Honde byt NZ-dogtertjie 100 keer

hond byt

Argieffoto

‘n Sewejarige Japannese dogtertjie in Nieu-Seeland is deur vier honde aangeval en omtrent 100 keer gebyt.

Zac Moaveni, ‘n plastiese en rekonstruktiewe chirurg in Auckland se Middlemore Hospitaal, het Vrydag gesê die dogtertjie, Sakurako Uehara, sal waarskynlik herhaaldelik chirurgie nodig hê tot sy ‘n volwasse vrou is.

Die dogtertjie is in ‘n kritieke maar stabiele toestand. Volgens die polisie is sy Maandag deur vier Staffordshire-boerboelkruisings in die dorp Murupara op die Noord-eiland aangeval terwyl sy saam met haar ouers gekuier het by die mense aan wie die honde behoort.

Die honde is van kant gemaak.

Besorgde inwoners het meer as NZ$100 000 sowat (R900 000) ingesamel om die gesin te help. Die polisie ondersoek tans die saak om te bepaal of daar kriminele klagtes teen die eienaars of iemand anders gelê sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

AmY ·

Sjoe!!! Ek sal nooit met by mense kuier as ek kinders het, en hulle het sulke gevaarlike honde nie. Dis moeilikheid soek. Sterkte aan die klein meisietjie. Haar pad na hertsel gaan LANK en DUUR wees.

Linda ·

Ja ek raak so woedend kwaad as mense nie die honde rasse suiwer hou nie – het baie jare Staffordshire Bulterries (STAFFIES) gehad. As jy van honde aanvalle hoor dan was dit ń gekruisde ras.
Sterkte vir almal betrokke!

Elsa ·

Dit is omdat die honde in NZ in sulke klein plekkies gehou word. Honde in NZ het regtig n honde lewe en ek glo dit is hoekom hulle so ekstra argresief is.

challey ·

sal graag wil weet wat is die storie agter die storie is , as die honed uitgesit is oor die rede dat die meisiekind dalk hulle getrat het is dit baie hartseer honed byt nie sommer nie daar moet n rede agter dit wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.