Hommeltuigfoto’s onthul ANC se mislukkings, sê DA

Perseel by die Dawid Kruiper-munisipaliteit (Foto verskaf deur die DA)

Die Demokratiese Alliansie het Donderdag beeldmateriaal vrygestel van ʼn ANC-munisipaliteit wat glo sy diensleweringsmislukkings probeer verbloem.

Flip van der Steen, hoofsweep van die DA in die Dawid Kruiper-munisipaliteit in Upington, sê die DA het die bestuur van die munisipaliteit op heter daad betrap waar hulle versuim om die toenemende agterstand te bestuur van diensvoertuie wat versien moet word.

“Die DA het al herhaaldelik gewys op die uitermatige agterstand in die verkryging van voertuigonderdele, maar die munisipale bestuurder ontken dat daar ʼn agterstand is. Hy beskuldig die DA daarvan dat ons stories versin.”

Beeldmateriaal wat vroeër vandeesmaand deur ʼn hommeltuig van die munisipale erf verfilm is, is egter bewyse van die ware verhaal, sê Van der Steen.

“Vragmotors staan verlate terwyl dienslewering in en om Upington versuim word. In sommige gevalle is dit so maklik soos om net ʼn pap band te vervang wat dienslewering al maande lank ophou. Net so met ʼn vullisverwyderingsvragmotor.”

Van der Steen meen die probleem is meestal die onvermoë van munisipale beamptes wat in die aanskaffingseenheid werk en geen kennis het van voertuie of voertuigonderdele nie. “Verkryging van die onderdele is nooit afgehandel nie. Die agterstand van uitstaande verkrygings het vroeër vandeesmaand op 900 gestaan.”

Volgens hom staan die ANC-munisipaliteit met hul arms gevou en die agterstand raak net al hoe groter, in plaas daarvan dat hulle die DA se voorstel, naamlik om mense met die vereiste voertuigkennis aan te stel, aanvaar.

“Die enigste lewensvatbare uitweg nou is vir die inwoners van Dawid Kruiper en munisipaliteite landwyd om te aanvaar dat die ANC misluk het, asook om verteenwoordigers by die stembus uit te stem en met ʼn bekwame DA-geleide regering te vervang. Die DA het dit in sy manifes uiteengesit dat dié party dienslewering wil herstel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Buck ·

Munisipale werkers moet gemonitor word. Hier by ons ry hulle die voertuie op vir privaat gebruik, dit nogal terwyl hulle veronderstel is om te werk. Geen verantwoordelikheid nie, maar wil elke jaar verhoging kry

Misky ·

Die resultaat van BEE. Dis mos makliker om ‘n nuwe een te koop as om reg te maak en onderhou
#proudlysouthafrican

Friedrich ·

Ek stem eerder vir die United Independed Movement @UIMSouthAfrica. Hulle gaan dinge laat gebeur, en ophou om net te praat daaroor.

JohanR ·

Soe die @UIMSouthAfrica kry 3500 stemme. WAT gaan daai party vir SA kan doen, Hy het nie ‘n munisipaliteit nie, of ‘n teenwoordiger in die parlement?

Mariana ·

So lyk dit by meeste ANC munisipaliteite. Maar die kiesers wil dit blykbaar net so hê……anders is daar mos niks om oor te betoog nie.

Androclus ·

Nee wat hulle wil net op en af loop sit en eet en slaap,gaan huistoe met blink stewels en ‘n skoon oorpak wat hulle soms vir ander rondlopers gee.

Willem Wikkelspies ·

Hommeltuie .. mm .. wat ‘n fantasiese idee! Sit ‘n groot skerm TV by verkiesing op en laat ‘n hommeltuig lewendige data uitsaai terwyl dit rondvlieg waar die brandpunte is. Geen verdere politieke veldtogte of moeite nodig nie!

