Hond herstel goed ná sy geskiet is

Brownie herstel goed na sy geskiet is (Foto: Garden Route SPCA via Facebook)

Brownie, ’n hond van Hoekwil digby Wildernis in die Wes-Kaap, herstel goed nadat sy verlede Vrydag deur iemand in die linkerboud geskiet is.

Andrea Auerbach, inspekteur van die Tuinroete-Dierebeskermingsvereniging (DBV), het die aand ’n noodoproep van Brownie se eienaars in Touwsranten ontvang dat hul hond geskiet is. Met haar aankoms daar het sy Brownie in ’n mandjie aangetref. Sy het stil gelê en kon nie beweeg nie.

Auerbach vertel sy het haar na die DBV geneem waar sy ondersoek en behandel is. In daardie stadium het dit gelyk asof Brownie dringend ’n operasie sal moet ondergaan. Nadat die veearts X-strale geneem het, het dit egter geblyk dat die operasie nie nodig is nie.

“Die X-strale het getoon dat die koeël net spierweefsel in haar linkerboud geraak het. Haar belangrike organe is gemis en geen been is in die proses gebreek nie,” vertel Auerbach Donderdag aan Maroela Media. Auerbach sê Brownie het ná amper ’n week mooi begin herstel en loop al amper soos haar ou self rond.

Haar eienaars weet nie wie hul hond geskiet het of waarom sy geskiet is nie.

“Brownie is die liefste ou hondjie. Haar eienaars is baie lief vir haar,” vertel Auerbach. Sy sê hoewel die eienaars Brownie as deel van die familie beskou, kon hulle nie die operasie of mediese koste bekostig nie, en was genoop om haar onder die DBV se sorg te plaas.

Geldskenkings wat ingestroom het, het egter reeds al Brownie se mediese koste gedek, sê Auerbach.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Duwweltjie

Lafaards!

Oujongvrou

Ag foeitog hoe wreed is die mensdom. Mens kan sien brownie word goed versorg. Dankie aan al die mense wat gehelp het.

Pieter

Waarom sou mens so iets doen?

Cindi

Aggenee mense! Los die arme diere uit. Dis onskuldige liefdevolle met sagte siele. Dankie tog baba herstel so goed aan

Kalla

Wat gaan in sulke gemors se koppe aan?