‘Hofuitspraak nog ʼn slag vir Zuma’

President Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Die konstitusionele hof se uitspraak dat die Nasionale Vergadering nie daarin geslaag het om meganismes in plek te stel om pres. Jacob Zuma verantwoordbaar te hou nie, is nog ʼn slag vir die beleërde president.

Volgens prof. André Duvenhage, politieke ontleder verbonde aan die Noordwes-Universiteit, plaas die uitspraak waarskynlik groter druk op Zuma om ’n uitgangstrategie van die ANC te aanvaar. “Daar is gerugte van gesprekke agter die skerms oor ʼn uitgangstrategie vir Zuma en die uitspraak gee bloot verdere momentum aan die versnelde uitgang van pres. Zuma.”

Duvenhage het gesê hy twyfel sterk of Zuma teen einde volgende jaar nog president van die land sal wees. “Ek twyfel baie sterk dat hy sy 2019-termyn sal voltooi en verwag dat hy binne enkele maande uit sy posisie sal wees. Die konstitusionele hof se uitspraak is ʼn verdere bewys van die benarde posisie waarin pres. Zuma hom bevind.”

Die hof het bevind dat die Nasionale Vergadering artikel 89 van die Grondwet oortree het deurdat daar nie reëls gemaak is om die verwydering van die president te reguleer nie. Daar is ook gelas dat die Nasionale Vergadering aan artikel 237 van die grondwet moet voldoen en die reëls [soos hier bo genoem] sonder vertraging moet saamstel.

Volgens die parlement het die reëlskomitee reeds ʼn proses begin om ʼn prosedure uiteen te sit wat gevolg moet word in die implementering van artikel 89 van die grondwet. “In hierdie verband sal die parlement verseker dat die proses afgehandel word, in ooreenstemming met die hof se bevel.”

Duvenhage meen die parlement sal na aanleiding van die hofuitspraak so gou as moontlik moet begin stappe doen wanneer dit in Februarie hervat. “Dit is nie ʼn saak wat onmiddellik hanteer kan word nie. Die kwessie gaan waarskynlik geskeduleer moet word en dan is daar prosesse wat gevolg moet word.”

Die waarskynlikheid is dat ʼn veelpartykomitee nou op die been gebring kan word om Zuma se optrede te ondersoek en te bepaal of hy aan enige oortreding skuldig is. Daar kan ook weer ʼn mosie van wantroue ingedien word of gekyk word om Zuma in ʼn staat van beskuldiging te plaas.

Duvenhage meen daar is egter ʼn ander scenario wat kan afspeel. “Ek is oortuig dat pres. Zuma eerder vrywillig kan besluit om die tuig neer te lê vir politieke amnestie. Daar is wel siviele sake van ʼn kriminele aard teen hom waarvan politieke amnestie hom nie kan red nie. So dit beteken dat Zuma nie noodwendig die problematiek ontsnap nie, maar hy gaan hom iewers vasloop.”

Die konstitusionele hof het in Maart verlede jaar in ʼn verdoemende beslissing gesê Zuma het versuim om die Grondwet te handhaaf, te verdedig en te respekteer toe hy nie gehoor gegee het nie aan die regstellende stappe wat die voormalige openbare beskermer, Thuli Madonsela, aangedui het.

Dit kom nadat meer as R200 miljoen van belastingbetalers se geld gebruik is om opgraderings aan Zuma se Nkandla-woning te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Buitestander ·

Met die jaar afsluiting is die lesers baie traag om op enigeiets te reageer. Rus in vrrede môre sal self sorge.

Eish ·

Amnestie?
Vir wat?
Hoekom moet die “rich en famous” altyd n vlugroete gereed hê en die gewone “nie-kameraad” die volle krag van die wet ervaar. Dis mos nou twak.

Hennie ·

Zuma sal nie die keer hie hie hie die keer is dit is nie ek dit was die Guptas ek dink Cr gaan hom se Jys gefire

snoefie ·

nee buitestaander my is verkeerd. mm se begeerte om net polities korrekte kommentare tr publiseer maak ons traag om hier te lees.

Cherokee ·

Snoefels, jy lees moeilik miskien weens politieke oorsig verkeerd maar ek probeer jou lei dekades lank. Jy wil nie luister nie.

Veritas ·

Cherokee vervang net ‘my’ met ‘jy’ en ‘tr’ met ‘te’, en Snoefels maak baie sin.

Leeutjie ·

Veritas. Lees weer. Snoefie het die tikfout gemaak. Nie Cherokee nie!

Anoniem ·

Die wiel is besig om speek-vir-bleddie-speek te draai vir jou, ou perd, en daar is niks wat jy kan doen om dit te keer nie. Behalwe om landuit te vlug, of die lewe te verlaat.

Riaan ·

Vir gewone burgers is daar geen vlugroete opsies beskikbaar. Waarom moet daar vir die sogenaamde ‘ elites ‘ sulke voorsorg gemaak word. Dit is mos uiters onregverdig.

Jobee ·

Die ou rakker… hoeveel keer gaan hy nog probeer wegkom?…. as hy so aanhou probeer, is daar verseker ‘n slang in die gras… of hoe?

dup ·

Die beste beskrywing was van Lekota(COPE) , hy Zuma bevind hom soos /of is soos Sadam Hoesein in ‘n gat………Ek dink egter die verskil is hy het die gat self en baie goed gegrawe, hy het selfs ekstra diep gegrawe en selfs oortyd daaraan gewerk .

Cor ·

dup ja hy het die gat ekstra diep gegrawe, maar daar is ook baie tonnels met uitgange daar onder. Hy het nie verniet in die ou SA ondergronds gegaan nie. Al was hy net n beeswagter sonder skool kwalifkasies het hy tog in die a+c tot hoof van inteligensie gevorder. So hy is nie so half soos almal dink nie

Rianto ·

90% van SA burgers besef hoe vinniger hoe beter …. maar hy en die 10% so blind soos molle…
Weg met Zuma! Weg met hom!!

Schalk ·

Daardie woord “beleerde president” in die begin pla my. Help mense ek verstaan dit nie?

Christene ·

Schalk ek dink dit is dalk al sy kaders en comrades wat so om hom kloek dan is hy beleerd. Hy kan nie geleerde wees nie, of miskien geeerde wees nie…. weet ook nie wat hul bedoel met beleerde.

Vryheid ·

Poppespel en praaitjies -na als verby is en zuma is weg gaan hy heerlik op nkandla rus en die belastingsbetalers se geld geniet sonder enige vervolging!

Leeutjie ·

Johan waar val jy nou uit. Nietemin…hoe meer ek na hierdie man kyk hoe meer pateties lyk hy!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.