Marius ·

Viva ANC,Viva kaderontplooing….Viva…Volstruis maniere….dink as hy sy kop wegsteek(hul bly net ontken)gaan niemand hom sien nie(steek hul hul onvermoë om te regeer weg)

Ian ·

Ek gee nie om wie nou aan bewind kom nie. Stel net bekwame mense aan en hou op om BEE en persentasie stelsel te implimenteer. Ons is Suid Afrikaners en ons wil almal saam werk om die land weer op te bou en almal wat korrup is moet tronk toe

Johann ·

Ons kan Foto Albums maak,Videos, Vol lengte Flieks….. ANC se kind steur hom nie daaraan nie. Verhewe bo logika as dit kom by diens en herstel en instandhou en beplan. VAT EN GRYP vir NOU is al wat saak maak. En die ongeskoolde massas wat agter hom aanloop vir n TSHIRT en KOS PAKKIE en GRANT.

Tiptol ·

Johann, jy kon dit nie beter stel nie. Ek dink net nie hul is verhewe bo logika nie, hul weet nie wat dit is nie.

sopbeen ·

Daar is jare lank orders uitgereik teen die voertuie vir herstelwerk en dienste inruil vir gunsies en gawes

Stoffeltjie ·

Wat ‘n goeie ding. Hommeltuie kan gerus al die werwe waar staatsvoertuie gehou word, asook elke munisipaliteit sin, besoek. Hospitale inkluis. Hierdie is maar ‘n klein deeltjie in ‘n baie groot atmosfeer.

Erika ·

Die Volgende Stap Gaan ANC strenger Maatreels instel oor Hommeltuie….-oor “misbruik” daarvan LOL

Casper ·

Die DA kan maar spioeneer nes hulle wil hulle is besig met verkiesingspropaganda.Our People is nou al ingeburger in die kultuur van alles is gratis dat niemand dit sal kan omkeer nie.

SjN ·

By die een munisipale parkeer area is daar seker 20 soorgelyke ambulanse wat in onbruik verval het, ek kan my nie vertel hul kan n paar herstel deur van ander parte te gebruik nie, soos bv die een se diff het gestrip terwyl n ander een se neus gestamp is.

Toy ·

‘n Skande dat als so agteruit gaan en daar word vet salarisse verdien.

Martie Smartie ·

Kan die DA asb hulle hommelbytjie stuur hier na Centurion, veral oor Rooihuiskraal area, dat die land kan sien watse varkhok en geplakkery dit is deur smouse. Dis nou n DA geleide munisipaliteit. Die ANC het seker nie geld vir n hommeltjie nie so die DA moet maar hulle eie gebruik. En emails na die burgermeester en wyksraadlid vd DA help niks, hulle ignoreer jou flat-out

Filistyn ·

Onefektiewe personeel. Vervang hulle met mense wat wil werk.

Johan ·

Indien Upington en ander Munisipaliteite wat uitdagings het regtig wil sien hoe ‘n vloot voertuie bestuur behoort te word, besoek Staatsmotorvervoer Handelsentiteit, Wes-Kaap.

Francois ·

En steeds sal die mense wat ‘n verskil kan maak net aanhou kla op openbare/sosiale media, maar nie van hulle jis afklim om die onbeheptes te gaan uitstem nie.

Jannie van Niekerk ·

Maak jniue saak wat die DA sê of doen nie, die spul gaan maar net weer ANC of EFF stem, (IK probleme?)

Hendrik ·

Baie goeie idee. Die volgende is stuur hommeltuie oor die geplunderde plase wat alreeds jare in hul besit is en gebruik dit wanneer Solidariteit buitelande en VO besoek.

Hasie ·

Asb moenie jul oë glo ni Dit lieg vir jul . Daardie is als prentjies uit ‘ n boek. …..( Sarkasties)

Yvonne ·

Almal weet dit ……as dit net kan lei tot n verskil in die toekoms…..probleme van die ANC word daagliks onder die mat ingevee…tragies

JAN ·

Die oplossing? Vra die weermag. Brand al jou vlenters voertuie uit, dan wys die vinger nie meer na swak beheer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.