Homo naledi se ouderdom bekend gemaak

Foto: ANA

Wetenskaplikes het Dinsdag bekend gemaak die nuwe fossielvonds, Homo naledi, het saam met vroeë bewoners van Afrika, die Homo sapiens – wat die direkte voorouers van die moderne mens is, gewoon.

Senior staatsamptenare, insluitend die Gautengse premier David Makhura, akademici, studente en plaaslike en internasionale media het Dinsdag by Maropeng in die Wieg van die Mensdom byeengekom waar wetenskaplikes onder leiding van die bekende Wits-professor Lee Berger aangekondig het dat die Homo naledi-spesie ongeveer 300 000 jaar terug aktief was.

“Sedert die ontdekking van Homo naledi, was die grootste vraag hoe oud die spesie is. Vandag is ek bly om mense te kan vertel dat ons die eeu van Homo naledi kan bekend maak,” het Berger gesê.

Hy het gesê Homo naledi kan teruggedateer word tot by 236 000 tot 335 000 voor die hede.

Volgens die wetenskaplikes is die ouderdom verrassend jonk en plaas dit die spesie op ʼn tyd en plek wat langs die voorvaders van die moderne mens is. Dit is die eerste keer dat daar gedemonstreer word dat ʼn ander spesie langs die eerste mense in Afrika oorleef het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.