Hofinterdik gevra om Malema te stuit

Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die sakeregtewaghond AfriSake in samewerking met die burgerregte-organisasie AfriForum sal vandag ’n dringende aansoek om ’n interdik in die Pretoriase hooggeregshof bring om Julius Malema en die EFF te verbied om mense aan te hits om grond te beset.

Dit volg nadat Malema vroeër vandeesweek vlugtig in die Bloemfontein-landdroshof verskyn het in verband met uitsprake wat hy op 16 Desember 2014 tydens ʼn EFF-verkiesingskonferensie in Bloemfontein gemaak het toe hy sy ondersteuners aangemoedig om onbeboude grond te beset. Malema het ook op 7 November in die Newcastle-landdroshof verskyn nadat hy in Junie vanjaar dieselfde uitsprake naby Madadeni, Newcastle, herhaal het.

Afrisake en AfriForum het Woensdag in ʼn verklaring gesê die twee organisasies het regstappe geneem aangesien Malema, ondanks sy onlangse hofverskynings en die talle strafregtelike klagtes wat al teen hom ingedien is, voortgaan om mense aan te hits om grond te beset.

“Die aansoek, indien toegestaan deur die hof, sal beteken dat Malema vir minagting van die hof aangekla en vervolg kan word indien hy weer oortree. AfriSake en AfriForum sal ook aansoek doen om ’n kostebevel teen Malema en die EFF te bekom,” het Tarien Cooks, provinsiale koördineerder vir AfriForum in Gauteng-Noord gesê.

Malema het verlede week wyd kritiek ontlok nadat hy ná afloop van sy verskyning in die Newcastle-landdroshof gesê het wit mense is nie geregtig om enige grond in Suid-Afrika te besit nie en dat die EFF grond sal vat “op enige manier wat nodig is”. Hy het ook gesê: “Ons vra nie vir ʼn slagting van wit mense nie, ten minste nie nou al nie.”

Lees alle vorige berigte oor Julius Malema op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Jean ·

WAAR is die ANC en waar is die DA en waar is die MRK?? Hoekom so stil ?

Hendrik ·

Waar is die ANC, DA en MRK? Hulle is in dieselfde bed natuurlik!

Azuni ·

Dis hoekom ek nie vir die DA gestem het nie. Hulle mag dalk seker die beste weg wees om Suid Afrika beter te maak, maar hulle sal nie my regte beskerm as dit hulle beeld by die nie blanke mense kan beseer daarmee nie.

wdp ·

Want wit mans tel nie, almal wag net dat ‘n afrikaanse witman iets verkeerd doen, dis tyd dat ons opstaan en saamstaan, Afriforum ek ondersteun julle 110%

pieter ·

Die ANCircus stem in wese saam met Julius, daarom sal hulle hom nie teenspreek nie. Die mense regte kommissie is net daar om uitspraak te lewer as dit teen blankes kan wees, en die DA is in die bed met die EFF en sal niks se nie angesien hulle dan die metro’s kwyt sal wees waar die EFF hulle in bewind hou.

Praat van die adder teen die boesem.

Uiltjie ·

Die jong was Dan gister en eergister net n windjie, maar vandag is hy n orkaan!

NANNIE ·

Nerens nie Jean. Hulle geen nie n sent om vir n wit persoon nie. Wat die ergste is dat Penny n boete gekry het en die ander wat ons so beledig soos die onderwyser, lector ens kry net n waarskuwing.

mari ·

Julle mors julle tyd . Hy se mos hy sal maak en se wat hy wil. Ons moet hom net mooi laat verstaan, dis nie net vir kom vat nie!!

Jan ·

Dankie Afriforum, ons neem kennis en waardeer. Hierdie man moet met elke triek in die boek gegooi word.

Jean, ek stem! Dit help nie mens soek hulle onder rotse of in die bos nie, hulle is nerens.

PJ ·

Wel omrede hulle almal kop en een mis is….almal val onder selfde kombers as ons iets wil verrig in die land vir ons volk sal ons op ons eie moet begin staan want niemand staan vir ons nie….DA en EFF is ANC….

Johann ·

Begin n petisie. Stel dit duidelik aan veral die MRK dat “ons” geen vertroue in die funksionaliteit en veronderstelde doel van die MRK het nie. Maak feitelike voorbeelde deel van die petisie! Laat ons aanlyn teken…by verskillende sosiale punte soos skole…werk…BREEK die stilswye! Staan op vir ons regte en voorregte! GATVOL vir verskoning moet maak vir.my bestaan en ok wees met rang van 2e handse burger van MY land.

JC ·

Dankie Johann, jou idee is bevonk!!
STAAN OP AFRIKANERS!!
Ons het te hard gewerk om ons VADERLAND net weg te gee en sommer net om te val!!!

Karma1 ·

@Johann, beter nog – lê ‘n klag van vooroordeligheid teenoor die MRK by die OB, kla die MRK aan dat hulle rassisties is en blankes benadeel.

Johann ·

Maroela: wat van n aanlyn meningspeiling onder “ons” rakende die vertroue al dan nie in die MRK…?

