Hofsaak teen oudleerling van Sans Souci uitgestel

‘n Skermskoot uit die video. (Video: Twitter)

Die saak teen ʼn 16-jarige oudleerling van die Sans Souci Girls’ High School in Kaapstad wat daarvan beskuldig word dat sy ʼn onderwyseres aangerand het, is Maandag in die Wynberg-landdroshof in Kaapstad uitgestel.

Die meisie was in Februarie betrokke in ʼn onderonsie met Clarissa Venter (34), ʼn Afrikaans-onderwyseres by die skool. ʼn Video van die voorval tussen die leerder en Venter is wyd op sosiale media versprei. In die video kan gesien word hoe die twee in ʼn woordewisseling betrokke is, klaarblyklik oor ʼn selfoon en die taal wat die leerder in die klas gebruik het. In ʼn stadium stamp die leerder vir Venter met haar tafel en probeer skynbaar haar selfoon teruggryp, waarna Venter haar ʼn oorveeg gee.

Die ma van die meisie het intussen ʼn skadevergoedingseis van R150 000 teen Venter ingestel. Die eis is by die gelykheidshof ingedien. Venter staan dit teen.

Venter se regsverteenwoordiger, William Booth, het vroeër gesê die eis is niks anders nie as ʼn poging om finansieel voordeel te trek uit ʼn voorval wat in werklikheid aangewakker is deur die leerder se “gebrek aan dissipline, oproerige en uiters uitdagende gedrag”.

Venter het op haar beurt ʼn aanrandingsklag teen die leerder aanhangig gemaak. Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in die Wes-Kaap, het bevestig die saak is tot 2 Mei uitgestel.

Maroela Media het vroeër berig die onderwyseres is oorweldig deur die ondersteuning wat sy van haar leerders, kollegas en lede van die publiek gekry het. Sy is weer terug op haar pos by die skool nadat sy na afloop van ʼn dissiplinêre proses ʼn boete en ʼn finale waarskuwing sowel as behandeling vir woedebeheer sal ontvang.

Die betrokke leerling se ma het haar intussen na ʼn ander skool geskuif.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Liefie ·

Sterkte aan die ander skool, die klein brat gaan net daar nonsens aanvang.
Aan die ma wat dink botter smelt in haar bloedjie se mond, stuur asseblief vir die koerant n update as jou bloedjie 21 is en vertel die wereld asb waar sy is en en wat alles is sy verslaaf en hoe ruggraat loos sy gaan opeindig en neem sommer dan verantwoordelikheid vir jou swak ouerskap en gedrag.

Skool bywoon is n voorreg en nie n reg nie.

Nettie ·

@Liefie ………… moenie vergeet van die drie of vier kleintjies wat teen die tyd dat dié ‘leerderl 21 is, al gebore is of waarvan een nog oppad is nie, waarvoor al drie of vier SASSA-“pay” kry nie.

“There is none as blind as he who would not see”. As jy jou blind hou vir jou kind se sondes, moet jy maar vat wat later na jou toe kom.

Santjie ·

Dis hoekom daai leerder so is… jaag hier aan en Ma skuif haar net na ‘n ander skool want die engeltjie het eintlik niks gedoen nie. Waarnatoe gaan Ma haar skuif as sy daar ook met haar ongemanierdheid voortgaan? en erger nog…. wat gaan van haar word wanneer sy begin werk of DALK universiteit toe gaan?

Naas Vermaak ·

Jaaaaa…as ouers videos moet sien van hulle bloedjies se gedrag op ander plekke sal die koppe maar hang in skaamte ….as daar nog iets soos selfrespek is

Wondermaarnet ·

LOL geen skool hoef ‘n kind maniere of dissipline te leer nie. Dit moet deur die ouer/s gedoen word.

Melanie ·

Naas Vermaak jy is sooo reg. Ek het in ‘n bank gewerk en baie kinders (van 20 tot 50 jaar oud), het hulself baie sleg gedra. Ek het altyd gewens hul ouers het agter hulle kom staan en luister. Ek moet se, die meeste van daardie ‘kinders’ was blankes. Ons mense…..

Slinga ·

Die rede waarom vandag se jeug só handuitruk word mooi hier getoonbeeld: As die kind iets teëkom wat haar óf gaan dissiplineer óf die pad moeiliker maak, skuif mammie of pappie gou die struikelblok uit die pad en siedaar, die kind kan weer asemhaal!

VanAfrika ·

Naas jy was seker ook stout op jou tyd.

Die feit bly staan, hierdie kind het die juffrou met n tafel aangerand omdat sy nie net een keer maar menigmaal gedissiplineer was vir die gebruik van n selfoon in die klas. Sy my met daardie tafel slaan, sal sy ook n taai klap kry.
My kinders moes hul selfone ingee by die skool en dit was in n boks gesit tot skool klaar was. Hulle en ek het nie daarvan gehou nie, maar dit moes gedoen wees vir n rede en ons het nou iets erger om in die gesig te staar. Selfoon oorproppe, hulle daardie goed in hulle ore het hoor en sien hulle niemand nie. Hoeveel het al voor my kar ingeloop omdat hulle my nie hoor aankom.
Ek praat met my seun uit die kombuis en word met doodse stilte begroet. Hy sien my eers raak as ek reg langs sy bed gaan staan.

Nettie ·

@VanAfrika ……………. het daai TERT mý met die skoolbank gestamp, het ek haar in soveel mate terúg gestamp, dat sy eers die volgende dag haar bewussyn sou herwin het.

Dries du Toit ·

Die ideaal in die wereld sou wees dat daar n lisensie uitgereik word indien jy kinders wil he. Jy moet ge evalueer word om te kyk of jy bevoeg is om kinders groot te maak. Die wereld is vrot van ouers wat direk die oorsaak is van kinders wat uiteindelik kriminele word of groot persoonlike probleme het

Antie ·

Juffrou, sit ‘n teen-eis van R200 000 in teen die leerling en ouer vir aanranding

Annelize ·

Ha ha ha!!! Ek wonder hoe lank gaan die bloedjie in die ander skool wees voor sy haar “maniertjies” daar ook gaan begin uithaal? Hopenlik is daar ook ‘n onderwyser wat nie bang is om plathand in te le nie, en rol haar koppie daar ook.

Dis reg Clarissa, staan die eis tee, en werk haar sake vir haar met die aanrandingsaak. DIs tyd dat daar standpunt ingeneem word teen die hooligans in die skole.

Heksie ·

Ai, in my tyd as kind sou ek nie soiets gewaag het nie, want my pa sou my velle van my gat afgetrek het!
My pa het gesê die 11de gebod is: ouers wees jul kinders gehoorsaam … en hierdie is nou spreekwoordelik die geval. Die “bloedjie” regeer seker vir mamma by die huis, dis
hoekom sy sulke swak maniere openbaar by die skool.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.