Holomisa kap na ‘koalisie van skurke en leuenaars’

Bantu Holomisa. Argieffoto: Werner Beukes/SAPA

Bantu Holomisa, leier van die UDM, het in ʼn striemende ope brief die DA-koalisie in Nelson Mandelabaai as ʼn “koalisie van skurke en leuenaars” uitgekryt.

Holomisa het reageer nadat die DA-koalisie die UDM gevra het om redes te verskaf oor waarom die party lid van die koalisie behoort te bly.

Die koalisie tussen die UDM, DA, ACDP, Cope en VF Plus het begin skipbreuk ly nadat Mongameli Bobani, UDM-leier in die metro, as adjunkburgemeester afgedank is. Bobani is egter in die nuwe regering onder leierskap van die ANC tot burgemeester verkies.

Die legitimiteit van die raadsvergadering waartydens Athol Trollip as burgemeester onthef en Bobani verkies is, is nou die onderwerp van ʼn hofgeding nadat die DA hofdokumente by die hooggeregshof in Port Elizabeth ingedien het.

Holomisa het in die ope brief bevraagteken hoekom die ACDP, VF Plus en Cope steeds die DA verduur aangesien dié party volgens hom die blaam dra vir die verbrokkeling van die koalisie.

“Die driepersoon-kommissie, wat deur die koalisievennote opdrag gegee is om ondersoek in te stel toe daar die eerste keer verskille in die koalisie aan die lig gekom het, het Trollip en Bobani daarmee verbind.

“Die ondersoek het ook bevind dat Trollip die koalisie ondermyn het, asook die koalisievennote se gesamentlike opdragte geïgnoreer het en by implikasie sy eie nasionale leier.”

Athol Trollip, die voormalige burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro. Foto: Facebook

Holomisa het gesê die DA het desondanks geweier om teen Trollip op te tree. Hy het gesê die DA het die “sogenaamde konsepverslag” wat deur PwC opgestel is, gebruik om Bobani te diskrediteer terwyl hy in daardie stadium die adjunkburgemeester van die metro was.

“Die DA het geweier om Trollip te betig nadat hy wilde bewerings oor Bobani gemaak het. In dié tyd het die UDM gesê ons sal nie Trollip se woord aanvaar rakende die bewerings nie, asook dat die saak ondersoek en ter tafel gelê moet word by die raad.”

Holomisa het gesê toe die finale PwC-verslag aan die lig gekom het, is Bobani by geen onbetaamlikheid betrek nie.

Holomisa het gesê die onus is op die opposisiepartye om die UDM te oortuig om deel van die koalisie te bly.

“Die UDM doen ʼn beroep op die koalisievennote om eerlik met hulself te wees en te erken dat die DA ons almal hanteer het asof ons tweederangse burgers en junior vennote in die koalisie is,” het Holomisa gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Heinrich van Zyl ·

Daai is ‘n maklike antwoord. Oorbevolking (wêreldwyd).
Neem die volgende (dalk belaglike) voorbeeld.
As daar net een van elke soort mens (ras, geloof) op aarde was, sou daar waarskynlik geen konflik wees nie, want daar sou meer as genoeg ruimte en hulpbronne vir almal wees.
As daar net tien van elke soort mens op aarde was, geld dieselfde nog steeds.
En so kan jy aanhou om die getalle te vermeerder totdat jy by die onafwendbare uitkom….konflik.

BenaYaHU ·

@Heinrich van Zyl
Werklik!? Oorbevolking? Jy is jouself dieper navorsing en studie verskuldig, want jou stelling is ongegrond!
So die sogenaamde “oorbevolking” is wat aanleiding gee tot konflik..
Jammer, daar is VEEL dieperliggende faktore wat jy gerieflikheidshalwe (doelbewus?) ignoreer. Begin gerus hier .. https://bit.ly/2v2qibn en werk dan dieper..
‘Another world awaits you..’

Rupert Ashford ·

Mnr Holomisa, julle is junior vennote. Gaan tel gou… Hiermee se ek nie die DA se handjies is skoon in die hele gemors nie.

Michael von Mallinckrodt ·

BenaYaHu
Heinrich van Zyl se opinie van oorbevolking is die grootste uitdaging in die toekoms. Dit mag wees dat die meeste mense in stede gekonsentreerd lewe. Maar al hierdie mens moet iets eet en drink, hulle will `n kar of twee he, hulle wil elke jaar vakansie hou ens. Waar moet daardie “resources” vandaan kom. Hierdie jaar in Augustus het ons die “resources” verbruik wat die aarde weer kan regenereer. Hierdie datum skuif elke jaar. maw daardie regenereerde “resources” raak al hoe minder.
Dan maak die nie saak of daar min mense in die meste gedeelte van die aarde leef of nie. As die soogenaamde “resources” ( ek kry nie die afrikaanse woord nie) opgebruik is, wat maak ons dan.
En die oorsaak hiervan is oorbevolking, m.a.w. die oorsaak hiervan is die mens. Niemand anders nie.

BenaYaHU ·

@Michael
Heinrich se kommentaar is ongegrond, en met wel deurdagte insig, joune ook!
Ons kan nie willens en wetens verskeie faktore goedsmoed rondslinger en dit dan met dieperliggende redes verwar nie! Terloops, waar kom jy aan die siening dat hulpbronne noodwendig “opgebruik” raak .. hoofstroom mediaberigte, afgekoopte witjasse..?
Wel, jy is verseker geregtig op wat jy wil glo, maar daar is OORGENOEG hulpbronne vir enige bevolkingsaanwas..
Die uitdaging(s) is veel eerder politieke manipulasie, uitbuiting, Teknokrasie, verkeerde beleid, ens.
Met ander woorde daar vind ons aansluiting.. die oorsaak IS sekere individue, of as jy dit dan eerder verkies, die mensDOM!
Maar, die aarde is BESLIS nie “oorbevolk” nie .. en al is die Gauteng- en KZN-provinsies dalk te digbewoon weens die effek van verstedeliking (en werk vir jouself uit wie daarvoor verantspreeklik is), is dit nie weens “oorbevolking van die aarde” nie, maar wel weens ‘n ondeurdagte bevolkingsaanwas vererger deur swak regering/bestuur..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.