Hond glo geskiet ná krapmerk in gesig

Argieffoto: https://pixabay.com

Argieffoto: https://pixabay.com

ʼn Boer van die Grootbrakrivier-omgewing in die Wes-Kaap het Maandag in die Mosselbaai-landdroshof verskyn nadat hy na bewering ʼn buurman se hond doodgeskiet het.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het gesê Johan Janse van Rensburg (33) staan tereg op aanklagte van opsetlike saakbeskadiging, dieremishandeling, die afvuur van ʼn vuurwapen in ʼn beboude gebied en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

Volgens Pojie het die voorval Sondag omstreeks 05:45 op die plaas Molerivier in Grootbrakrivier gebeur. “[Janse van Rensburg se] ma en seun het glo die vorige dag by die klaer se plaas gekuier. Daar word beweer dat die seun met die hond gespeel het en dat die hond die seun se wang met sy poot gekrap het, wat krapmerke op sy gesig gelaat het. Die klaer het dadelik die seun na die plaaslike dokter geneem vir behandeling,” het Pojie gesê.

Janse van Rensburg het die volgende oggend met ʼn haelgeweer na die plaas gegaan waar hy na bewering die hond geskiet en die karkas agterop sy bakkie gelaai het voordat hy weggery het. “Die karkas is later deur polisiebeamptes gevind en aan die Dierebeskermingsvereniging (DBV) oorhandig om ondersoek te word,” het Pojie gesê.

Nadat die klaer die saak by die polisie aangemeld het, is Janse van Rensburg in hegtenis geneem.

Maroela Media verneem Janse van Rensburg is gister op borgtog van R3 500 vrygelaat. Volgens Pojie wag hy egter vir die dossier om terug te kom van die hof af voordat hy die gebeure by die hof kan bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Esna Brand ·

‘n Krap… Regtig? Goeie hemel wonder hoeveel mense ook dan uitgesit moet word…

Rachel Kapp ·

Liewe aarde tog…. ñ Hond doodmaak vir ñ krapmerk wat alreeds behandeling gekry het? Dit is totaal malligheid. Dan moes ek al van al my honde ontslae geraak het vir krapmerke. Iets is nie pluis omtrent die mnr se optrede nie….. Daar is ñ slang in die gras…..

Siek ·

Dit is absoluut SIEK. ‘n Hond sal krap as hy met ‘n kind speel, hoekom los jy die hond by die kind as jy nie wil he jou kind moet ‘n krapmerkie kry nie?. Jy is WREED en glo my jy sal net so wreed aan jou einde kom. Moenie dan kom simpatie soek by die media nie. Hy sal weereens nie veel straf ontvang nie, dis mos ‘n grap om ‘n dier dood te maak of te vermink in SA. Want dis net ‘n HOND, ‘n DING!! Die wiel draai van Rensburg, die wiel draai!

CQ ·

Jou vieslike mens! My hond het my ook al in die gesig gekrap nadat ons MET MEKAAR GESPEEL het. As jou kind se maatjie hom perongeluk seermaak tydens n speletjie, gaan jy die maatjie ook skiet?

Kobus ·

Dit is uiters lagwekkend…om n hond te skiet….natuurlik sal daar naelkrappe wees as daar rof gespeel word…n hond kan nie sy naels intrek soos n kat…mag hy swaar gsstraf word

Landi Maree ·

Ek dink persoonlik hy hoort in di tronk
Honde sal krap as hulle speel
Hy kan bly wees dis ni my hond wat hy geskiet het ni hy sou di son ni sien opkom het ni. Sy oe sou dae lank toe gefoeter gewees het sommer kruppel ook

Yolanda ·

Ek moet nie so tiepe persoon in die hande kry nie, sal nie verantwoordlik gehou kan word vir my dade. Ek glo daar is n spesiaale plekkie ini hel vir so tiepe mense…

Penellope Jones ·

Ai ounooi, jy het heelmoontlik net lekker saamgespeel!

Tina du Toit ·

Stem saam met jou m. Trigger happy ja. Dis sulke mense wat nie in besit moet wees van vuurwapens nie. Dit was wragtig onnodig.

Lee-anne ·

ja maar nou ook nie nodig om wraakgierig en ongeskik te raak nie.

cynthia ·

die arme hond, dit is so onnodig, daai man is n regte diere hater, dankie tog die wiel draai

Liza ·

Ag regtig dis nou blerry simpel om ‘n arme dier te skiet wat met die kind gespeel het ……
Ja nee agresiewe man die…….. dit was onnodig …..stem saam hy moet ook maar bietjie in die tronk gaan sit, sies man……..