Jan ·

Afrikaners, gee eers VF+ ‘n noemenswaardige mandaat tydens die volgende stemmery. Dan sal ons ten minste gegroepeer wees. Daarna is dit ‘n perd van ‘n ander kleur.

wdp ·

Die probleem is dat mense nie die demokrasie verstaan nie, hulle stem eerder vir die groter party en verstaan nie dat as hulle vir kleiner partye stem die party dan meer sê sal hê nie. Dis soos party rugby ondersteuners wat elke jaar vir ‘n ander span ondersteun, die span wat lyk of hy gaan wen.
dan is daar ook die Afrikaners wat nie deur AA, misdaad of armoede geafekteer word nie en dan is dit te veel moeit om te stem – dis gewoonlik die ouens wat eerste kla oor die land

miv ·

Ag Jan, wie het die VF+ gedurende die verkiesing nader gehark om ook ‘verteenwoordigend’ van die samelewing te wees? Politici is almal kop on een MUS.

Hendrik ·

Trek ‘n TRUMP op die DA stem vir die VF+. Tot nou toe het al die witmense agter die DA aangeloop soos skape en die DA vervang die witmense eenvoudig.

jaco ·

Watter swart regter gaan so ‘n interdik toestaan? en geen wit regter sal dit toestaan nie, al besef hy ook Afriforum se redes daarvoor is reg, want hy weet as hy dit toestaan, is hy more werkloos.

CHRISTA ·

Mal-ema is in vir ‘n groot verrassing!! Hy en sy trawante en die res van ons swart bevolking moet maar OOK die pad vat – Suider-Afrika is BOESMAN-WÊRELD!!!

TTh ·

… wat van ‘n uitsettingsbevel vir die ANC, SAKP om SA summier te verlaat…

Liewe heksie ·

Wat help dit ons stem? Een wit mens sien nie die son skyn op n ander witmens nie ons is te geneig om dwars te trek en da gebeur niks ons kani saamstaan as n afrikaner volk nie kom kyk in Springs dan sal jule weet waarvan ek praat

foxi ·

JC….STAAN OP AFRIKANERS? Wha ha ha haaahaaaaa??????
Sjoe……..jy het my dag gemaak hoor………..

JC ·

foxi, wat is Afriforum dan anders as ‘n saamstaan Afrikaner organisasie.
Laaste keer wat ek gekyk het, het Afriforum so te se 200 000 lede gehad.
Dit was ‘n klein saadjie, maar kyk hoe het dit gegroei met ondersteuning van sy Afrikaner lede. Dink net ‘n slag aan al die goeie werk wat Afriforum doen…is DIT dan niks in jou oe ?
Is jy lid? wat doen jy? Op ‘n manier verstaan ek jou verbitterdheid, die klasse verskille tussen ons afrikaners, alhoewel dit nog nooit formeel erken en vorm aan gegee is nie , die gesukkel om ‘n lewe te maak… Dit is nie maklik in ons land, saam met die ander volkere nie, dus het ons geen keuse as om te verenig nie.

jaco ·

Die nee-stemme in die 1992-referendum was omtrent 200 000. twee jaar later het die Vreiheidsfront omtrent 425 000 stemme gekry. in 2014 se verkiesing het die VF-Plus 165 000 stemme gekry. in 2016 staan Afriforum se ledetal op omtrent 200 000.
900 000 stemme in 1992 verminder na 425 000 in 1994. So in net 2 jaar “verdwyn” 475 000 wit kiesers???
425 000 stemme in 1994 verminder na 165 000 in 2014. So NOG 260 000 wit kiesers het “verdwyn”???
Ek gee toe daar dat van hierdie “vermiste” kiesers tans in die buiteland bly.
Ek gee ook toe dat party van hulle tussen 1992 en 2014 oorlede is.
Ek gee ook toe dat van die kinders van die 900 000 nee-stemmers van 1992, dalk bietjie anders as hulle ouers dink en dus eerder DA stem.
Maar dit verklaar steeds nie hoekom skaars 200 000 mense vandag vir die VF-Plus sal stem nie. Iewers is ‘n groep Afrikaners van digby 500 000 wat gesoek en oortuig moet word om weer vir Afrikaner-belange te stem. Tuisbly en nie stem nie is ‘n stem VIR die ANC en om vir die DA te stem gaan NIKS help met sake sake soos die miskenning van Afrikaans en toenemende wit werkloosheid wees regstellende aksie nie.

PJ ·

As ons as n Christelikke volk kan staam Vir Jesus op Mighty Men Conferences hoe te meer kan ons saam staan en die land regruk deur VF+ te stem. Mense loop agter DA aan want hulle is bang vir ANC…Ons gaan net eenvoudig moet saamtrek en die stem busse laat verander soos in die VSA – GO TRUMP!!!!

