Hofstryd kom oor sportkwotas

kallie-kriel

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum. Foto: Reint Dykema

Solidariteit en AfriForum het Dinsdag die volgende stap in hul stryd teen rassekwotas in Suid-Afrikaanse sport aangekondig.

In die hofstukke, wat vandag beteken is, word die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (SARU), Krieket Suid-Afrika (KSA), Atletiek Suid-Afrika (ASA) en Netbal Suid-Afrika (NSA) uitgedaag om hul ooreengekome rassekwotas voor die arbeidshof te verdedig.

Solidariteit en AfriForum het in ʼn verklaring gesê die ooreengekome kwotas is volgens hulle nie alleen teen die wet nie, maar druis ook in teen ooreengekome internasionale norme. “Dit is skreiend dat die ANC sulke strawwe rassekwotas afdwing. Dit is egter nie verrassend nie. Vir die ANC is plaaslike rassewetgewing en internasionale ooreenkomste maar net lippetaal,” het Johan Kruger, adjunkbestuurshoof van Solidariteit, gesê.

Volgens Kruger is die ANC se rasse-ideologie lankal reeds sigbaar en kan die party sy rasgedrewe motiewe nie meer verbloem nie. “Die ANC se ontneming van uitnemende plaaslike sportmanne én vroue van geleenthede weens onwettige rassekwotas moet deur die hof veroordeel word,” sê Kruger.

“Ons vra dat die hof beveel dat die transformasiehandves, in so verre dit demografiese profiele nastreef, ongeldig verklaar word. Ons versoek verder dat die hof beveel dat die ooreenkomste tussen die partye in so verre dit kwotas daarstel, ongeldig verklaar word en dat sportliggame verbied word om kwotas toe te pas met spankeuses op nasionale, provinsiale, klub- en skoolvlak.”

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, moet meriete die enigste maatstaf in die samestelling van sportspanne wees. “Die afdwing van rassekwotas en politieke inmenging in Suid-Afrikaanse sport druis direk in teen die reëls en regulasies van internasionale sportliggame. Daarom gaan AfriForum binne maande ʼn afvaardiging na verskeie internasionale sportliggame stuur,” het Kriel gesê.

Kriel het gesê AfriForum se aansoek om as vriend van die hof in die huidige aansoek toegelaat te word, sal binne die afsienbare toekoms beteken word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Leon ·

Wonder nou maar net of die kwotas geldig is vir die sokker spanne ook?

Johann ·

Ek het regtig opregte waardering vir die vele pogings van AFRIFORUM soos die een. My vraag is egter; wat van terugvoer oor diensulke “projekte”, wat ons in pas hou met gebeure? So bv. die op rekord uitspraak tydens die Debat oor plassmoordr van n minister wzt se begrawe hulle lewend? Om maar een te noem…wat help dit ons teken petisies en dis dit?

AL ·

Steenhuisen vd DA en Floyd Shivambe van die EFF is oor die kole gehaal oor uitlatings wat hul gemaak het in die parlement. Watter stappe word gedoen aan die uitlatings wat daardie ANC LP gemaak het? Dis wat ek ook wil weet.

MANIE ·

Sonder kwotas maak jy die sport onbereikbaar vir seker mense. Daar is sportmanne en vroue wat slegs gekies word oor kleur en bitter min oor hulle prestasie in die sportsoort. Ons moet ten velde trek dat die volgende wereld beker rugby nie aan S.A toegeken word.

AL ·

Politiek is besig om sport dood te maak in SA. Daar is geen gesonde kompetisie nie want ras word in sportmanne en kykers se kele afgedruk.

Johan. H. ·

Kyk glad geen sport nie , Dis al klaar verrot, Gee dit ok maar vir die ,,,

Alida ·

Kleur behoort na 23 jaar GEEN rol te speel nie. Kies die BESTE spelers ongeag kleur.

John ·

Sport-uitsendings op tv is net vir rykes en blootstelling dus swak vir die gewone werkersklas. Supersport is in die’ opsig uiters onsporttief. Oumense luister rugby soos in hul prille jeug met die oor teen die radio terwyl die seuns ‘n ou bal buite rondskop. Nee-wat, hierdie landjie word lekker uitgebuit deur mammoniete… en om nou te veg vir meer normaliteit is soos om ‘n ontsnapte mamba met ‘n piering melk terug te lok in sy hok.

Riaan ·

Geen sin daarin om te kla oor sport kwotas en dan niks te doen oor wat in die werksplek gebeur nie.

Jopie ·

Hoekom privaatiseer ons nie maar die Springbokke nie? Waarom dit nog langer SA se span laat wees onderhewe aan rassistiese wette?

Die SA rugbyspan kan die Proteas wees en “volledig verteenwoordigend” van die anc se ideale. (Dit sal soveel pret wees wanneer die Bokke en Proteas teen mekaar speel…)

SARIE VAN HEERDEN ·

As kleur nie ingebring word in die keuse van sportmanne nie sal die spanne wit wees en ons wil DIT tog nie he nie. Hoe kan iemand verwag dat daar mense op meriete gekies moet word as jy vooraf beveel word jy moet ‘n kwotastelsel gebruik?

JJ ·

Ons SA mense kla so vinnig wanneer bv die Springbokke en Proteas so sleg doen – maar waarom, want die helfte van ons goeie spelers is uit die land oor rassekwotas (hulle weet hulle is te wit om vir die land gekies te word, al is hulle hoe goed) en oor die politieke inmenging van al ons sport. Daar word dan nie eers die beste afrigters gekies nie – alles moet gaan oor kleur. Daar is dan alreeds gese by die volgende rugby wereldbeker moet daar ‘n 50% verteenwoordiging van swart spelers wees! Ons as Suid-Afrikaners sal nooit kompeterend kan wees in enige sport oor rassekwotas en politieke inmenging nie. Tot ‘n New Zealand se voormalige rugby speler het ‘n brief daaroor geskryf! Ek hoop hierdie hofsaak is suksesvol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.