Hofinterdik teen VUT-betogers

Skade wat deur betogers op die kampus van die Vaal Universiteit van Tegnologie aangerig is (Mei 2016). Foto: Facebook

Skade wat deur betogers op die kampus van die Vaal Universiteit van Tegnologie aangerig is (Mei 2016). Foto: Facebook

Die Vaal Universiteit van Tegnologie (VUT) het ʼn hofinterdik bekom teen studente wat by sy Vanderbijlpark-kampus betoog, ná geboue gevandaliseer en aan die brand gesteek is.

Irene Moutlana, visekanselier en hoof, het vroeër gesê die betoging word gelei deur die instansie se Verteenwoordigende Studenteraad (VSR).

Lesings is intussen opgeskort ná ʼn konfrontasie tussen die betogers en kampussekuriteit.

Die universiteit het gesê die interdik, wat Donderdag reeds van krag is, verhoed betogers om binne ʼn een kilometer radius van die kampus te kom en verhoed intimidasie van studente en personeel wat nie betoog nie. Die interdik verhoed betogers ook om toegang tot die universiteit se perseel te versper.

Die VSR, gelei deur die studenteliga van die Ekonomiese Vryheidsvegters, het tot volgende week Vrydag om die hof te oortuig waarom die interdik nie permanent in werking moet tree nie.

Betogende studente het geëis dat strafregtelike aanklagte van opsetlike saakbeskadiging en aanranding met die doel om ernstig te beseer wat teen hulle aanhangig gemaak is, teruggetrek moet word. Die betogers eis ook, onder andere, dat die betrokke studente se skorsings opgehef moet word en dat die universiteit ontslae raak van ingekontrakteerde veiligheidspersoneel.

ʼn Studentekoshuis het Woensdagaand tot as verbrand en ʼn ontspanningsgebou op die kampus is gevandaliseer. Die polisie was op die kampus teenwoordig om die interdik toe te pas.

Die polisie het bevestig die geweld op die kampus word ondersoek, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Lees alle vorige berigte oor die VUT op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Oom Kalahari ·

Hierdie Vandale en plunderaars is niks anders as ge-organiseerde Terroriste wat die hele land se opleidings strukture tot vernietiging wil bring sodat kinders en jonges hulself ook tot die strate kan wend en ook deelneem tot misdaad en wettelose anargie. Hierdie dade gaan nie tot ‘n einde kom as die regering net terugsit en lag oor al die misdadige optredes en net hulself sit en verryk nie.

rudi ·

Dis reeds die kampus waar Malema sy ondersteuners begin bymekaar maak het voor die vorige verkiesing met posters wat se dat die bloed gaan vloei en dat die honeymoon vir die wittes verby is. Laat hul dit verwoes. Eintlik moet ons self alles afbrand dat daar niks oor bly nie en dan vir hul vra: Wat nou?

HEVW ·

Dit was nog wereldwyd die wyse van kommunistiese oorname. Die land moet in ghaos verwoes word sodat kommunisme uiteindelik die mees aanvaarbare uitkoms moet wees. de klerk en kie wat het jul aangevang??????????????????/

HEVW ·

Een van die argumente waarmee ons in die de klerk en pik botha era banggepraat is, is dat as ons nie tot oorgawe kom nie sal die land in oorlog gedompel wees, Waarin verkeer ons nou? In n voortslepende oorlog waarin ons magteloos moet toekyk hoe die land verwoes word en ons moet ons daarin berus om met die hoogste moordsyfer uitgewis te word.

Johan ·

Ek stem met HEVW se kommentaar hierbo. Gaan kyk gerus die video ‘Animal Farm’. Daar sal jy sien wat die strategie is van kommunisme omnior te vat. Baie interessant en insiggewend.

My bydrae ·

Maw hulle vra ‘n vrypas om mense te intimideer, aan te rand, te beledig en eiendom te beskadig en te vernietig?……

Tan ·

Ai ek onthou toe ons daar studeer het. was so trots en lekker en mooi !!! hulle verniel alles, breek alles waar gaan dit eindig? dis so hartseer trots op NIKS voel vir NIEMAND !!!! geen respek vir NIKS of NIEMAND nie …

Kewer ·

Hoe kan EFF volgelinge dink díé sal lei tot ekonomiese vryheid ?!
Julius Malema soek Sosialisme / Kommunisme – nie oor hy daarin glo nie, maar vir mag.
Hy het dan so baie geld gewas, dus is hy geldgierig, dus is hy ń Kapitalis.

Nita ·

So lyk dit wanneer die gepeupel die land oorneem. Anargie,chaos, verwoesting, wetteloosheid. Hier sal geen “and they all lived happilly ever after” einde van DIE STORIE, wees nie.

Marous ·

Hoeveel interdikte ? Meer brandmateriaal vir opsetlike saakbeskadiging … kan net sowel teen die wind blaas …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.