Hofsake wag op EFF, ANC oor verkiesingslyste

Twee van die land se drie grootste partye word deur hofsake in die gesig gestaar oor beweerde konkelary met hul kandidaatlyste vir vanjaar se algemene verkiesing.

Die twee partye is die EFF en die ANC.

Wat die EFF betref begin ʼn hofsaak eersdaags in die KwaZulu-Natalse hooggeregshof in Pietermaritzburg oor die EFF-kandidaatlyste in dié provinsie.

KwaZulu-Natalse EFF-lede voer aan daar was ʼn geknoei met die party se leierskapverkiesings op streekvlak en dat dit die party se provinsiale leiersverkiesing, wat verlede jaar in Pietermaritzburg plaasgevind het – en alle aksies daaruit voortspruitend – ongeldig maak.

Die EFF geniet nie veel steun in KwaZulu-Natal nie, wat ʼn provinsie is waar die ANC, DA en IVP basies alle stemme trek. Dit beteken in die praktyk dat jy baie hoog op die EFF-kandidatelys moet wees as jy tot die provinsiale wetgewer of die nasionale parlement verkies wil word.

Min of meer dieselfde probleem is op die punt om kop uit te steek in die Wes-Kaapse ANC. Hofstukke is ingedien by die Wes-Kaapse hooggeregshof in Kaapstad, waarin ongerymdhede met leiersverkiesings in die Dullah Omar-streek van die party beweer word.

Die Dullah Omar-streek is die ANC se naam vir die Kaapstad-metro, waar omtrent 70% van die kiesers van die Wes-Kaap woon. Wat in daardie streek gebeur is dus bepalend vir die Wes-Kaapse organisasie van die ANC.

Die ANC se Wes-Kaapse leiersverkiesing is dus tans in waarskynlike chaos gehul, wat ʼn gulde geleentheid skep vir die DA, die provinsie se ander groot party, om munt te slaan juis nou dat die DA sy balans kwyt is weens interne verdeeldheid en weifelende provinsiale partyleierskap.

Die Wes-Kaapse ANC, wat tans baie baat vind by die DA se Wes-Kaapse probleme, sit reeds met die verleentheid dat hy sy lyskonferensie moes oordoen omdat soveel reëls aanvanklik oortree is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Colleen ·

Alles wat hulle doen is korrup. Wat het een van die twee partye al gedoen waar nie korrupsie betrokke was nie? Wees eerlik.

Sê maar net ·

Hulle kan niks…maar niks op ‘n eerlike manier doen nie…

Ryno ·

Selfs al het hulle alles eerlik gedoen, sal daar nog steeds hofsake wees.
Diegene wat nie op die lys is nie, sal alles probeer om ‘n pos (lees salaris) te kry.
Hulle besef terdeë hulle beskik nie oor die vermoë om daar buite in die regte wêreld ‘n ordentlike werk te kry nie. Is in elk geval ook te lui vir regte werk.

Pieterv ·

Wag maar…..nog voor die verkiessing gaan stembriewe wat reeds voltooi is gevind word!!!
In hulle duisende!!!

Helen ·

So sal hul vir 107 jaar heers, deur middel van skelmstreke net soos in ons geliefde buurland.Hahahaa!

Grys ·

IFP is n goeie party in kzn, dalk bieq te regs, maar slim mense…

Anita ·

Elke dag stroom persone van ander provinsies na die Kaap, of word aangery. Hoe gaan hierdie toevloei beheer word? wie gaan diens doen by die stembusse en STEM TELLINGE?
die EFF sal niks doen vir die minderheidsgroepe in die Kaap nie, Die A NC het bewys dat hulle nog nooit NIKS gedoen het toe hulle kon, en die DA moet huis skoon maak en die agtergeblewene woonbuurte skoon maak voor dat hulle kwalifiseer vir stemme , want die DA BEMARK NET SEKERE OMGEWINGS VIR TOERISTE MAAR AGTER DIE FASADE WORD NOOIT NIKS GEDOEN NIE, en met verkiesing dans hulle die polka in die agtergeblewene buurte, miskien moet daar ‘n nuwe KAT kom en naam maak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.