Hendrik ·

as kind was my hond my beste speelmaat. ek het baie dik krapmerke op my ams gahad en aan my ore van sy pote en tande. Hy het nooit regtig gebyt nie maar ons het dit albei baie geniet. somtyds het hy draaie gehardloop dat die stof staan van genot. nooit was hy eers geslaan of mee geraas nie. toe my beste maatjie dood is het ek snot en trane hehuil. nou word n maatjie sommer uit haat, lekker of plesier geskiet omdat hy sekerlik uit liefde met sy maatjie gespeel het. ek het nie woorde nie.

Koos1 ·

Die hele berig maak nie lekker sin nie. ‘n Plaas is mos nie beboude gebied nie, hoekom dan die klag? Of is net ek bietjie stadig?

Harambe ·

Jy’s reg. Ek dink hulle traai hom sommer van alles aankla waaraan hulle kon dink.

Freek ·

Perspektief asb mense.
Die krap was so erg dat die kind na ‘n dokter geneem moes word.
Daar word nie gemeld watse hond dit is nie (benewens die misleidende foto)
Daar word byna weekliks verslae ontvang van kinders wat ernstig deur honde beseer word.

Welliswaar reg in eie hande geneem om iemand anders se hond te skiet, maar hoe sou julle voel as dit julle kind was?

Lemoenkie ·

Rerig Freek,
my niggie was onlangs amper hof toe gesleep omdat haar hond die buurman se kind se vinger gebuit het. Sy moes die kind na ‘n dr neem en die Dr het self begin lag en vrae wat presies moes hy nou reg maak?! Tweedens dit kon op so baie ander maniere gehanteer word, ek het ‘n GSD en sy is nog baie klein (4 maande) sy het met my ook gespeel en my vinger gebyt dat die bloed loop… dit was vreeslik seer maar sy leer nog wat is saggies speel en wat nie, nou moet sy geskiet word?? Rerig dit was nie nodig van die man om die hond te skiet nie of dit nou ‘n pitbul was of ‘n worshond.

Andrea ·

Ag rêrig Freek?!
Die hond het met die kind GESPEEL. As dievhond aggressief was, sou hy die kind GEBYT het.

Theresia ·

Jy is seker regtig nie ernstig met jou kommentaar nie?????? Om ENIGSINS krapmerke veroorsaak deur n spelery te vergelyk met n aanval, is absoluut verregaande!!! Ooglopend is jy nie n diereliefhebber nie en het seker nog nooit n hond besit of met een gespeel nie.

Koos1 ·

Skuus, ek wil net dit ook vra: Die klaer se ma en seun het daar gekuier, en die hond is eers die volgende dag geskiet. (So die mense was bekend aan mekaar?)
Iets het gebeur tussen die mense deur die loop van die aand wat tot die voorval gelei het, maar dit word nie in die berig vermeld nie, en die hond het dit ontgeld!
Moet ons nou maar ons eie afleidings begin maak?

Danie ·

Die artikels merk nie hoe ernstig die besering was nie. Dit kan ook seker wees dat dit die soveelste maal gebeur het. Dit kan ook wees dat die mediese onkoste vir die soveelste maal net op die rekening van Janse van Rensburg was. Ek is nie heeltemal seker nie maar so ‘n onbgenullige krapmerk kan jou seker by die R1000 per geleentheid uitwerk (inspuitings, behandeling en nasorg) afhangende van hoe ernstig dit is. As jy nie ‘n mediese fonds het nie en dit nou al 6 maal (sê maar) gebeur het dan het jy al R6000 op die hond se goedige gekrap gespandeer.

CQ ·

Aggg asseblief tog! Dan laat jy nie jou kind daar kuier nie! Simpel verduideliking….simpel mense….

Danie ·

Dan gaan ‘n hele paar mense ‘n hele paar vriende verloor as mens suiwer daarop gaan dat as jou troeteldier my seermaak (maak nie saak hoe ernstig nie) kom kuier nooit weer by jou nie.

Lemoenkie ·

Danie, as jy deur ‘n dier gebyt word normaalweg kry ‘n mens ‘n bek en klou inspuiting die ding hou 5 jaar so of hy nou al 6 keer gekrap was of nie as hy dit eenmal gekry het gaan dit hom nie dood maak nie. Ek dink hoeka mense is hopeloos te kleinseerig, rerig ons het met erger dinge gespeel as kind en erger seer gekry my pa het nie die buurman gaan doodskiet nie, veral nie as ons daar gekuier het nie.

