Hond help om baba op te spoor

Die polisie in die Oos-Kaap is op soek na die ma van ʼn agt maande oue baba wat met behulp van ʼn hond gevind is.

ʼn Lid van die gemeenskap het op 17 November met haar hond gaan stap in die omgewing van Mark- en Franciscostraat in Springfield, Port Elizabeth, het kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, Dinsdag in ʼn verklaring gesê. “Die vrou het ʼn baba hoor huil en haar hond het vinnig in die rigting van die gehuil gehardloop. Die vrou het op ʼn agt maande oue babadogtertjie afgekom. Sy het op ʼn kombersie gelê en daar was ʼn sak by haar met room, melkbottels en klere in.”

Die vrou het die Walmer-polisiestasie gekontak en ʼn saak van kinderverwaarlosing is aanhangig gemaak. “Die baba is intussen na ʼn hospitaal geneem vir waarneming en is tans in ʼn plek van veiligheid.”

Enigiemand wat die polisie kan help om die ma op te spoor, kan ao Nomawethu Machewula kontak by 071 352 4644 of die naaste polisiekantoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sus ·

Ai, kleinding, ek hoop daar wag ‘n beter lewe vir jou as saam met die weggooi-ma…….

Hettie ·

Arme dogtertjie! Sy is pragtig en hoop sy by ander goeie ma kan aaneem sodat sy mooi na haar kan kyk!

Ouma Essens ·

Ek wonder of die ma nie iets oorgekom het nie. As sy die kind net in die bos wou los, sou sy mos nie die sak met room, bottels en klere daar gelos het nie. Miskien as sy die kind iewers in ‘n dorp of so iets gelos het, maar nie in die bos nie.

lbs ·

Ja, mens is geneig om te gou te veroordeel. Dalk kom die hele storie nou uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.