Holomisa vra polisie moet Agrizzi-bewerings ondersoek

Die leier van die UDM, Bantu Holomisa, het ʼn beroep op pres. Cyril Ramaphosa en regter Raymond Zondo gedoen om die polisie en ouditeurs te vra om bewerings te ondersoek dat die ANC se ses mees senior leiers omkoopgeld van miljoene rande by Bosasa (nou African Global Operations) ontvang het.

“Die jongste skok in die staatskapingdebakel – dat sommige lede van die regerende party se topses glo persoonlik miljoene rande uit Bosasa se geldkoffers in hulle sakke gesteek het – gaan voornemende beleggers ongetwyfeld negatief beïnvloed,” het Holomisa gesê ʼn dag nadat die fluitjieblaser en voormalige Bosasa-bedryfshoof, Angelo Agrizzi, die bewering gemaak het.

“Die hele stelsel is besmet,” het Holomisa gesê.

Agrizzi het aan die kommissie van ondersoek na staatskaping, gelei deur Zondo, gesê hy weet van groot skenkings wat aan die topses gedoen is. Tussen R10 miljoen en R12 miljoen in tjeks is glo in ʼn stadium vir hulle gegee.

Oudpres. Jacob Zuma was die leier van die ANC in die tydperk waarna Agrizzi verwys. Die ander vyf lede van die party se topstruktuur was toe Ramaphosa as adjunkpresident, tesourier Zweli Mkhize, sekretaris-generaal Gwede Mantashe, sy adjunk Jessie Duarte en partyvoorsitter Baleka Mbete.

Holomisa het gesê die aanduiding dat Ramaphosa moontlik betrek word, dreig om die huidige administrasie te ondermyn.

“Die United Democratic Movement stel dus voor dat pres. Ramaphosa en regter Zondo dringend die polisie, die Valke en ʼn span forensiese ouditeurs betrek,” het Holomisa gesê.

“ʼn Dossier moet aangelê word sodat die Nasionale Vervolgingsgesag kan besluit of dié beweerde skurke vervolg kan word.”

Die ANC het die Zondo-kommissie gevra vir die geleentheid om Agrizzi in kruisondervraging te neem oor die bewerings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Santie ·

Mens skrik as jy sien hoe die geraamtes nou sommer self uit die kaste begin klim. Maar mag ons uiteindelik agter die volle waarheid kom, al maak dit die land ook seer.

Alida ·

Dis reg die sweer is nou halfpad oop druk hom uit en reinig dit.

Helena. ·

Sal goed wees om te weet wie was bevoordeel..wie sal nee sê vir n paar miljoen. Miskien het UDM leier n punt beet.

marous ·

Waarom moet daar gevra word ? Want die hoofman se naam is ook genoem en hulle sal absoluut niks daaraan doen nie .

willem Botha ·

Dit moet vanselfsprekend wees dat die polisie dit moet ondersoek maar dit beteken werk en die sapd is nie bekend dat hulle lief is vir werk nie.

Oupa D ·

Tipies ANC. Nou wil hulle kruisondervra? Hulle is almal deel van die diefstal! ERKEN dit en doen die regte ding – bedank! Maar nee, geen eer en integriteit!

Mariana ·

Dit is ongelooflik hoe groot die blik wurms is, elke dag iets nuuts. Dit is net as of daar geen einde aan die korrupsie is nie. Hoe kan ons as burgers van hierdie land dit langer toelaat dat die ANC en kie hul self verryk. Hulle was en is en sal nooit ‘n goeie regering kan wees nie.

Dereck Le Roux ·

Ek is glad nie verbaas of verstom deur die aantygings nie en ek glo dit is betroubaar maar wat ek dink en wat die vervolgings gesag dink is twee verskillende dinge.

Jerry ·

Hoekom moet dit nodig wees om die polisie te vra om bewerings in hoeprofiel sake te ondersoek. Dit is mos veronderstel om outomaties te gebeur of dan ten minste van die minister af! Jy kan mos nou nie wag vir n klaer nie, want die Zondo kommissie is deur die staat aangestel en dus is die staat die klaer. Die polisie moet wakker skrik of dalk is daar vir hulle gese om te wag totdat iemand eers kla! Dit is net soos betogings en EFF radikales se optredes waar die polisie versuim om op te tree en wag totdat daar eers genoeg skade aangerig is! Elemente van die regbank, wetstoepassing en wetstoepassers is stadig maar seker besig om die appelkar om te gooi ten gunste van misdadigers en radikale opstokers!

Alida ·

As dit ek of jy was sou ons name op die voorblad gepryk het. Hoekom nou nie hierdie top ses ontbloot nie?

Alida ·

As dit ek of jy was sou ons name op die voorblad gepryk het. Hoekom nou nie hierdie top ses ontbloot nie?

stephenm ·

Ek kan nie glo dat net BOSASA die enigste maatskappy is waar hierdie tendense ook hoogdy gevier het nie – of doen nog steeds. Hierdie land van ons is is besig om te vrot tot by die wortels….

ne ·

Die tot ses het baie om te verduidelik. Maar of ons OOIT die waarheid sal uitvind is ‘n goeie vraag. anc korrup!

alida ·

Die DA en COPE moet die UDM nou steun en druk op hulle plaas.

thelsa ·

As jy die ANC se lys met kandidate vir die 2019 verkiesing vir Mnr. Agrizzi gee sodat hy kan afmerk watter persone geld by Bosassa gekry het, gaan daar bitter min name oorbly wat nie ‘getick’ is nie

Nico ·

Agrizzi het die vuvuzela hard geblaas en oral peul die wurms uit die houtwerk.

Alida ·

Agrizzi moet net sorg dat al die relevante bewyse op verskillende plekke gestoor is want sy lewe is in gevaar. As hy te naby die top ses kom is sy doppie geklink.

Koos de Meyer. ·

Waar dit gaan eindig is ‘n goeie vraag. Elke dag nuwe bedrog en korrupsie in die media. Ambassadeur se vrou, R1.2 mil se spook onderwysers die nuutste.

Gert van Wierdapark ·

Hoe ry die trein, hoe ry die trein, SA se Soustrein ! Hoor daar hoe stoom hy, opdraand en afdraand, SA se Soustrein (met apologie aan Kimberley se Trein).

Elsie ·

I have always said the whole of the ANC is involved. WHY did THEY not act against Zuma when the story came to light. They have protected him all along.
Udm the Da and Cope must stand together to insist on answers.

Jan ·

Moenie te gou bly raak nie, niemand sal hierdie 6 skuldig bevind nie, dit is die laaste wat ons sal hoor van die storie, kans is beter dat agrizza later onbevoeg en as leunaar sal bevind word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.