CQ ·

Danie, dink jy hierdie mense gaan na die skiet voorval weer vriende wees? Ek dink nie so nie. Daar is ander maniere om dinge te hanteer.
1. Jou redenasie in die 1ste plek het gegaan oor as dit meer as 1 keer (6× as ek jou voorbeeld reg onthou) dan kan die pa maar ongelukkig raak – en daarop is my antwoord gewees dat as jy nie daarvan hou nie, hou op kuier. Kry vriende met goudvissies!
2. As mense oor nietighede wil kwaadraak en begin skiet (dis net n krap op die wang nie n byt nie) dan WIL EK NIE hul vriende wees nie.

Bollabek ·

Dit is kommerwekkend hoe ouers toelaat dat hulle kinders met ander mense se honde speel. Maak nie saak wat die aard van die hond is nie, die kind ken nie die hond nie, die hond raak opgewonde en oorweldig. HOU JOU KINDERS WEG VAN ANDER MENSE SE DIERE , PUNT!

Helene ·

Die arme hond. Die man is sweerlik nie lekker nie. Die wiel draai. Ongelukkig is SA se wette so pateties wat diere betref.

Marita ·

Wragtig wat makeer die mensdom. Dit wil net doodmaak sover hulle gaan. Mense is besig om dit heeltemal te verloor!

miv ·

Tronksake, ongelisensieerde vuurwapen en sekerlik ‘n gevaar vir die samelewing met so ‘n vinnige vinger.

LS ·

Hoekom sou die klaer die seun na die doktor neem vir behandeling……ag siestog vir die beweerde krapmerke?

LeonR ·

Dr. Johannes Odendaal het geskryf,
Hoe meer kontak die dier met sy “speelmaat” het groter die “bond”.
My kat eet my vlenters, jag my, val my om elke hoekie en draatjie aan! Waar lê hy as ek voor my rekenaar sit, in sy laai wat ek vir hom berei het. Wie kom roep hy as hy wil eet, waar slaap hy, styf teen my. Kollegas het al gevra of ek aangerand is met die merke op my arms, NEE, ek en my Kind speel.

Om ‘n dag later ‘n dier te skiet verdien geen genade nie. Voorbedoelde rade en nie op die ingewing van die oomblik nie, mnr. ek wens hulle sal my net 5 minute saam met jou in ‘n geslote kamer toelaat.
Jy kort hulp, ‘n kort tou!!

Harambe ·

Ek is vas oortuig dat as jy so reageer op wat die man aan die hond gedoen het, jy nie ‘n probleem kan he as die man so gereageer het op wat die hond aan sy kind gedoen het nie.

Sybil Fourie ·

Kan nie my oe glo……..bêre daai man weg en Gooi die sleutel weg……shame on him!!!

LeonR ·

Weer is my kommentaar verwyder, sal dit sagkuns stel, gee hom vir ons diere liefhebbers!!!
Sy gal sal loop!

Kobus ·

Ja LeonR….my kommentaar ook verwyder…en al wat ek probeer se het is dat honde nie hul naels kan intrek soos katte….as daar gespeel word…met volwassene of kind…die kans is groot dat daar n krapmerk of twee sal wees….maar ons seker onder sensuur LeonR….of die waarheid mag nie op skrif gesit word….se ook sluit die dwaas op wat die hond gsskiet het…..nou glo ek hierdie kommentaar sal nie verskyn…want ek het die skieter beledig….

Dibby ·

My kinders is al drie deur die bure se skaaphond gebyt, al 3 moes stele kry. Die skaaphond het uit ‘n duistere verlede gekom, en was maar onvoorspelbaar. Ons en bure het nooit baklei, die skaaphond is maar net eenkant gehou as kinders speel. No mess no fuss. My medies het betaal vir kinders se steke. Die skaaphond is later oorlede aan natuurlike oorsake as gevolg van ouderdom. My eie kinders sou bitter ontsteld gewees het as ons so Moe’s optree, deur hom net te skiet. Ons almal loop maar soms met letsels rond van ons diere wat rof speel. Self’s die hamster het ons al getand laat die bloed loop.. Soms.. Maak mense net nie reg nie..

