Hofuitspraak oor wapenlisensies verwelkom

Argieffoto. (Foto: Verskaf)

Vuurwapeneienaars wie se lisensies verval het, moet nou toegelaat word om van voor af vir dié vuurwapenlisensies aansoek te doen.

Dít volgens ʼn uitspraak Donderdag deur die appèlhof in Bloemfontein.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het aanvanklik geweier om nuwe aansoeke te oorweeg vir mense wat hulle in dié penarie bevind. Die SAPD se weiering om dié aansoeke te aanvaar, was geskoei op ʼn skrywe van 3 Februarie 2016 van die kommissaris van die SAPD. Dié brief het aangedui dat sulke aansoeke nie deur die SAPD aanvaar moet word nie, maar dat mense daarop gewys moet word dat hulle hul vuurwapens by die naaste polisiekantoor moet inhandig.

AfriForum het die uitspraak verwelkom.

“Die uitspraak skep geleentheid vir mense wie se vuurwapenlisensies verval het om van voor af vir die lisensies aansoek te doen sonder om op ʼn verdere amnestietydperk te wag,” sê Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder vir gemeenskapsveiligheid.

Hy sê AfriForum het gereeld met groot sukses voldoende druk op die minister van polisie geplaas om verdere amnestietydperke in te stel en te oorweeg sodat vuurwapeneienaars van lisensies wat verval het die geleentheid kry om weer wettig in besit van hul vuurwapens te wees.

“Dié uitspraak skep sekerheid by ʼn groot aantal Suid-Afrikaners wat per ongeluk nie hul lisensies betyds hernu het nie en om watter rede ook al nie van die amnestietydperke gebruik gemaak het nie. Hulle het dus geen ander uitkoms gehad om hul vuurwapens wettig te besit nie,” sluit Kamfer af.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Astrain ·

My vuurwapen is geneem deur die polisie, nou is hul stelsel afgeskakel agv wanbetaling, wanneer kry ons dan nou die wapens terug? Ek is n ontwapende boervrou…

Persheks Adri ·

Dis goeie nuus vir diegene wie se lisensies verval het! Die staat wil ons net ontwapen pffft nee toe nie!

Plaas soek hulle die wat onwettig in besit is en links en regs dood skiet. Daar’s baie van daai wapens in die kriminele se hande

Frank ·

My aansoek al 10 Junie 2020 ingedien vir ‘n nuwe geweer. Nog niks!!! 217 dae
‘n Hernuwing aansoek einde Januarie 2021 ingedien vir ‘n pistool. Sopas goedgekeur…….
Hoe verstaan jy dit? En eks ‘n Toegewyde Jagter.

Stefaan ·

My handwapen hernuwing is in Julie 2020 ingedien en nog nie boe of ba gehoor nie. Ek is ‘n toegewyde sportskut en gebruik die wapen daarvoor. Die aansoek was voor die drie maande tydperk ingedien.

Willem ·

Ek wag ook nou reeds al ‘n jaar na my hernuwing aansoek ingedien was. Nog niks. SAPD is pateties.

Stefaan ·

Wat is die nodigheid om dit te hernu behalwe om geld te maak en die publiek te frustreer?

Casper ·

Verstaan ek reg.Jy het nie nodig om jou wapen in te handig nie.Jy moet net aansoek doen vir die nuwe lisensie.

Kokkie ·

Ek was nalatig en het my vuurwapenlisensies laat verval. Tydens die amnestie wat aan die einde van 2019 ingestel is, het ek aansoek gedoen vir bevoegdheidsertifikate van my twee wapens. Dit het ek relatief vinnig drie maande later ontvang. Steeds in amnestie en met voorlegging van my bevoegdheidsertifikate, het ek op 12 Mei 2020 aansoek gedoen vir my vuurwapenlisensies. Daarmee saam moes ek my wapens by die plaaslike polisiekantoor indien vir ‘veilge bewaring’. Oor 19 dae sal dit ‘n volle jaar wees dat ek vir my lisensies en natuurlik ook vir my wapens wag. In die vroeë oggendure van 1 Junie 2020 was daar ‘n geweldadige aanslag op ons huis waar ek en my vrou ( beide bejaard) tuis was, gemaak. Veiligheidsglasruite is met ‘n swaar ystervoorwerp uitgeslaan. Sonder ‘n wapen moes ek op die ‘misdadigers’ afstorm en verhoed dat hulle die huis binnekom. Is daar dalk iemand wat vir my kan raadgee wat ek kan doen om my aansoek te bespoedig en sodoende my wapens terug te kry?

Kruidjie-roer-my-nie ·

Ons ervaar ook probleme met die nuwe vuurwapen lisensiëring. Ook hoe werk dit as jy nog ou groen lisensie het. Enige raad is welkom asseblief.

FRANCOIS ·

Stem. Hulle sal tot die uiterste gaan om ons wettige vuurwapen eienaars te ontwapen. Ek het vroeër die maand n sms vanaf SAPD ontvang wat aandui dat my lisensie die vorige dag verval het. Hoekom kan hulle dan nie hul stelsel so programmeer dat hulle die boodskap 90 dae voor jou lisensie verval aan jou stuur nie. Toe ek navrae rig is ek aangesê om my wapen in te handig of om die risiko te loop om daarmee gevang te word. Ek besit die betrokke wapen reeds 35 jaar.

Adam Adriaan ·

Neem maar kennis. Dit is deel van hoe sosiolistiese kommuniste werk. Hulle wil alles beheer, Alle grond moet in staats besit wees. Die volk moet ontwapen word sodat daar nie teen hulle regering in opstand gekom kan word nie. Hulle bepaal wat in skole aangaan en geleer mag word. Net die elite daar bo in die regering mag iets besit. Our People moet altyd in armoede en vodde leef. Verhonger en maer. Hulle daar bo is ryk en vet.

Boon ·

Dankie tog vir die regbank. As jy n groen kaartlisensie get, kan jy jou aansoek doen vir hernuwing. LW Jy Hoef NIE die wapen in te handig nie.

Kruidjie-roer-my-nie ·

Kan jy ons asseblief meer inligting gee oor die groen kaart lisensie? Ons is al só deurmekaar. Hul het vir ons gesê jy moet eers bevoegdheidskaart hê voor jy kan aandoek doen vir hernuwing? Is dit so? Ek doen navraag vir my bejaarde ouers wat alleen op ñ plaas woon.

Danie ·

Stadig, n groen kaart het niks te doen met hierdie uitspraak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.