Hogan getuig oor Guptas en reis na Indië

Barbara Hogan, voormalige minister van openbare ondernemings. Foto: Itumeleng English/ANA

Barbara Hogan, voormalige minister van openbare ondernemings, het Woensdag voor die kommissie van ondersoek getuig oor die twee keer dat sy en haar wyle man, Ahmed Kathrada, met die berugte Gupta-familie te doen gekry het.

Hogan het aan die kommissie gesê hulle het slegs twee keer met lede van dié Indiese familie kontak gehad. Die eerste keer was toe Essop Pahad, wat tydens Thabo Mbeki se presidentskap die minister in die presidensie was, hulle in 2004 na ʼn middagete in Constantia genooi het.

“Kathrada het as jong kind baie tyd by Pahad se huis deurgebring toe hy in Johannesburg skoolgegaan het. Hy [Pahad] het ons genooi vir middagete saam met vriende. Die Guptas was glo daar; dit was die eerste keer dat ek van hulle gehoor het. Ons het niks vir hulle te sê gehad nie. Ons het met ander mense gesels en is toe daar weg; ons het nie lank gebly nie.”

Die tweede ontmoeting was nadat sy reeds uit die parlement was en nie meer ʼn minister nie. Die egpaar is deur die Indiese Hoë Kommissie vir middagete genooi.

“Ajay Gupta het daar aangekom, maar hy het alleen by ʼn tafel gaan sit, blykbaar in ʼn baie slegte bui … hy het met niemand gepraat nie en ons almal net aangegluur.”

Sy het verder getuig oor ʼn uitnodiging van die Indiese Hoë Kommissie, die Verenigde Nasies en vele ander organisasies wat aan Kathrada gerig is deur sy stigting. Die struggle-veteraan is genooi om by skole en universiteite in Indië te praat ter herdenking van oudpres. Nelson Mandela se verjaarsdag.

Hogan sê sy was geskok toe ʼn verslaggewer van Daily Maverick haar bel oor ʼn ondersoek na die Gupta-e-posse, om haar te vra oor ʼn reis na Indië “wat deur die Guptas betaal is”. Sy sê sy het die reisrekords gaan naslaan en dit aan die joernalis gestuur. Dit het toe aan die lig gekom dat die Gupta-bondgenoot, Ashu Chawla, ingesluit is by e-posse oor Kathrada se reisreëlings.

“Mnr. Kathrada is gereeld gevra [om praatjies oor Mandela se nalatenskap te lewer] en is dikwels deur Mandela self gevra om dit te doen. Ons het verstaan dit was ʼn inisiatief van die hoë kommissie. Ons het vir twee dae Indië toe gevlieg en Kathrada het by verskeie skole gepraat. Toe ek na die reisreëlings gekyk het, was dit Jet Airways. In terugskouing was dit Chawla aan wie die reisagentskap e-posse gestuur het, maar ons het dit nie destyds geweet nie.”

Sy sê die joernalis het later na haar toe teruggekom nadat haar en Kathrada se reisdokumente gefynkam is en gesê “daar is nie ʼn storie nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Genieve ·

Die vuur raak alhoe warmmer sien ek…sy was darem onder geweldige druk deur ou zuma

waarheid ·

Was sy ook by die Gupta Troue?
Wonder wie was almal daar?
Almal wat daar was het seker iets onder die tafel gekry – almal ewe korrup.

Hendrik van George ·

Snaaks dat sy so doodstil was die afgelope paar jaar. Tannie Hogan, jy was deel van die probleem…..

Karlien ·

Sy was glad nie stil nie. Sy en haar man was uiters uitgesproke teen Zuma en die ANC NEC se korrupsie pad en sy het ‘n uiters publiek en luide rol gespeel in Pravin Gordan se mobilisasie beweging “Zuma must go” Het jy dit als gemis?

Genieve ·

Hendrik
Dis hoekom ek se die vuur raak alhoe warmer syt lank stil gebly oor di guptas.

Henk du Toit ·

Met soveel onskuldiges in die parment is die wederkoms eers oor 700jaar of so glo ek, Ou SPIES VIR alle vroue in die nasie het hoeka mos gese die ANC sal regeer tot die wederkoms.

Karlien ·

Sy was reg vd begin af baie uitgesproke teen die hele Zupta kaboedel.
Haar man het jare terug, voor sy dood ‘n ope brief aan Zuma geskryf en hom versoek om die eerbare ding te doen en te bedank.

Johan ·

Hogan het lekker gevreet saam met Ansc. Syt seker nie haar cut gekry nie nou is sy suur druiwe.

Fabel ·

Sy was maar deel van die korrupte lot. Net suur omdat sy later aan die onderspit moes delf.
Haar anc lidmaatskap het haar toe niks gehelp nie. .
Daar is nie een in die anc wat NIE korrup is nie. Waarom sal sy nou as vlekkeloos uitgemaak word? Haar onskuld is net ‘n fabel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.