Hofsaak oor geheime stemming moet wye steun geniet

jacob-zuma-2

Pres. Jacob Zuma. Foto: GCIS

Die openbare druk teen die vergrype van pres. Jacob Zuma en die ANC-regering is duidelik besig om toe te neem en die VF Plus sal voortgaan om alle konstruktiewe inisiatiewe van politieke partye en burgerlike organisasies te steun wat dit ten doel het om van die president ontslae te raak

Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus, het gesê party sal daarom ook sy volle steun toesê aan die poging van die UDM om deur middel van ʼn hofbevel die speaker van die parlement te dwing om ʼn mosie van wantroue in pres. Zuma deur ʼn geheime stemming te laat hou.

Hy sê daar het in die laaste weke verskeie spontane aksies ontstaan soos die burgerlike optogte van SaveSA, samewerking tussen politieke partye en die toetrede van kerk- en geestelike leiers wat stukrag aan die wekroep verleen dat die ANC van die president ontslae moet raak.

“Thabo Makgoba, die Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad, die Thabo Mbeki-stigting en ander het reeds in gesprek getree oor die noodsaaklikheid daarvan om ʼn nasionale gesprek of Kodesa oor die aangeleentheid te hou,” het Mulder gesê. “Dit sluit aan by die oproep wat die VF Plus onlangs op kerk- en geestelike leiers gedoen het om leiding te neem waar die morele verval in die ANC aangespreek moet word.”

Mulder het bygevoeg dit kan nie betwyfel word nie dat ANC-parlementslede deeglik besef dat hulle politieke selfmoord sal pleeg indien hulle in ʼn oop stemming teen pres. Zuma sou stem. “Indien die president oortuig was van sy parlementslede se getroue lojaliteit en steun, sou hy dit sekerlik nie nodig geag het om die aansoek om ʼn geheime stemming teen te staan nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Scalla ·

Regte diktator, Comrades wat teen hom stem gaan verwyder word soos PG in die middernagtelike ure, indien geheime stemming is sy doppie geklink

snoefie ·

is daar nog nie internet veldtog om udm se stryd te steun nie?

Alida ·

Het daai stortkop n vel soos n renoster? Kry hy nie die flippen boodskap en waai nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.