Hond doodgeslaan na hy glo bok byt

Max

Max

WAARSKUWING: Die foto onderaan die berig kan sensitiewe lesers ontstel.

’n Gesin van Witrivier in Mpumalanga se tweejarige poolhond is doodgeslaan nadat hy glo die bure se boerbok gebyt het.

Marius Kotze, wat saam met sy vrou en twee kinders op ʼn hoewe in Witrivier woon, het aan Maroela Media gesê een van sy werkers het Dinsdag vir hom gevra waar is Max nadat hy ʼn hond hoor tjank het. Kotze het gaan ondersoek instel nadat hulle nie die hond kon vind nie.

“Ek het gesien hoe drie mans op die plot langsaan ʼn hond met stokke en pype slaan in ʼn buitegebou. Ek en my werkers het vir hulle geskree om op te hou om die hond te slaan. Ek het besef dis Max waarna ek die polisie en die Dierebeskermingsvereniging gebel het.”

Volgens Kotze is hy saam met polisiebeamptes en ʼn verteenwoordiger van DBV na die bure se plot waar hulle vir Max gevind het. “Ek was histeries gewees. Max se gesig was vergruis. Ons het hom na ʼn veearts geneem wat vir ons gesê het Max het in sy eie bloed verdrink nadat ʼn rib sy longe deurboor het.”

Die buitegebou waar Max doodgeslaan is

Die buitegebou waar Max doodgeslaan is

Die Kotze-gesin het drie poolhonde en woon langs die Ilanda-gastehuis. Mildred Spahn, eienares van die gastehuis, het aan Maroela Media gesê hulle het ʼn paar bokke en ʼn vark op hul hoewe. Sy beweer Kotze se honde het die afgelope paar maande twee bokke doodgebyt en die vark ook aangeval. “Ons het verskeie kere na die Kotze-gesin uitgereik in ʼn poging om die situasie op te los maar ons is net geïgnoreer,” het sy gesê.

“Ons het gevrees vir ons eie veiligheid aangesien dit aggressiewe honde is wat al voorheen diere doodgemaak het en aangesien ons ʼn nalatige buurman het wat nie bekommerd is oor die welstand van ons diere of ons veiligheid nie. In die proses om ons bokke te bevry het ons een van die honde noodlottig gewond.”

Volgens Spahn moes hulle die bok wat glo deur Max gebyt is, van kant maak. “Ons betuig ons meegevoel aan die Kotze-gesin. Ongelukkig het ons ʼn gekoesterde lewe geneem weens die bedreiging aan ons diere, veiligheid en eiendom. Ons is ook hartseer oor die verlies van ons drie bokke – waarvan een dragtig was.”

Kotze het egter ontken dat Spahn sy gesin enigsins gekontak het oor die beweerde probleem met sy honde. “Hulle kon my genader het. Ek sou hulle vergoed het vir die bok of hom veearts toe geneem het.” Volgens Spahn het sy SMS-boodskappe aan Kotze gestuur en ook met van sy werkers gepraat.

Die polisie ondersoek die saak.

Max nadat hy doodgeslaan is.

Max nadat hy doodgeslaan is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

hein botha ·

Man in die eerste plek is dit n lafhard wat die hond doodgeslaan het…bel eerder dbv…maar nee…hy sal vinnig n ander deuntjie sing as ons sy hond doodslaan…of hom

amanda ·

Ek is sooo kwaad, as jy kwaad is vir jou bure of wie ookal se hond, bel die dbv of polisie of iets. Maar jy gaan slaan NIE DIE HOND DOOD NIE!!! Dis barbaars. Wens ek kan daai wetters in die hande kry…ek sal hulle laat voel hoe die hond moes gevoel het.

Eurika ·

Tipiese pshycopath!!!! Moor sonder om ‘n oog te knip en kruip dan agter sy vrou se rokspante weg! Lafaard!!!

