Hommeltuie, honde help soek na vermiste Gamsberg-mynwerker

Die Gamsberg-sinkmyn (Foto: Vedanta Zinc International)

Data, ingesamel deur middel van elektromagnetiese toerusting met behulp van hommeltuigtegnologie, word ontleed in die soektog na die mynwerker wat sedert verlede Dinsdag by die Gamsberg-sinkmyn in die Noord-Kaap vasgekeer is.

Vedanta Zinc International het Dinsdagaand gesê snuffelhonde word ook ingespan in die soektog na die vermiste mynwerker. Die soekgeselskap word sedert Maandag bygestaan deur ’n span van Kumba Iron Ore se Sishen-myn.

Grondstabiliteitsradars gaan ook gebruik word om grondstabiliteit in die skag te meet.

Die mynwerker is soek nadat ’n “geotegniese fout” by die westelike gedeelte van die suidelike skag van die sinkmyn aangemeld is.

Agt mynwerkers is dieselfde dag reeds na veiligheid gebring terwyl die liggaam van nog ’n mynwerker Donderdag vanuit die skag na die oppervlak gebring is.

Alle mynboubedrywighede by die Gamsberg-sinkmyn is tot verdere kennisgewing gestaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.