankstelsel sonder my toestemming en ek se niks en neem voertuig in ontvangs.En hulle konfronteer my oor die installasies en ek se het dit nie raak gesien nie Dit is nie my fout nie

se maar net ·

Net na die die Ghuptas die myn kontrak gekry het. Ewe skielik wil hy geld gee.
1 plus 1.Gggggg. A joke

se maar net ·

Net na die die Ghuptas die myn kontrak gekry het. Ewe skielik wil hy geld gee.
1 plus 1.Gggggg. A joke

Yvonne ·

Eish!, maar dis lekker. Hopelik gaan numma one se kierantjies nou begin braai. Hehehehe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.