Hond gryp ‘rower’ tydens inbraak

Argieffoto: https://pixabay.com

ʼn Pitbull het Maandag in die vroeë oggendure tot sy eienaar se redding gekom toe gewapende rowers by sy huis in Port Elizabeth ingebreek en hom in sy slaapkamer oorval het.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê drie rowers het omstreeks 03:15 oor die muur by die huis in Noordeinde geklim en by die huis ingebreek. ʼn Buurman het gesien hoe die mans oor die muur klim en die polisie in kennis gestel.

In die huis het een van die mans huishoudelike items bymekaar gemaak, terwyl die ander twee na die slaapkamer is waar die 30-jarige eienaar geslaap het. “Hulle het die man met ʼn mes aangeval en ʼn struweling het ontstaan. Die eienaar se hond het die een verdagte aangeval, terwyl die eienaar met die ander een gestoei het,” het Naidu gesê.

Sy het gesê een van die aanvallers kon daarin slaag om uit die kamer te vlug. Hy en die aanvaller wat in die gang van die huis was, het die goed wat hulle bymekaar gemaak het net daar gelos en in die huiseienaar se VW Golf gevlug. Volgens Naidu het die derde verdagte egter geen kans gehad om te vlug nie aangesien die hond hom erg aan sy bene en aan sy oor gebyt het.

Die polisie was kort daarna op die toneel en het die 30-jarige verdagte in die huis in hegtenis geneem. Hy is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling, maar is later ontslaan en is tans in polisieaanhouding.

Drie verdagtes is omstreeks 06:30 in Bethelsdorp vasgetrek nadat die gesteelde Golf in hul besit gevind is. Die verdagtes, onderskeidelik 21, 26 en 29 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklag van besit van ʼn gesteelde voertuig.

Naidu het gesê dit word ondersoek of enige van hierdie verdagtes met die inbraak vroeër die oggend verbind kan word. Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

zahn ·

oubaas se honne!! Mooi so my ou honne!! dis hoekom ons julle aanhou.. ek hoop jy kry ‘n steak om daai smaak uit jou mond te kry..

Christo Louw ·

Sal die arme hond moet inspuit teen klem in die kaak

tom ·

Sy naam is hero en gee sy baas n bells hy het die hond in die huis laat slaap

Asjas ·

Sien laaste paragraaf …
Dit sal seker ondersoek word sodra hulle kon vas stel of die persone in besit van die gesteelde motor by die inbraak of by enige misdaad betrokke was.
Soms gaan die Polisie se denk wyses my verstand te bowe.
Ek is maar ‘n eenvoudige mens. Gesteelde motor = betrokke.

Bittereinder ·

Raymond, Ek neem aan jy praat van die poging tot moord saak teen die hond.

Marlisa Bruun ·

Pitt Bull Terriers by maar die HEEL BESTE RAS EN ONS HEEL BESTE VRIEND.
Well done pup jy het weereens die ras se naam om hoog gehou en weereens bewys waar ‘n pit bull se hartjie is. Getrou in sy eienaar se hart. Trotse Pitt Bull eienaar. Xxx

Niel ·

daar is bietjie verwaring nou met die berig. 3de aanvaller geen kans gehad om te vlug… 30-jarige verdagte (is dit die eienaar?) in die huis in hegtenis geneem. Drie verdagties is vasgetrek in Bethelsdorp. As ek reg verstaan is die eienaar ook in hegtenis geneem???? Of is dit eerder 3de verdagte is in hegtenis geneem, twee is vasgetrek in Bethelsdorp? As dit drie is wat vasgetrek is – beteken dit daar was 4 inbrekers?

Janie Monsieur ·

Dagsê Niel,

Dankie vir jou navraag. Volgens die polisie het drie verdagtes by die huis ingebreek. Een van die verdagtes is in die huis in hegtenis geneem.

Later is drie verdagtes in hegtenis geneem op ‘n aanklag van besit van ‘n gesteelde motorvoertuig, omdat die huiseienaar se voertuig in hul besit gevind is. Die polisie het nog nie vasgestel of hierdie drie verdagtes met die huisroof verbind kan word nie. Daar word dus tans net een verdagte van huisroof aangekla, terwyl die ander drie van die besit van ‘n gesteelde voertuig aangekla word. Indien die polisie vasstel dat die ander verdagtes ook vermoedelik by die huisroof betrokke was, sal daar nog aanklagte teen hulle aanhangig gemaak word.

Hoop dit klaar die verwarring op.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

m ·

Mooi so honne. Ek hoop daai gemors se wonde word super septies.

Ada ·

Bly een is aan die oor ook gebyt.
Wie nie hoor nie moet voel!!
Mooi hond en SAP!

Niel ·

Dankie Junie. Was net bietjie verwarrend oor die eienaar 30 is, en hier praat hulle van ‘n 30jarige persoon wat in hegtenis geneem is. Gelyk of dit dieselfde persoon is. Dankie vir die verduideliking. So as die ander 3 wel verbind word tot hierdie roof beteken dit dus daar was 4 inbrekers.