John ·

Erens is daar ñ klankie aan die storie. Daar waar die hond se eienaar geken is en so ook die telefoon nommer, wil dit blyk asof hier ñ daad van diere mishandeling gepleeg is. Wie is verantwoordelik vir die heining soos in die geval, ñ gastehuis? Geen gevaar kan vanself dreig indien dit nie geskep word nie. Geen hond sal aanval indien daar nie ñ situasie geskep word waar die natuurlike omgewing van die hond versteur eord nie.

Riaa ·

Geeen geen aksie regverdig hierdie tiepe reaksie nie, daardie woef het nie verdien om so dood gemaak te word nie ongeag wat hy gedoen het, ek hoop daardie mense se gewete ry hulle geen dier ongeag wat gebeur het of wat hy gedoen het verdien om so dood gemaak te word nie

Elza ·

Ek dink daardie gaste huis moet geboikot word. Ek sal nooit sulke wreede mense ondersteun nie. Die arme hond. Al het hy wat gedoen het hy nie verdien om dood gemartel te word nie. Geen lewende wese verdien dit nie.

Elizabeth ·

Di gastehuiseienaar “betuig meegevoel” met die hond se eienaars! Hoe belaglik! Hierdie kon MAKLIK op ander maniere opgelos word. Selfs al het die hond se eienaar “niks” aan die saak gedoen – as jy as gastehuiseienaar dan so bekommerd is oor jou veiligheid kon JY mos iets daaraan doen, bv hoë drade of elektriese omheidning – daar is tonne ander oplossings! Om ‘n hond dood te SLAAN met pype en goed is net BARBAARS! Ek sal beslis aan almal wat ek ken hiervan vertel en glo my so kry mens gou ‘n “naam”. Ekself sal NOOIT in Ilanda gastehuis tuisgaan al is dit die laaste plek met beskikbare verblyf in daardie area! SIES vir julle!

Marsha ·

As hy so lief is oor sy diere hoekom sal hy n dier dood slaan.. bog man geen respek vir geen soort… hoop hulle sluit hom toe en gooi die Sleutel weg.

quacker ·

Ek sal nooit daardie gastehuis ondersteun nie. Ek sal ook my wye vriendekring afraai om dit te doen! Hoe de hel probeer jy jouself regverdig deur ‘n dier DOOD TE SLAAN???? Jy is ‘n misbaksel, onopgevoed en geen liefhebber van diere nie!

Sollie ·

Skande! Absolute wreedaardige barbaarsheid. Verseker gaan almal wat ek ken hoor van ILANDA Gastehuis se wrede eienaars. MOET HUL NIE ONDERSTEUN NIE!

Asjas ·

Die gastehuis se storie is ‘n blatante leun! Hoe vergruis jy “per ongeluk” ‘n hond se skedel in ‘n hoek van ‘n skuur? Bog, twak, leuns! Gastehuis kan maar sy deure toe maak, hy het sy eie besigheid gekelder met sy wreedaardigheid. As jy bokke aanhou, sit gepaste heinings op, die hond het maar net gedoen wat in sy natuur is maar sou nie mense aanval nie! Jul lewens was nie in gevaar nie, as julle so gedink het sou jy die Polisie, DBV en die eienaar op die regte manier gekontak het. Julle het reg in eie hande geneem en nou probeer jy dit toesmeer met leuns, en nie baie goeie leuns nie. Ek hoop jy gaan tronk toe vir wat jy gedoen het en ek hoop die gemeenskap draai hul rug op jou.

Renee ·

Stem saam die gastehuis kan hulle nie n’ gastehuis noem nie, eerder n, moordhuis want mense wat diere so wreed slaan verdien nie n’ boete nie, hulle verdien om op dieselfde manier doodgeslaan te word

Tammy ·

Julle barbare!!! Hoe kan julle n dier so wreed dood slaan? Ons het 300 mense wat vir ons werk en ek sal dit my plig vir 2015 maak om hulle te oortuig om nooit ooit julle gastehuis te ondersteun nie. Selfs nie eers hulle families of vriende van hulle families sal julle ondersteun nie . Daarvoor sal ek hard werk. Julle het geen bestaansreg as n besigheid waarheen mense gaan om in rus en vrede te bly nie. Wanneer word n gas een van julle volgende slagoffers as julle so n moorddadige natuur het.

