Hofoorwinning oor BLF ‘skep presedent’

‘n Gesamentlike gedenkdiens vir slagoffers van die Hoërskool Driehoek-tragedie (Foto: Anja van der Merwe/Maroela Media)

“Die uitsprake van die BLF oor die Hoërskool Driehoek-tragedie was ʼn haatspraaklaagtepunt en as ons dit daar gelaat het, dan sê ons dit is aanvaarbaar. Deur hierdie uitspraak stuur ons juis ʼn boodskap aan ander openbare figure dat daar gevolge is wanneer hulle onskuldige slagoffers viktimiseer.”

Só sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van die vakbond Solidariteit, ná die gelykheidshof se bevinding dat die BLF wél haatspraak gepleeg het toe lede destyds die dood van vier leerders van dié hoërskool in Vanderbijlpark op sosiale media gevier het.

Hermann sê rassehaat mag nooit net daar gelaat word nie, want wanneer dit net gelos word, word dit die norm. Volgens Solidariteit het verskeie ouers en vriende van die slagoffers hulle genader om regstappe teen Maasdorp in te stel nadat sy uitsprake, waarin hy die dood van die kinders verwelkom, wye reaksie ontlok het.

“Ons mag nooit vergeet dat daar daadwerklike, menslike gevolge vir sulke optrede is nie. Ons is genader namens die geliefdes van Roydon Olckers (17), Marli Currie (14) en Marnus Nagel (16) wat tragies hul lewe tydens die voorval verloor het. Vier kinders is dood op 1 Februarie 2019 en 20 ander beseer,” sê Hermann. “Hierdie uitspraak sal nooit hul ouers kan heelmaak nie, maar deur hul bereidwilligheid om te baklei kan ons wel verseker dat sulke walglike opmerkings gestraf word en beskerm ons moontlik ander teen diegene wat genot daarin sou vind om ander se lyding en smart te vier.”

Lindsay Maasdorp, BLF-woordvoerder, het ook al getwiet hy strewe daarna om wit mense dood te maak. Foto: Facebook

Solidariteit meen daar was nooit twyfel oor die verwerplikheid van die aanmerkings van die BLF en sy verteenwoordigers nie, en dit is deur die uitspraak bevestig.

“Volgens die uitspraak was hierdie aanmerkings inderdaad rassisties, kras, onsensitief, barbaars en gemaak met die opset om seer te maak, skade te berokken en rassehaat aan te hits. Die regter het tereg opgemerk dat die aanmerkings rassehaat aanwakker. Trouens, die regter het bevind dat daar geen groter aanhitsing tot rassehaat kan wees as dat iemand hom oor die dood van onskuldige kinders verheug en dit vier nie, bloot vanweë die kleur van hul vel,” sê Hermann.

Solidariteit voer aan die uitspraak baan die weg vir verdere litigasie om ander openbare figure vas te vat oor onvanpaste en onverantwoordelike uitlatings.

“Die BLF se optrede is onverskoonbaar. Hulle het uitsprake ter wille van goedkoop politieke punte gemaak, wat bestaande trauma uitbuit en onherstelbare emosionele skade en smart veroorsaak. Hulle is egter nie die enigstes nie. Hierdie uitspraak is ʼn reuseoorwinning vir geregtigheid, maar daar wag nog vele meer sake vorentoe sodat ons rassehaat – veral teenoor minderheidsgroepe – die nekslag kan dien,” het Hermann afgesluit.

Om die volledige uitspraak te lees, klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Boer ·

Dankie vir julle harde werk Solidariteit en dankie dat julle vir ons Afrkaners veg. Ek hoop die Maasdorp gaan n orjane pakkie kry.

Perdeby ·

Boer jy lees nie hy hulle moet vir elke van die 4 kinders se ouers elk R50 000.00 betaal waar sien jy die oranje overall?

Herman L ·

Dit is beslis ‘n navolgenswaardige presedent! Solidariteit en Afriforum is tops!

domheks ·

Baie goed gedoen Afriforum/Solidariteit. Dankie vir julle volgehoue positiewe uitkyk op die lewe!

Pierre ·

Swak uitspraak as dit anders om was sou die persoon effektiewe tronkstraf in die gesig gestaar het.

Atta ·

En nou sal daar apél aangeteken word in 5…4…3…2…1…
En so word daar weer tot vervelens toe gespeel vir tyd.

Jaco ·

Die BLF en die EFF is veel meer uitgesproke anti-wit, maar die ANC hou ook nie van ons nie. Daars jahrelank al regstellende aksie en BEE, polisie en howe gee nie veel om vir wit slagoffers van misdaad nie en daars dreigemente van radikale ekonomiese transformasie en onteiening sonder vergoeding. So waarom deporteer hulle ons nie net nie? Hulle hou dan nie van ons nie en ons belastinggeld is blykbaar nie broodnodig nie. Deporteer ons oor ‘n tydperk van 2 jaar na Europa, Amerika, Kanada en Australië. Stempel in elke paspoort die volgende: return of this passport holder to SA is forbidden”. Dan moet daardie lande ons mos invat. En ja, eks bereid om vsn vooraf en met niks daar te begin. Daardie lande is ten minste SONDER beurtkrag, swak vuil staatshospitale, swak of geen munisipale dienslewering, plakkerskampe, reusagtige werkloosheid en en en.

Di ·

WAT ‘n wonderlike dag sal dit nie wees as ons uit hierdie HOOL uit kan wegkom nie. Dan kan die oorblywende klomp maar onmekaar begin baklei, soort soek soort!

Lourens CFG ·

Diline, ek sal hier bly, dit is mý land, MAAR, wanneer hulle klaar onder mekaar baklei het, kan/sal ek help om hierdie land weer wonderlik te maak.

Christine ·

Lourens, dis hoe ‘n bek mos praat!
Ek wil nêrens anders woon nie.

Dirk Mostert ·

Dit werk nie so nie. Ander lande is nie verplig om ons in te vat nie.

JohanR ·

Wat se soort mens is jy as jy juig dat kinders gesterf het, net omdat hulle wit was. Daai dag toe daai brug geval het was daar baie hartseer by daai skool……ons is almal maar net mense Lindsay Maasdorp ongeag van die kleur van jou vel kleur.

Di ·

Ongelukkig het almal nie dieselfde sieninge in die lewe nie! Hulle dink dat hulle spesiaal en verontreg is, DAAROM kan hulle maak, kry en doen net wat hulle wil

Swerwer ·

Dankie. Darem 1 lig puntjie. Nou moet al hierdie ander soos Malema met sy vieslike aantuigings ook net vasgevat en voor stok gekry word dat hy aarde toe kan neerdaal.

Dirk Mostert ·

As Maasdorp inheems is, dan is ek ‘n Eskimo! Net die Khoi en San was voor my voorsate in S.A. (Let Wel: Khoisan is soos perddonkie. Dis een OF die ander).

Jack ·

Psigopate oorheers die wereld en sa het n oorvloed van hulle. Die voornemende moordenaar moet in die tronk wees oor st dreigement of is dit ook maar ok.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.