Hofsaak teen nuwe Tukkies-taalbeleid aangehoor

Foto: UP/Facebook

Foto: UP/Facebook

Die hooggeregshof in Pretoria het vandag uitspraak voorbehou in die saak van AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit teen die Universiteit van Pretoria (UP) se besluit om Afrikaans as onderrigmedium vanaf 2017 uit te faseer.

Maroela Media het vroeër berig die beleid, wat op 22 Junie 2016 aanvaar is, bepaal Engels sal van 2017 die primêre taal van onderrig by die instelling wees. AfriForum het gesê die nuwe beleid is ʼn growwe skending van Afrikaanssprekende UP-studente se taalregte en het hulle daarom tot die hof gewend om die besluit ter syde te laat stel.

Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê die saak is aanvanklik vir twee dae op die hofrol geplaas, maar is reeds Donderdag afgehandel. “Die saak gaan nie net oor die beregtiging van Afrikaanse studente nie, maar die beskerming van die beginsels van moedertaalonderrig en meertaligheid, teenoor eentalige Engelse onderrig wat toenemend deur instellings afgedwing word ten koste van sowat 90% van die inwoners van die land wat ander moedertale het,” het Bailey gesê.

Vir die UP se nuwe taalbeleid om amptelike status te geniet, sal ʼn wysiging van UP se institusionele statuut nodig wees, wat deur die minister van hoër onderwys en opleiding, dr. Blade Nzimande, bekragtig moet word. AfriForum het die minister vroeër versoek om die publikasie van die gewysigde statuut terug te hou, hangende die uitkoms van die regsgeding.

Die departement van hoër onderwys en opleiding het in Augustus ʼn skriftelike onderneming gegee dat dit geen wysiging van UP se statute sal oorweeg voordat duidelikheid oor die grondwetlikheid en wettigheid van die nuut-aanvaarde taalbeleid van die universiteit gekry is nie.

Nzimande het hom daartoe verbind om geen besluit oor die statuutwysiging te neem totdat die hooggeregshof uitspraak in die saak tussen AfriForum, Solidariteit en UP gelewer het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Oud tukkie ·

Kom ons almal skuif alle ondersteuning oor na Akademia. Los tuks met niks.

JC ·

Uitstekende idee jong, indien daar nie meer plek vir ons sal wees nie, skep ons bloot ons eie ruimte, SOOS ONS REEDS DOEN. So eenvoudig soos dit. “REENBOOG” regering-hoe is dit vir polarisasie, HOE IS DIT VIR APARTHEID, HOE IS DIT VIR SEGREGASIE??Hulle doel is nie vreedsame naasbestaan met wedersydse respek nie, maar om polarisasie en onenigheid te saai en om ons Afrikaners te probeer skade aandoen deur ‘n hopeloos onsuksesvolle en onvoldoende poging om ons taal te probeer uitrangeer, terwyl dit net die teenoorgestelde effek het=gaan kyk maar na die rekord verkope van Afrikaanse boeke!!EK IS OOK’N OUD-TUKKIE. Kom ons wag en sien…

snoefie ·

dekade en n half terug was “moedertaal” onderrig aan die orde van die dag. raai wat? ek kan nie onthou van een vak wat heeltemal in Afr was nie. dit het net Eng as spreektaal opgeskerp.

Anel ·

Ondersteun Akademia, Aros en Pukke. Tukkies is in elke geval klaar nie ‘n plek waar mens jou kinders heen wil stuur nie.

Jan ·

Ek stem, ondersteun Akademia NOU, waarom die onafwendbare uitstel? Waaraan klou ons nog vas? Hoop ons dat Blade, die Rektore en die Howe tot hul sinne sal kom? Dit het dan nie tot dusver gebeur nie. Wat gaan vorentoe verander?

JC ·

Hei Jan, ek maak elke maand ‘n bydrae tot Akademia en wag altyd gulsig vir enige nuus omtrent die uitbreiding daarvan. Asseblief julle almal, dra ook by!!
SAAM kan ons Akademia die Harvard van Suid-Afrika maak. ONBESKAAMD EN TROTS AFRIKAANS, VIR ONS AFRIKANERS EN AFRIKAANSES!!

Bazza ·

Reeds 16 jaar gelede het ons as ‘n groep ingenieurs studente die keuse gehad om ons studies in Engels bu Tuks te voltooi. Dit was die beste besluit ooit en daarna het ek ook ‘n finansiele kwalifikasie in Enhels votlooi. Ons handboeke is in Engels en die werksplek is Engels!

Ek is baie lief vir Afrikaans en trots Afrikaans, maar tans beleef Afrikaners ‘n identiteitskrisis omdat ons in ‘n seker mate skaam is oor ons verlede en daarom ongegrond voel. Die realiteit is dat die werksplek net so divers is soos ons land en as ons nie onsself en ons kinders daarvoor voorberei nie sal ons in ons trots ondergaan.

Dit is tyd vir ‘n tweede Groot Trek, hierdie keer weg van ‘n skaam volk na ‘n volk wat nederig kan leiding gee en in die nuwe globale wereld uitblinkers kan wees.

