Hofsaak oor grondonteiening begin vandag

Die Wes-Kaapse hooggeregshof. Argieffoto

Die eerste hofsaak oor die voorgenome wysiging van die Grondwet om onteiening van grond sonder vergoeding te vergemaklik, begin vanoggend wanneer AfriForum die parlement pak voor ’n volbank van die Wes-Kaapse hooggeregshof.

Die saak begin om 10:00 en daar heers landwye belangstelling – ’n groot media-kontingent is reeds by die hooggeregshofgebou neffens die Wes-Kaapse wetgewer saamgetrek.

Adv. Etienne Labuschagne sal vir AfriForum optree en adv. Tembeka Ngcukaitobi vir die parlement.

Die kernkeuse voor die drie regters sal wees tussen AfriForum se argument dat die proses wat deur die parlementêre grondwetlike hersieningskomitee gevolg is, prosedureel terminaal gebrekkig is – insluitend dat die honderde duisende skriftelike voorleggings nie na waarde hanteer is nie.

Daarteenoor sal die parlement aanvoer dat AfriForum se aansoek voortydig is omdat die grondwetlike hersieningsproses nog nie in wese begin het nie, dat AfriForum die demokrasie probeer kniehalter en dat baie van die skriftelike voorleggings presies dieselfde bewoord is, net met verskillende handtekeninge.

Daar is ’n element van dringendheid aan die gebeure omdat die parlementêre program daarvoor voorsiening maak dat die kwessie Dinsdag gedebatteer moet word in die Nasionale Vergadering.

’n Relatief spoedige afloop vir die hofgebeure is dus moontlik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Pieter ·

Baie van die voorlegging is dieselfde omdat daar n templet opgestel was vir mense wat om dieselfde rede voorleggings wou maak. Dit kan nie om daardie rede geignoreer word nie, slegs die ANC sal dit as rede kan aanvoer.

Essie ·

Die begin van die einde vir voedselsekerheid in ons pragtige SA

sieg ·

Vandag sal moet aan geteken word in die geskiedenis boeke van Suid Afrika se laaste kreet om nie die kommunis sy sin te gee om die konstitusieso te verander sodat it hulle pas nie. Indien wel voer jy binne 6 maande van vandag af al jou voedsel teen dolor pryse in en 80% werkloosheid. Hoop julle weet wat julle doen.

Johannes ·

Sieg, kom ons en glo hoop eerder vandag sal aangeteken word in die geskiedenisboeke as een van die belangrike datums tot die aanloop van die Boere-Afrikaner volk se bevryding onder kommunistiese beheer, die herstigting van die Boere Republieke en uiteindelike self regering.

Einde ·

Die begin van die einde van die ANC en EFF en rasistiese regering van SA.

honourable member ·

Die begin van groter chaos in hierdie land want elke stukkie grond gaan nou aan mense gegee word wat niks daarmee kan doen nie want hulle het nie die geld om grootskaalse boerdery te bevorder nie,. Die begin van die einde

Daan ·

Die ANC weet wat die waarheid is. Maar dit maak nie vir hul saak. Net soos Zuma die land bankrot het met staatskaping en nie omgegee het nie. Net so sal die ANC eerder stemme werf as om die regte ding te doen. Onthou dit is makliker om die arm massas te regeer as ‘n slim middelklas

alida ·

Los die bespiegelinge en uitspraak vir die Regters wat weet wat hulle doen.

Awie Opperman ·

Dieselfde regters wat aangestel word deur die korrupte/onbeholpe president van die regerende party waarvan sommiges se uitsprake getuig van skreiende dubbel standaarde. Dalk moes jou laaste sin lees: … hopenlik weet weet wat hulle doen.

Lana ·

Ons kan net bid dat die mense wat in daardie “volbank” sit VERSTAND het. Dis SA se laaste hoop.

Dries du Toit ·

Die mens wik maar God beskik. Hierdie dinge hou ons op ons kniee. Ek hoop dat die blanke nou al besef dat die enigste oplossing vir ons is n eie grondgebied met n eie regering en regstelsel. Federale of konfederale bestel. Daar moet grense getrek word. Ek en my swart buurman leef wonderlik saam want daar is n grensdraad maar o wee as daardie grensdraad verontagsaam word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.