Holomisa kap terug ná ANC-tirade oor ‘teemeisie’-twiet

Bantu Holomisa, leier van die UDM. (Foto: Karen Sandison/ANA)

Bantu Holomisa, leier van die UDM, het verder uitgevaar teen die ANC se Jessie Duarte nadat die ANC hom gekap het toe hy na haar as ʼn “teemeisie” verwys het.

Die ANC het gister uitgevaar teenoor Holomisa oor dié twiet wat hy gemaak het in reaksie op ʼn ander sosialemediagebruiker se twiet. Dié gebruiker het Holomisa se aandag daarop gevestig dat Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, tydens ʼn dokumentêre SAUK-program na Holomisa as ʼn “diktator” verwys het. Die gebruiker het ook gesê dat Duarte oneerbiedig is en destyds bloot voormalige pres. Nelson Mandela se persoonlike assistent was.

Holomisa het hierop reageer deur te sê Duarte het destyds vir hulle by Shell House tee aangedra.

Die regerende party het in reaksie op Holomisa se twiet ʼn beroep op UDM-lede gedoen om hulself van hul partyleier se “misoginistiese neigings” te distansieer in aanloop tot Vrouedag.

“Hierdie blatante minagting asook verkleinering van vroue het geen plek in ʼn demokratiese samelewing wat nie seksisme duld nie,” het die ANC in ʼn verklaring gesê.

Adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, Jessie Duarte (Foto: Bhekikhaya Mabaso/ANA)

“Ons moet almal wat plesier daaruit put om vroue te mishandel en te ondermyn, isoleer en verwerp. Terwyl Vrouemaand aanbreek, doen ons ʼn beroep op alle toonaangewende mans in die UDM om weg te beweeg van Holomisa se misoginistiese neigings. Hy moet veroordeel word deur alle Suid-Afrikaners wat daartoe verbind is om die demoon van seksisme en die onderdrukking van vroue uit ons samelewing te ontwortel,” lui die verklaring.

Die ANC het verseker dat hy bankvas agter Duarte staan en gesê Holomisa se twiet is ʼn groot belediging – nie net vir Duarte nie, maar ook vir vroue in die ANC-beweging asook Suid Afrikaanse vroue in die algemeen.

“[Duarte] se opofferings en bydraes tot die struggle vir vryheid en die heropbou en ontwikkeling van ons land kan nie geringgeskat of uitgewis word deur ʼn seksistiese etiket nie,” het die ANC gesê.

Holomisa het dit intussen op Twitter duidelik gemaak dat hy min gepla is oor die ANC se tirade. “[Duarte] dink sy het ʼn lisensie om ander te beledig en wanneer hulle reageer, speel sy die geslagskaart. Sy sal iemand moet kry om te boelie, nie vir my nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Melanie ·

Ek het baie meer respek vir ‘n ‘teagirl’ en sit eerder om ‘n tafel saam met ‘n lojale en hardwerkende ‘teagirl’ as om by dieselfde tafel saam met die leier van ‘n land wat almal mislei.

Maria Boshoff ·

Melanie, ja sowaar! Ramaphosa mag wél die land se “leier “wees, maar hy’s niks van mý nie.

Andre ·

As sy tee aangedra het is dit mos nie n verkleinering van vroue nie. Dit gaan seker maar net oor Skoenmaker hou jou by jou lees.

Jerry ·

Die korrupte ANC as n kollektief sal ten alle tye in die bresse moet tree vir mekaar en mekaar beskerm en Suid Afrikaners mislei mbt die ANC se georkestreerde bydrae tov Suid Afrika se afbreek en agteruitgang! Die ANC versprei dus doelbewus leuens namens hulle mede ANC kader deur haar kamtig te probeer voorhou as die uwe in heropbou en ontwikkeling! SA is agv die ANC as n kollektief en wat haar insluit, se heropbou en ontwikkeling, in die slegste ekonomiese toestand in die geskiedenis van die land en nog is dit einde niet! “Your gues is as good as mine, to where this all will end, if this bad situation is actually a good situation, according to the ANC”! Die ANC is dus inderwaarheid besig om die teenoorgestelde van goed, as goed voor te hou. So beinvloed en verander hulle die ongeskoolde massas se denkwyses!

marais ·

Napoleon het mos gese “an army marches on its stomach” die engelse sal seker dieselfde se van tee, wonder hoekom die ANC so “touchy” is oor tee!! Oops Engelse / Colonialisms, o, ja, ek verstaan nou.
Die ANC is absoluut “hilarious” as dit nie rassisme is nie, dan is dit seksisme. En die heel tyd voer die varkies hulleself net vet in “denial” van hoe ons mense, (wit, swart en “whatever”) struggle agv. hul onbeheptheid!! (Ja ek gebruik die word struggle, want dit beteken mos dieselfde as swaarkry).

Johann Jordaan ·

Ek dink ons beledig die tea girls as ons terugdink aan Duarte se tirade so ruk terug jeens ‘n joernalis!!

marous ·

Mense wat in glas huise bly moenie met tee potte gooi nie ….

koos ·

Jip ANC, as jy kan uitdeel moet jy kan vat ook. Tyd dat julle moet besef dat julle nie onaantasbaar is nie!

No Job ·

Heropbou en ontwikkeling van dieland? Waar gebeur dit? Ek sien net diensleweringbetogings en werkloses wat honger na die regerende party staar!

SjN ·

Ons speurtak hoof was vroeer jare die cleaner in dieselfde stasie.

Anne-Marie ·

ai tog….nerens praat hy van tea-girl nie….hy beduie net sy het die tee vir hulle gebring…seker op ‘n skinkbord….!!!

John ·

Maroela het nou net my punt bewys… Goeie aanvoeling vir gevaar.

Sarel Strydom ·

Speel die “Geslags”kaart intussen doe die ANC en verwante organisasies niks vir die beskerming van SA se vroue nie. Hulle gebruik soos gewoonlik die geleentheid as Politieke Propaganda.

Holomisa ·

Ek stem saam met Holomisa – SY wil beledigings uitdeel maar nie ontvang nie? sy het ook elk geval niks goed om van ons wittes te sê nie.

jakes ·

Die agbare Jessie Duarte is inderdaad deel van die struggle. Sy struggle om aanvaar te word deur Jan publiek. Eerstens moet sy haar bevoegdheid kan bewys dat sy wel die kennis en geloofwaardigheid het om die land se mense te dien. Om dit te bwys sal uiters moeilik wees, selfs onmoontlik. As die ANC reeds bewys het dat hulle total onbevoeg is om te regeer is dit dus glad nie verbasend dat hulle Jessie as n leier beskou nie.

Chris ·

Jy’s reg Jakes, onbevoeg is die woord wat hulle ( ANC ) reg beskryf ⌛

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.