Hofsaak oor afsonderingsregulasies: Uitspraak voorbehou

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Uitspraak word voorbehou in die regering se appèlaansoek teen ʼn vroeëre hofbevinding wat vlak 4 en vlak 3 van die afsonderingsregulasies irrasioneel en ongrondwetlik verklaar het.

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, se aansoek is Woensdagoggend in die Pretoriase hooggeregshof aangehoor waarna regter Norman Davis gesê het uitspraak sal “binnekort”gelewer word.

Adv. Wim Trengove SC, een van die land se beste advokate wat voorheen al pres. Cyril Ramaphosa in die hof verteenwoordig het, het namens die regering opgetree. Hy het vanoggend in die hof aangevoer dat die saak dwingende redes van openbare belang het en in ʼn hoër hof getoets moet word. Volgens Trengove behoort die hooggeregshof se vroeëre uitspraak in die hoogste hof van appèl getoets te word.

EWN berig Davis het die minister en die drukgroep Liberty Fighters Network daarvan verseker dat hy die dringendheid van die saak besef en sy beslissing so spoedig moontlik elektronies aan hulle sal stuur.

Liberty Fighters Network het die hofaansoek teen die regering ingedien om die afsonderingsregulasies ongeldig en ongrondwetlik te laat verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johann ·

Darm lekker om te kan aanjaag soos jy wil,oor en oor en oor, en nie te hoef worry oor wat die gevolge is nie en as jy aangevat word…lekker te kan spend en spend en spend op hofsaak na hofsaak? Bloot GEEN verandwoordbaarheid nie!

tweeling ·

Hoekom is dit altyd uitspraak voorbehou. Is die regters nie voorbereid om ‘n uitspraak te lewer nie of gaan hulle nou eers eker maak watter een is die polities korrekte uitspraak wat hulle moet lewer. Ek is seker daarvan daar is ‘n “time” limiet op die lewering van uitsprake want dit het ‘n geldelike resultaat tot gevolg.

Marius ·

So word die belastinggeld spandeer en die kas heeltemal leeg gemaak omdat onbevoegde mense in poste sit net omdat hulle daar moet sit . Die vrou is die oorsaak van baie werloosheid in die land en dan wil sy nog stry daaroor . Regtig ou kopdoek ???

Persheks Adri ·

Wanneer kan ons sigarette koop en terug keer na normaal? Dom verby! Ag sy maak moeg verby met als! Korrupsie op korrupsie en GEEN gevolge vir haar nie. Lekker nuwe SA hier kan jy ‘n krimineel wees en weg stap! Sy gaan WEER weg kom met als soos elke keer genade tog! Hoe lank nou nog? Mors ons belasting geld

Andre ·

Ingevoerde en onwettige sigarette is seker veiliger as die wat volgens wetgewing in SA geproduseer word.

Fedup ·

The information is not readily available, the information will be submitted as soon as the “detailed” information is available.

Persheks Adri ·

It’s a circus Fedup! Wonder how long this will take?

Vincent ·

Ek wonder maar net, maar hoeveel van die onwettige sigaret verkope se winste kry hierdie regters wat te bang is om uitspraak te lewer oor enigiets wat die kopdoek koei aanvang…

Adam Adriaan ·

Vertragings taktiek. Wonder hoeveel geld onder die tafel van hande verwissel?

Cherokee ·

Miskien, wanneer die land in fase 2 is, sal besluit word fases 3 & 4 was onwettig.

Magda ·

Kopdoek – en jou Judge of wie hy ookal is – alles waar jy betrokke raak is Uitspraak voorbehou – wat het geword van die Sigarette saak – waar die Judge ook gese Uitspraak voorbehou – Dit klink en lyk maar baie skelm, want niks word gedoen in die HOF behalwe geld mors en jou te beskerm nie. Nerens word antwoorde gegee nie en dit nogal in SA se HOWE. mmmmmmmmmmm iewers is n slang in die gras.

Jaco ·

Het ek reg gelees: gebruik sy ‘n WIT advokaat? Nou wat dan nou van Black lives matter, regstellende aksie, BEE en transformasie van die regstelsel? Dis dan alles goed waarop die ANC GEDURIG hamer. Hulle sê dan gedurig dat die wit rol en en beheer oor die ekonomie moet stop. Arm wit mense mag volgens die ANC nie eens kospakkies kry nie.

Pappa Beer ·

Netso Jaco! As dinge “hulle” manier gaan is daar niks te se oor “black lives matter” nie, maar daar word vinnig gegryp na die OU KRUK, “Apartheid, raccisim, colonists” waneer die vet in die vuur land. Kopdoek is so skuldig soos die hel, en haar poppespel hoofspeler ramaposa is te bang om iets te se want, hy is kopdoek in een mus met die hele grap. Daar word altyd gegryp na strooihalms waneer daar nie meer antwoorde is nie. Duidelik minderwaardige kompleks. Shamies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.