Hofsege vir skole se regte verwelkom

Argieffoto

Argieffoto

Die burgerregte-organisasie AfriForum en die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) het ’n hofbevel verwelkom wat Afrikaanse skole voorlopig toelaat om steeds die skool se taal- en toelatingsbeleid toe te pas in die aansoekproses om toelating van leerlinge.

’n Dringende hofaansoek is deur Fedsas gebring om dié bevoegdheid van beheerliggame te herbevestig nadat die Gautengse LUR vir ondewys, Panyaza Lesufi, geluide begin maak het dat die departement skole gaan dwing om van enkelmedium na parallelmedium oor te skakel. AfriForum het die hofsaak ondersteun en finansieel daartoe bygedra.

Skole stel waglyste op met leerlinge wat aansoek om toelating doen. Dié lyste moet teen 17 Junie by die provinsiale onderwysdepartement vir aftekening ingedien word.

Regter Gregory Wright het die departement gister opdrag gegee dat skole se taal- en toelatingsbeleid in ag geneem moet word wanneer die lyste oorweeg en afgeteken word. Dit is ook op grond van die sperdatums wat Wright Fedsas gelyk gegee het dat die saak dringend is.
Skole sal ouers vandeesweek reeds in kennis kan begin stel of hul kinders se aansoeke suksesvol was.

Tydens die hofgeding het die departement se omstrede e-platform-aansoekproses ook ter sprake gekom wat aanvanklik nie skole se taal- en toelatingsbeleid in ag geneem het nie en uiteindelik daartoe sou kon lei dat die plasingsproses geheel en al in die hande van die departement sou wees. Ingevolge die hofbevel mag skole steeds die lyste voltooi wat vir aftekening aan die distriksbestuurder gestuur word.

Fedsas se regspan het aangevoer dat hy die hofaansoek moes bring nadat daar op grondvlak ’n “eskalasie was in pogings deur onderwysamptenare om Afrikaanse skole na parallelmedium om te skakel en dat hoofde ook gedreig is as hulle nie by departement se opdragte inval nie”.
Adv. Johan du Toit (SC) vir Fedsas het verwys na ’n onaangename spanning rondom die onlangse gebeure en die LUR se voorgenome planne.

Adv. Musi Sikhakane (SC), namens die departement, het op sy beurt weer aangevoer dat die applikante se klagtes oor die behoud van Afrikaans as onderrigtaal verband hou met hul vrese en persepsie dat die ANC-regering wetgewing minag en hulle wil boelie.
Sikhakane het voorts gesê die departement is “heeltemal bereid om ’n konsultasieproses te volg en dat die omskakeling van enkelmediumskole na parallelmedium nog net ’n besprekingsdokument in die departement is”.

Hy het gesê die departement het ’n grondwetlike reg om te verseker dat elke kind toegang tot onderrig het en dat dié oorweging swaarder weeg as taal- of toelatingsbeleid.
Sikhakane het gesê taal kan nie meer ’n toelatingskriteria tot skole wees nie en dat dit tot die verlede hoort.

Paul Colditz, uitvoerende hoof van Fedsas, het gesê die hofbevel is ’n oorwinning en dat geregtigheid geseëvier het.

Hy het gesê die hoofaansoek gaan steeds voort. Hy het die hoop uitgespreek dat partye en die departement egter om ’n tafel kan sit om die kwessie vir eens en altyd op te klaar.

Phumla Sekonyane, departementele woordvoerder, het gesê die departement is nie gelukkig met die bevel nie en sal die hoofaansoek teenstaan.

Carien Bloem, hoof van AfriForum se onderwysveldtogte, het die hofbevel verwelkom en die departement se optrede, wat daarop gemik is om skole se taal- en toelatingsbeleid te ondermyn en hoofde te intimideer, veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

ANC = Volksmoord ·

Die ANC is tans besig met ‘n heksejag en volksmoord gerig teen blankes en Afrikaans.

Selfbeskikking is die enigste werkbare alternatief. Afrikaanssprekendes moet bevry word van al die rassistiese beleide van die rasbehepte ANC terroriste organisasie. Die ANC se wortels is verweef in terrisme en vernietiging, en hulle kan nie anders optree nie. Die ANC wil nou Afrikaanse skole vernietig.

CHRISTA ·

Die Onderwysdepartement moet net weet: daar was ook parallelmediumskole – Engelssprekende kinders was in een klas en Afrikaanssprekende kinders in ‘n ander klas. As hulle hulle planne wil deurvoer, moet hulle net hulle broeke drooghou as hulle sien dat die Afrikaanssprekende klas oorheersend wit is !!! Moenie DAN die klaagliedere oor rassisme ophaal nie!!

Martin ·

As hulle nou sou rêg -kom, hoe lank voor hulle ‘n rede kry on die skole ook bakrot te steel en af te brand.

Leendert van Oostrum ·

Nog een van die tientalle hofsake wat Afrikaanse staatskole teen die onderwysowerhede gewen het.

Nou kan die kinders voortgaan om rustig, in (meesal verwronge) Afrikaans, gebreinspoel te word met behulp van die programme en leermateriaal wat deeglik in lyn is met die CAPS-voorskrifte se revolusionêre “critical pedagogy” met sy Kubaanse aanslag.

Maar, so lank as wat ons die knie in Afrikaans kan buig, sal ons oor ons voete val om ons volgende geslag aan die revolusie offer, nie waar nie?

WL ·

Tiepiese regering mentaliteit hierdie. Ja, elke kind het ‘n reg tot onderrig, maar as die probleem is dat daar nie genoeg anderstalige skole is nie, bou nog skole! Maar soos altyd weet hulle net van afbreek en vat, en niks van bou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.