Ek is moeg vir Afrikaners wat bitter is en kla. Ek sal ter wille van my kind se toekoms net hier bly, hom met al ons diverse vriende laat speel, Engels as onderrigtaal aanmoedig en my eie identiteit so opbou.

Ek kan nie met die huidige depressiewe stand van Afrikaners identifiseer nie. Ons moet onsself regruk en aanbeweeg, hierdie dinge gaan gebeur en die vraag is net hoe gaan ons dit hanteer, as die einde van ‘n era of ‘n nuwe geleendheid

Danie ·

Bazza jy is ongelooflik naïef. Ek neem aan die die vereiste verander dat alle ingenieurs ook homoseksueel moet wees jy oorgretig daaraan ook sal voldoen. Daardie selfde redenasie het veroorsaak dat twee Keltiese tale (Iers & Skots) vir alle praktiese doeleindes uitgesterf het. Dit is nou net die bejaardes onder hulle wat dit nog regtig kan praat en verstaan. Wanneer hulle sterf, sterf hulle taal. Ongelukkig kan mens nie insig by die universiteit leer nie.

Asjas ·

Terwyl ek nie omgee Engelse handeboeke of selfs onderrig in Engels nie, veral in Meganiese rigtings gaan dit eintlik oor die feit dat waar oorweegend Afrikaans gepraat word is daar automaties wet en orde en net algehele trots, netheid en akoon terreine en ons kinders is veilig van verkragting ens. Daarom Akademia en leer maar die Engelse terme aan in jou privaat tyd of in die werk sektor.

JC ·

Dankie Bazza, maar Afrikaners is nie depressief nie. Waarom moet ek ‘n “skuldgevoel” he?
Ek ondervind net die teendeel. Ons veg terug vir ons taal en ons kultuur, en dit is besig om ons saam te snoer deur die aksies van ons geliefde burgerregte organisasie Afriforum, die wyer Solidariteit beweging en inisiatiewe soos AROS, AKADEMIA en ook die ophou EN INSTANDHOUDING van PUKKE WAT ONBESKAAMD SONDER IDEOLOGIESE BAGASIE AFRIKAANS EN EKSEPSIONEEL IS!!! Ek wil net vir jou se daar is ‘n groot verskil tussen ideologies gedrewe gedwonge diskriminasie (“transformasie”) , en iets wat NATUURLIK gebeur, soos in jou geval. In elk geval deel die oorgrote meerderheid Afrikaners nie jou mening betreffende diversiteit maar eerder die reg om vrylik te assosieer met ons kultuurgenote (afrikaanses, blankes en bruines) op alle terreine in die lewe, want wat besig is om te gebeur is juis die ondergrawing van diversiteit. Ek is bly vir jou as dit vir jou uitwerk maar almal verskil egter en soos gese die meeste Afrikaners deel nie jou mening nie. Afriforum sal beslis hierdie saak wen EN DAAR SAL ‘N PLEK WEES vir Afrikaanses by TUKS. #KOESTER JOU TAAL#KOESTER JOU KULTUUR#KOESTER AFRIKANERS#KOESTER AFRIKAANS WEES!!!

Reinhardt ·

Bazza, ek verstaan jou opinie en ek respekteer dit. Ek verskil wel van dit.
Ek het 5 jaar gelede my ingenieursgraad in Afrikaans voltooi aan Stellenbosch.
Soos jy sê, meeste handboeke is elkgeval Engels, maar dit gaan oor jy wat jou onderrig ontvang en konsepte begryp in jou moedertaal.

Die enigste Afrikaners wat Engels as onderrigtaal verkies is ook die wat skaam is oor ons verlede. Dus distansieer hulle hulself van die taal, onwetenlik of wetenlik. Ek is en sal nooit skaam wees oor my kultuur se verlede nie.

Die werksplek is slegs Engels omdat Afrikaners geleer is om almal tegemoed te kom. Het jy nog nooit gesien hoe n vergadering van 10 mense, een Engels en nege Afrikaans, skielik Engels word nie? En dit terwyl daardie Engelssprekende 12 jaar van Afrikaans op skool gehad het. Ons moet alewig ‘n kompromis maak, maar dieselfde word ons nie gegun nie.

Ek sal my kind in Afrikaans grootmaak en in Afrikaans sy onderrig laat kry. Hoekom? Want ekt dit gedoen en ek is nie benadeel nie.

Ek sal graag wil hê dat jy jou standpunt oor onderrigtaal moet heroorweeg.
Ek ken klomp Afrikaners wat skoolgegaan het in Engels en hulle praat skaars n woord Afrikaans vandag. As jy in ‘n Engelse skool is is die kanse goed dat al jou vriende Engels is. Op die ou einde praat jy net met jou ouers Afrikaans.

Danie ·

Ek neem aan dat wanneer die vereistes verander sodat ingenieurs voortaan net in selfde geslag verhouding mag betrokke wees, die persoon gretig en gewillig daaraan sal voldoen en dan aan beweeg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.