Valie ·

Dis so vreemd dat honde en mense se geskiedenis al duisende jare saamloop. Vir al daardie jare het mense en diere saamgespeel, saamgejag, mekaar veilig gehou… nou is dit onaanvaarbaar as honde iemand per ongeluk seermaak of blaf. Siek wereld.

Magda ·

En so het ‘n krapmerk vir hom oneindig baie problem gegee. Nie daaraan gedink toe hy ‘n vuurwapen gebruik sonder lisensie dit hom agter tralies gaan laat beland nie.
Kry vir jou!!

Reynete ·

Jinne! Die polisie reageer vinnig op die klag! Plaas soek hulle skelms en moordenaars!!

anton ·

Nee dit sal hulle nie doen nie want dan moet hulle bietjie werk!
Baie makliker om so n rustige en maklike geval op te volg en te hanteer. No Sweat!!!
En dit is n blanke wat hulle nou kan vervolg daarby.

Liewe heksie ·

Ek sukkel nog om oor skok te kom van my buurman wat saterdag deur sy Rottweiler doodgebyt is maar die man is simpel verby om n hond te skiet oor n krapmerk regtig dit was nou nie nodig nie my hond krap my elke dag van blygeit as ek van die werk afkom maar ek bly lief vir haar

Boerboel ·

My eie kind is deur ons boerboel gebyt, ons het hom laat uitsit op veaarts se advies. Lang trane gehuil en by hom gebly tot op die einde. Skiet? Nooit!! Hy was goeie hond, iets het skeef geloop daai dag.

Cherokee ·

Waarskynlik hou die buurmanne nie van mekaar en het die hond daaronder gely.

Rob ·

Ja ek ken n man op witbank wat ook sy Bierman se hond geskiet het ,want die hond get sy seun gekrap toe hulle gespeel het .Sick mense.

Maria Van Dieweeck ·

Netnou doen hy dit ook aan n mens, klink of hy versteurd is. Sorry liefie woefels.

Peet J ·

Mnr. van Rensburg het seker die volste reg om sy kind se kant bo die van die hond te stel. Dink maar daaraan dat die kind dalk sy oog kon verloor het Maar beide families, kon sekerlik eers die aangeleentheid met die DBV bespreek het.
Volgens kennis kan ‘n persoon of sy vrou of kinders wat beseer word tydens hulle besoek aan ‘n vriend, buurman in ‘n woongebied, asgevolg van een of ander toedoen sê bv. skerp voorwerpe wat rond lê en mense kan beseer visdammetjies elektriese kabels, water putte e.d.m. mag die beseerde ‘n siviele saak teen die eienaar aanhangig maak.

Theresia ·

Daar’s n hewige verskil tussen n krapmerk en n ernstige besering. Die kind het nie n oog verloor nie. Hier was geen nalatigheid tersprake nie, net n gewone onskuldige spelery tussen kind en dier. Hierdie pa het oorreageer en iets anders het sy optrede getrigger. Arme arme onskuldige woef wat doodgeskiet is agv n uitbundige spelery. Mense oor die algemeen het deesdae min of geen respek vir enige lewende wese nie, lyk dit vir my.

lyn ·

Ek wens Maroela Media wil foto’s plaas van honde in Istanbul wat nie huise het en saans op straat met komberse toegemaak word weens ysige koue. Dis mos omgee vir diere. Wat gaan aan met sekere mense in ons land? Hoekom die hond skiet?

anton. ·

Ek persoonlik dink dat ons nie al die feite rondom hierdie geval het nie.
Daar moet baie meer agter die storie wees as wat ons hier lees.
Net die feit dat die man aangekla word van afvuur van vuurwapen in n beboude gebied terwyl die op n plaas plaasgevind het, laat my al klaar wonder.

Johannes Meintjes ·

Daar is tans meermale berigte van kinders wat skynbaar sonder toesig by honde in ander huishoudings probleme optel? Waar rus die probleem? By die hond, die ouers, die kinders of die honde se eienaars?

Lizelda ·

Snaaks hoe mense die siekste manier gebruik om aandag te kry. Ek voel verskriklik jammer vd hond en die hond se huismense maar in my opinie: Niemand het van Johan Janse van Rensburg geweet tot nou toe nie. Hy was n no body en gedink n geweer maak hom “magtig”(pleks hy hou die geweer aan vir die doel wat dit moet gebruik word) en nou is hy in die koerant en op almal se lippe. Seker wat hy wou gehad het… net siek aandag, siestog.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.