Hofsaak oor sigaretverkope nou Woensdag aangehoor

sigarette

(Foto: pixabay)

Die Fair Trade Independent Tobacco Association (Fita SA) se hofsaak oor die opheffing van die verbod op die verkoop van tabakprodukte gaan Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor word.

Fita SA het Maandag gesê die hof gaan Dinsdag die argumente van die betrokke partye oorweeg. Die saak word dan Woensdag aangehoor.

Die saak sou aanvanklik Dinsdag en Woensdag aangehoor word, maar is nou met ʼn dag uitgestel.

Volgens Fita SA is hy, ten spyte van die duisende dokumente wat die staat ingedien het, gereed om met die saak voort te gaan.

Fita SA het met die instel van vlak 4 van die afsondering in hofstukke aangevoer die verbod op die verkoop van tabakprodukte was nooit regmatig om mee te begin nie en het vir ʼn dringende bevel gevra dat die besluit daaroor omgekeer word.

Die organisasie het ook redes by die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, vir die besluit geëis.

Maroela Media het vroeër berig Dlamini-Zuma het dié redes twee weke gelede in hofstukke van sowat 4 000 bladsye uitgestippel. Die DA-leier John Steenhuisen het gesê die meeste van die voorleggings in die hofstukke het niks met sigarette of tabak uit te waai nie en die teenkanting teen sigaretverkope blyk ʼn fraksie te wees van dít wat die minister aangevoer het.

Steenhuisen het aangevoer dat Dlamini-Zuma vir Suid-Afrikaners gelieg het oor die regverdiging van die voortgesette verbod.

Intussen het British American Tobacco (Batsa), Japan Tobacco International SA (JTI) en agt ander groepe met ʼn belang in die bedryf verlede Maandag ook hofstukke op die regering beteken waarin die Kaapstadse hooggeregshof gevra word om die voortgesette verbod op die verkoop van tabakprodukte tersyde te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Fedup ·

If headscarf wins this case and that ban is not lifted, the tantrum they will see and endure will not be pretty and it will be unbelievable.

JohanR ·

Verstaan ou Doek Kop het oor die 4000 bladsye vir die hof gegee……

Raakvatter ·

Korrek ja. Dit is net om tyd te wen. Want met so baie bladsye sou ‘n regspan gewoonlik uitstel vra. Maar ek dink hulle is slag gereed en daarom deur als gewerk om Woensdag reg te wees.

Johan D ·

Ek verstaan self nie die 4,000 bladsye nie, ek dink enige regsverteenwoordiger behoort met 50 bladsye genoeg bewyse teen rook kan voorlê!

JohanR ·

Jammer mense was soe bietjie afgelei, en nie mooi die 4000 sin gesien nie….. het myself 4 mal geklap!!

Onnie ·

As die tabakindustrie hierdie rondte weer verloor, dan kan jy maar seker wees daar skuil meer hier agter as net DZ se magspeletjie. As sy haar sin kry sal sigarette vir ewig en altyd onwettig verklaar word. Ons moet hoop haar skip sink gou, anders gaan ons nog hewig probleme hê vorentoe.

Raakvatter ·

Ek stem saam Onnie. Maar ek dink die strop word al hoe stuiwer getrek, en die opheffing is baie baie naby. Teen daai tyd is al die mense wat bakhand iets gekry het reeds genoeg bevoordeel om vir ‘n ruk nie weer onwettig siggas te hoef te verkoop nie.

daniel ·

Hoop sy verban drank ook. Rook en drank is albei ongewenste verslawings wat geen nut het nie behalwe om mense kronies siek te maak.

Onnie ·

Staatsamptenare MOET op die laatste op 65 aftree. DZ en Cyril, en nog ander is al almal oor die 70 jaar oud. Nou hoe verstaan jy dit? Ek mag nie ‘n dag na my 65ste verjaarsdag skoolgee nie, al is dit in die middel van week in die middel van die eksamen. Maar hierdie siniele amptenare slaan nogsteeds die kitaar en speel God oor ons lewens? Hoe is dit moontlik?

Althes ·

Mag die tabakmaatskappy wen. Die jarelange rokers kry baie swaar. Dis nie sommer net van ophou rook nie.

Jaco ·

gestel FITA SA wen die hofsaak en sigarette mag dan weer oral wettig verkoop word, gaan die huidige uiters duur sigarette wat huiswinkels en straatverkopers verkoop, se pryse dan onmiddelik daal?

PieterP ·

Hulle gaan gevang word met voorraad wat hulle teen ‘n baie hoër prys (hopenlik) aangekoop het en nie meer teen ‘n wins kan verkoop nie. Hoop vir hulle ontwil hulle rook want hulle gaan sit met die klomp sigarette of teen ‘n verlies teen normale prys moet verkoop. Aangesien hulle mense so uit gebuit het hoop ek die wiel draai en die verlies is groot

Jack ·

Gooi hulle toe onder vervalste papier dis wat hier aan die gang is

daniel ·

Hoe bestuur jy n land as jy nie afval of riool kan bestuur nie?.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.