Hugo ·

MaroelaMedia dalk ‘n mening peiling oor of die Afrikaner moet opstaan teen wat in ons land gebeur en hoe? Oorlog? Vertroue in die Wet? Wag soos ‘n eend om geslag te word? Of eerder belasting terug hou tot die regering besef ons is wel iets werd om voor te baklei? Of moet ons maar gaan wortel skiet elders oorsee?

vytjie ·

ek is oortuig daarvan hier is genoeg kundiges is ons land om hom onder druk te hou. Hugo U het die integriteit om iets in ons land te kan doen. Dit klink vergesog, maar net daar waar U is. Ek dink nie U weet dis in U versteek nie ne?

Hugo ·

Vytjie – kan jy dalk uitbrei? Effe kripties, of jou kommentaar is heeltemal bo my vuurmaak plek?

humor ·

Maroela ja ons wag vir n meningspeiling rakende die geloofwaardigheid van die MRK.

Swemmer ·

Malema het van NIKS af gestyg tot waar hy is binne ‘n paar jaar, maar niemand wil VF+ stem nie, want hulle gaan ‘niks uitrig nie’, so hulle stem eerder DA waarin hulle nie eintlik glo nie, maar is bang die VF+ gaan nerens veld wen nie. Tog vergeet hulle dat ander partye dalk met hulle in ‘n vennootskap sal gaan indien hulle wel genoeg stemme het . maar ja ons Afrikaners is na 1994 skaam om blank en afrikaans genoem te word, nou swem ons liewer saam met die ander stroom.

foxi ·

JC……my kommentaar was nie persoonlik op jou gerig nie. En ja, Afriforum doen baie in my oë en ek respekteer dit. Bitterheid het my hart oortree en ek sal nie daaroor stry nie.
Maar ongelukkig is daar net n handtjievol Suid Afrikaners wat vir reg en geregtigheid veg!
As ek my persoonlike kommentaar plaas soos hoe ek dinge sien en ervaar…….sal dit n hele paar webblaaie bevat…….

Heleen ·

Ons nodig ‘n sterk , standvastige en godsdienstige leier wat ons afrikaner volk weer bymekaar kan bring..mense ondersteun mekaar in alles..as jou broeder , entrepeneur, kollega ens…ek sien so baie hoe wittes mekaar ondertoe sal druk om hulself te bevoordeel pleks van mekaar te ondersteun.

ANNONIEM ·

Ek wil graag my mening lig oor hierdie onderwerp.Ek voel mense moet dalk weer hulle geskiedenis gaan leer oor wie se land dit is,maar tog voel ek dit moet almal se land wees,maar dit moet op die regte manier uitgedeel word mense kan nie net vat en maak soos hulle wil nie!!

Karma1 ·

Dit is wat destyds beplan was met die sogenaamde “tuislande”, Annoniem. Toe was daar Bophutatswana vir die Tswanas, Ciskei en Transkei vir die Xhosas en Zoeloes. So wou die destydse SA regering onafhanklike gebiede – wat later soewereniteit sou kon verwerf – skep. Maar nee, watwo! Die inboorlinge wou tússen die blankes (ons is mos aldus Mallemannetjie ‘besoekers’ in SA) woon, skool toe gaan, werk ens. ens. En noudat hulle dit gekry het, is die land een groot gemors na 22 jaar, want hulle het bewys wat ons landsleiers soos PW Botha en C. R. Swart en B. J. M. Vorster gewéét het: hulle KAN nie regeer nie, want hulle het net nie die VERMOË om te regeer nie.

salomie ·

Blanke afrikaners word asb wakker..gaan lees siener van rensburg se boek….ons moet passop vir die **nag van die lang messe**..ons sluimer en slaap…lees meer in malema se boodskappe….kyk wat het met die voortrekkers gebeur….hulle is uitgemoor…word wakker mense

Leon van Rensburg ·

Nee Varkie,

dit moet so lees: Boesmanhand van my land. Dis, wat hulle wil hê

Johann Barnard ·

Penny as ek jy is vra ek my geld terug.Kla hulle aan by die sogenaamde verbruikersraad.

Johann Barnard ·

Wit mense kan nie eers in n kerk saam sit nie dan beskinder hulle mekaar steeds,red n volk met sulke mense.

Dan ·

Tydmors!!! Malema hom steur aan minagting van die Hof, en eers “wanneer hy weer oortree” DALK aangekla word?? Wie gaan hon aankla, sy vriende?

GES ·

Dit is tragies maar dit is waar. As drie Afrikaners ‘n kerk stig, stig hulle 3 kerke. Elk sy eie en 1 saam.

Raadop ·

Ons as blankes staan een waarheid in die oog en staar. Malema is bo die gereg nes al sy trawante. Niks sal hom stop nie. Ons sit met n BEE “venoot” wat steel en bedrog pleeg op die hoogste vlak. Polisie, Regshulp, Valke nie eens Afriforum kon my Pa help al is hy vir hoe lank lid. Als kos ons wit velle geld. En intussen verarm ons en niemand kan help net omdat swart bo die gereg is. Dit kos ons net geld en ons is besig om alles te verloor! Maar sodra ons wit velle iets verkeerd doen is ons dadelik in die tronk. Ek glo as ons iemand iets net aan ons sake kan doen en die een wat skuldig is voor die regsbank bring sal ek weer glo dat om te stem jou iewers bring. Maar tot dan is ons redelik in ons pektjie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.