Hond betrap tiener-huisbreker in stort

DIe polisiehond Cylo (Foto: SAPD)

ʼn Polisiehond het Saterdag ʼn 13-jarige huisbreker in sy spore gestuit toe hy en twee van sy makkers ʼn huis in Port Elizabeth probeer beroof het.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, sê die polisie se K9-eenheid en ʼn veiligheidsmaatskappy is omstreeks 11:30 in kennis gestel van ʼn alarm wat by ʼn huis in die De Mist Cres-woonstelkompleks in Bluewater Bay geaktiveer is. Volgens berigte was die eienaar nie tuis nie en was die vermeende diewe nog in die huis.

Die gesteelde goedere wat teruggevind is (Foto: SAPD)

Die polisiehond Cylo het die huis deur ʼn venster binnegegaan en dadelik badkamer toe gehardloop. Daar het Cylo die tiener-huisbreker in die stort aangetref. Hy het sakke vol gesteelde goedere in sy besit gehad.

“Die tiener is in die sorg van ʼn familielid geplaas en hy sal volgende Dinsdag in die jeughof verskyn op aanklagte van huisbraak,” sê Naidu.

Die polisie is steeds op soek na twee ander verdagtes wat met die huisbraak verbind word. Ondersoek gaan ook voort om vas te stel of die verdagte met ander huisbrake in die omgewing verbind kan word.

Volgens die polisie het die diewe toegang tot die huis verkry deur tussen die diefwering deur te druk. Die polisie raai huiseienaars aan om seker te maak dat hul diefwering veilig aan die venster se struktuur vasgemaak is. “Eienaars moet ook seker maak dat die spasie tussen die diefwering smal genoeg is om te voorkom dat iemand daardeur kan klim.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Boer

Gr 8 oubaas se Honne!!!!!!!!!!!!!!!!!

Antoinette

Goeie genugtig – 13 jaar oud. ‘n Goeie pak slae deur ‘n hofordonnans soos in die ou dae behoort hulle net goed te doen. Maar deesdae is dissipline mos verbode. Geen wonder dit gaan soos dit gaan nie.

Dries

Klein maar getrain? om te roof.

Henk

Gee vir daardie hond n GROOT steak, die area waar ons bly loop gereeld deur onder huisbrake en hulle wissel vanaf 13jaar tot 17jaar oud ,hulle word erfspringers genoem. Dit is vreeslik moeilik om hulle te vang asgevolg van dat hulle bitter jonk en fiks is, hulle verdwyn soos mis voor die son.

JM

Volg die voorbeeld na wat vir hulle gestel is. Eerlikheid, wat is dit?