Nadine ·

Vieslike skuim, gemors van die aarde!Duiwelse skeppings!Mag julle kry wat julle toekom, ek glo dit sal nie hier gelos word nie. Wreedagtige barbare gedreksels!!!! Net God sal my hande kan vashou as ek julle ooit moes teekom….. My bloed kook behoorlik!!!

Neptunus ·

Vir ‘n mens om ‘n mak dier dood te slaan is op die oog af ‘n afskuwelike daad. Dit sal egter insiggewend wees om te hoor wáár die ander diere aangeval is: op die perseel waar die hond se eienaar hom aanhou, of op die perseel van die gastehuis? As die hond rondloop weens sy eienaar se versuim om hom agter ‘n heining te hou en dan skade aan ander mense of diere aanrig kan hy maar van kant gemaak word – verkieslik op ‘n meer genadige wyse. Dis sommer twak dat honde op straat drawwers jaag en probeer byt, so hond behoort in die stof te byt en dis sy eienaar se skuld.

rosetta ·

GEEN DIER verdien dit nie !!!!! Ek hoop die “mense” kry n boete vir wat hulle gedoen het. Ek haat dit as diere so mishandel word! Mense wat diere het en dit gebeur moenie eers kinders he nie !

Maureen ·

Dit vat ‘n spesiale tipe waansinnigheid om ‘n dier dood te slaan! Die persoon kan sonder om ‘n oog te knip ‘n mens dood maak.

richard webb ·

Was the spca ever informed about the dog attacking the livestock? or the police? To beat a dog to death is sick!!…i shall never support this guest house!!

Vicky ·

Hoop jy kry jou straf, om ‘n dier so te mishandel, nee wat bly maar leke in jou gastehuis, daar was ander maniere gewees!

pop ·

Sy maak nie verskoning nie,net regverdiging vir n baie bose daad. Ek gril tot in my haarwortels. Ek gaan oor 2 weke op verlof en gaan beslis n draai by mev Mildred gooi. Wil sien hoe lyk die duiwel se vrou, Het altyd gewonder.

Lilla ·

Mr Sphan for killing that dog is the spawn of the earth and we should give him to the muslims as they know how to deal with offenders not the stupid justice system we have here

Chris ·

Wat n klomp snert!!Hartseer oor hulle 3 bokke? Ek sien op die internet die Spahns het die bok wat in die been gebyt is se keel afgesny en geeet! Hulle het die bewysse opgeeet! Hoe voel jy hartseer oor jou dier, slag hom en eet hom dan?! Spul barbare! Mag die Liewe Here my bewaar, want as dit met my honde moet gebeur sal ek beslis moord pleeg! Rus in Vrede Max. Xxx Ons sal baklei vir geregtigheid vir jou.

Amelia ·

Rus in vrede Max!
Die hele gemeenskap, wêreld staan saam en sal sorg dat die demoniese spahns kry wat hulle toekom.
Ek is mal oor die Muslem idee,…….. ek hoop net ons sal ook agterna die foto’s kan sien van wat oor sal wees van die spahns nadat daar met hulle afgereken is, net soos die foto’s van MAX SE BEBLOEDE LIGGAAM GEPLAAS IS……

Stella ·

Dit is verskriklik. Hierdie “mense” moet in die tronk gesit word om te verrot, verwyder hulle so uit die samelewing. Ek dink nie ek sal veilig voel langs sulke mense nie!!! Ek is so hartseer dat iemand so-iets aan ‘n onskuldige Siberian Husky doen. Ek het vier Huskies en hulle is beslis nie wreedaardige diere nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.