KarenG ·

Niel, ek het maar aangeneem die verdagte is ook toevallig 30 jaar oud.

Eunice smit ·

Dit is hoekom ek se Pitties is jou beste beskermengele. Gee hom elke dag sy stuk vleisie.

Lizelda ·

Wel gedaan Pitty! Wens meer mense wil besef die voordeel dat jou hondekind in die huis moet slaap. Moet se daar wag ook n groot verrassing vir skelms as hulle dink hulle gaan in my kamer kom maak en breek soos hulle wil.

Sakkie ·

Gee daai hond n reuse stuk t T been NET NIE BY DIE SPUR NIE

Lizelda ·

Wel gedaan!! Ek wens meer mense wil besef hoe voordelig dit is dat jou hond in die huis slaap eerder as vasgeketting buite te slaap. Ek moet se die boosdoeners sal ook n verassing kry as hulle dink hulle gaan in my kamer kom en maak en breek soos hulle wil!

Dirk ·

Give that dog a bells!! Or at least steak for the rest of the year.

Jan Ferreira ·

Hoop die hond het behandeling gekry het teen Klem in die Kaak!

PJ ·

Ek het Rottweilers wat ook in die huis slap en bewaar die een wat daar inkom. My vraag wat sal gebeur as so n dief dood gebyt word tydens die inbraak deur my honed. Wat se die regses?

Hennie ·

Jammer die hond het die inbreker nie aan sy keel heetgekry nie.

Carel ·

PJ, geen probleem nie. Die hond sal heel waarskynlik van moord aangekla word, maar omdat ‘n Rottweiler swart is sal hy borg kry, later sal die klag gekanselleer word.

lilla B ·

Hehehe Carel, baie snaaks! : ) Ek hoop almal neem kennis, laat jou honde binne slaap, vir hulle sowel as jou eie veiligheid. Buite word hulle vergiftig en kan nie as waarskuwings hulpbron dien nie.

Deon Koegelenberg ·

Ek is jammer Asjas ek wou vir jou se jy slaan die spyker op die kop want ek kan ook nie verstaan wanneer gesteelde goed deur polisie gevind is nou moet daar skielik gekyk word of hulle iets met die roof en poging tot moord te doen gehad het
Sorry Maroela Media ek het verkeerde veld gedruk by Asjas se kommentaar vergewe maar asb

Anie ·

Hoekom word die rower in aanhalingstekens geskryf?! As hy my eiendom betree as ek hom nie verwelkom of binne genooi het nie, is hy ‘ n verdomde betreder, inbreker, moordenaar ens!

D.D ·

Well done little guy!!! Nou wonder ek net waar is die mense wat altyd so judge mental is teenoor die Pit Bull ras….

peanut ·

Ek en manlief het 2 honnekinders. N rifrug wat binne slaap en n boerboel wat sy bed langs die voordeur het.
beide weet hul vat geen kos, vleis of enigiets behalwe ek of my man. Tweedens, boelie blaf as iets buite gebeur en rif sluip stilstil nader, reg om te verskeur as iets by boelie sou verby kom.
ta se kind stap nie voor ons huis verby, hulle loop oor die straat en aan die anderkant verby.
beide kinders klim laglag oor n 2m heining as nood druk. Niemand waag iets naby ons.
ons slaap rustig en met toe oee.

Sons ·

Ons het twee pitbulle wat by ons slaap in die kamer in die aand :) Bewaar die outjie wat by ons wil in breek … Ek hoop vir sy part hy het n goeie medies! Mooi ou Pits! Jy is “beste vriend” die naam werd, deur en deur … Give that Pittie n BELLS en n GROOT stuk rump vleis! (Bygese ek dink hy het hom klaar gehad) *Lag*

Lukas ·

Ek hoop ou baas het vir hom n ekstra been gegee mooi my honne

Annelize ·

Ons Pittbull is nou byna 4 maande oud, en ons maak hom in die huis groot, JUIS vir hierdie doel en hierdie tipe van dinge. Moenie dink brakkie slaap voor die bed nie, o neeeeeee. Meneer slaap of tussen my en my man, of hy slaap by die kinders op hulle beddens, en maak ons wakker as hy snags moet uitgaan. Ek was eers bitterlik gekant teen die hond toe my man hom as 3 weke ou hondjie gekry het, maar hy het nou heel in my hart ingekruip. Die kleiner honde is buite vir alarm, en Zues is binne vir die bytwerk en brskerming as hy groot genoeg is.

fred ·

Hona se kind – vat daai hond na die SPUR toe – hy sal dit uitsorteer.

Dink ·

MM, in die 3de laaste paragraaf is een van die verdagtes 30 jaar oud. In die tweede laaste paragraaf is die drie verdagtes onderskeidelik 21, 26 en 29 jaar oud??

Christo Louw ·

Jammer mense maar hoekom so gesteld op ouderdom? Of dit nou wat of die of dat was? Gemors is gemors maak nie saak oor ouderdom nie. Aai tog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.