Hommeltuie ingespan in geveg teen stropery

'n Hommeltuig wat in die Krugerwildtuin getoets word. Foto: Lindi Masinga/ANA

‘n Hommeltuig wat in die Krugerwildtuin getoets word. Foto: Lindi Masinga/ANA

Die Krugerwildtuin en verskeie vennote gaan miljoen rande in tegnologie, waaronder hommeltuie, belê om stropers in die wildtuin op te spoor.

Volgens Otto Werdmuller Von Elgg, uitvoerende hoof van Unmanned Aerial Vehicle and Drone Solutions, sal sowat R16 miljoen hiervoor bewillig word. Werdmuller Von Elgg het gesê die hommeltuie gaan in die volgende 12 maande ingespan word om die doeltreffendheid daarvan te toets in die geveg teen stropery.

“Die tuie is onbeman en kan van enige plek in die park van ʼn afstand af beheer word. Dit kan vir sowat twee en ʼn halfuur aaneen rondvlieg om die gebied te deursoek vir stropers,” het Werdmuller Von Elgg Sondag aan die media gesê.

Hy het gesê Unmanned Aerial Vehicle and Drone Solutions is die eerste organisasie wat ʼn kommersiële lisensie bekom het om hommeltuie te bedryf. Dit gee hulle toestemming om hommeltuie verby die siglyn te bedryf.

“Dié tegnologie is steeds in ʼn vroeë stadium en sal na verwagting aansienlik verbeter. Dit is soos die selfoonbedryf, daar is dinge waaraan ons nog nie eens gedink het nie. Hommeltuie word reeds kleiner, ligter en goedkoper,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rupert Ashford ·

Kry van die wat die Amerikaanse weermag gebruik …

Bruce Stewart ·

There are cheaper ways to do this, although I’m not knocking the use of drones,
It needs to be investigated and opened to a discuss forum.
I have been trying to find a channel to discuss

Lou ·

Ten laaste doen iemand iets. Goed. Doet so voort. Is daar nie dalk ‘n beter naam as Hommeltuig nie? Dis so êrens tussen ‘n skaap en ‘n brommer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.