Hofsaak teen Zoeloe-koning kan nog langer sloer

Deur Tony Carnie, GroundUp

Goodwill Zwelithini. (Foto: GovernmentZA)

ʼn Hofgeding teen die Zoeloe-koning Goodwill Zwelithini is die week ter elfder ure uitgestel ná regter Peter Olsen die regspartye in kennis gestel het dat die KwaZulu-Natalse regterpres. Achmat Jappie dié saak voor ʼn vol regsbank wil laat dien.

Die saak handel oor miljoene rande se huur wat in die Ingonyama Trust betaal is. Zwelithini is die enigste trustee van dié trust. Lede van die landelike gemeenskap in dié provinsie beweer dat hulle gedwing is om huur in die trust in te betaal, sonder dat hulle daarvan verwittig is.

Twee dae sou vir die saak opsy gesit word, maar wat die saak ingewikkeld maak, is dat meer as een regter se rooster nou betrokke is en dat ʼn tyd waarin al die regters beskikbaar is, gevind moet word.

Die saak sou eerskomende Vrydag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg aangevoer word. Prokureurs wat vir die inwoners optree, het gehoop om dán vrae te vra oor hoe miljoene rande se huurinkomste deur die Ingonyama Trustraad bestee is.

Die saak kan egter nou eers volgende jaar aangehoor word, weens die versoek dat ʼn volbank regters dit aanhoor.

Olsen het aangedui dat ʼn versoek dat die saak televisiedekking geniet, ook eers deur die regsbank oorweeg moet word.

Lawson Naidoo, uitvoerende sekretaris van die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet (CASAC), wat een van die belangrikste partye in die saak is, het Dinsdagaand gesê hy is geskok om te hoor van die vertraging.

“Waarom wag ons vir die elfde uur om dit aan te kondig, as die saak reeds maande gelede aanhangig gemaak is? Ons verstaan ​​dit nie, en sou ten minste verwag het dat ons die geleentheid gegun word om vertoë te rig alvorens die besluit [om uit te stel] geneem is,” het Naidoo gesê.

Luidens hofstukke het die Ingonyama Trust gedurende 2017 meer as R106 miljoen van huurkontrakte en kommersiële huurkontrakte ontvang op landelike grond wat deur die trust beheer word.

Die trust bestaan sedert 1994 en behartig sowat ʼn derde van KwaZulu-Natal se grond onder die koning.

Die hofsaak word egter uit sekere kringe as ʼn polities gelaaide aanval gesien. Die voorsitter van die Ingonyama Trust-raad, Jerome Ngwenya, het die hofsaak beskryf as ʼn “direkte aanval teen Sy Majesteit Amakhosi en die Zoeloe-nasie”.

“Ons loop die gevaar om die Zoeloe-nasie [van] die laaste kledingstuk wat hulle dra, te ontneem,” het Ngwenya in ʼn eedsverklaring verklaar, en bygevoeg dat die hofsaak “oneerbiedig en uitlokkend” is.

Die aansoekers, CASAC, die Landelike Vrouebeweging en sewe landelike inwoners van die provinsie,  beweer egter die Ingonyama Trust en die Ingonyama Trustraad het sedert 2007 die veiligheid van verblyfreg en inwoners van die trust ondermyn. “Hulle het grond in KwaZulu-Natal gehou en geld daaruit afgepers deur inwoners onwettig te dwing om huurooreenkomste te sluit en huur aan die trust te betaal om op die grond te bly woon.”

  • GroundUp het die berig oorspronklik gepubliseer. Lees die oorspronklike berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Pieta ·

Wil die trotse zoeloes nou ook by die land se feeeloasers aansluit op die Soustrein? As jy land huur, pappa, dan betaal jy. As jy land koop, dan betaal jy. Soos die zoeloes sê Khoka.

John ·

Klink na ‘n Z-handjie in die jampot. Wanneer het die Zoeloe-koning ‘n eie land bekom? Ons wag op die papiere. Betaal die koning belasting en huur aan die ontvanger of betaal ons hom om te regeer? Sy twak-rietdansrituele ootree die wet ooreenkomstig vroueregte en hy het reeds talle vroue waarvoor ond belastingbetalers ook moet opdok.

André-Chris ·

Die feodalisme of leenwese, waaraan dit my laat dink, was ‘n stelsel wat die maatskaplike, politieke en ekonomiese lewe van die Europese Middeleeue gekenmerk het – die term verwys na die oorheersing van afhanklike maatskaplike klasse soos burgers, boere, sogenaamde horiges en lyfeienes deur wêreldlike en geestelike grondbesitters. Laasgenoemdes se voorregte, belangrike politieke status en leefwyse is deur die staat gesteun of tenminste geduld.

Pieter ·

Koning se gaai man al die konings kry miljoene van ons belasting geld vir wat hulle doen net mooi niks

Leon ·

Die koning het baie vroue en kinders en karre en dit kos baie om te onderhou. Kreef en garnale en susjie is duur. Om oorsee te reis met so ‘n groot gevolg vra baie geld.

KoningKraai ·

Die Franse Revolusie was pure verniet. Ons sit nog steeds met die agtelike adelikes. Dink sommer aan die prins Andrew se skandes.

Moedeloos ·

Daar is geen, of baie min, minderheids inmenging in die manier hoe die land regeer word nie. Daar is ook bitter min wat onder andere, die minderheids groepe, insluitende die blanke afrikaners aan die situasie kan doen. Dit is veral opvallend hoe korup, skelm, agterbaks, dom, ens. swart mense is wat in hoe posiesies sit. Die bewyse van al die bogenoemde is op die tafel. Die hele wereld sien dit, behalwe die mense wat aan die bogenoemde swakhede voldoen en mee doen. Is dit die soort integriteit waarop ons land en die res van Afrika gebou word en is? Hoe moet eerbare opregte mense met diesulkes omgaan? Ek weier, en ek het nie hiervoor gevra nie. Soos met Digaan ons goedgelowige boere uitgewis het, so doen die swartes nou met die minderhede. Dis in die DNA. Gee ons as blankes dan maar liewer ons eie tuisland dan hoef ons nie saam met bogenoemdes te lewe of in die selfde juk te trek nie. Laastens, MM plaas asb. hierdie boodskap, dalk, net dalk, lees iemand wat n verskil kan maak dit raak. Dankie

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.