Hond kry gru-vonds op strand

Pollokstrand. Foto: PE.org.za

ʼn Vrou en haar hond het Sondagoggend op ʼn babalykie afgekom op Pollokstrand in Port Elizabeth.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou het met haar hond gaan stap toe die hond skielik vooruit gehardloop het.

“Die hond het op die babalykie in ʼn vlak graf afgekom. In dié stadium kan die ras en geslag van die baba nie bepaal word nie weens die gevorderde stadium van ontbinding.” Volgens Naidu was die baba vermoedelik tussen een en twee maande oud.

ʼn Geregtelike doodsondersoek is begin terwyl die polisie wag op die uitslag van ʼn nadoodse ondersoek.

“Die polisie versoek die gemeenskap om hulle by te staan om die ouers van die baba te probeer opspoor of met inligting vorendag te kom indien hulle weet van iemand wat onlangs geboorte gegee het, maar nie meer ʼn kind het nie.”

Naidu het gesê dit is ongewoon dat ʼn kind vermis raak, dit nie aangemeld word nie en die kind dan in sulke omstandighede gevind word.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan die Humewood-polisiekantoor bel by 041 504 5088 of lt.kol. Van Meyeren by 082 457 4606.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

pikkewyn ·

Dit is vreeslik hartseer dat die baba sommer net so weg gegooi is soos ‘n stuk vullis asof dit net nooit bestaan het nie.mag die skuldiges opgespoor word

C ·

Hoe kan enige ouer dit doen! Gee die kind eerder aan vir aanneming daar is hoeveel mense wat sukkel om swanger te raak wat bitter graag ‘n kind wil hê. Ek hoop hulle vind hierdie ouer of ouers en sluit hulle toe en gooi die sleutel weg!

Helene ·

Suid=Afrika is ‘n Godverlate volk. Ons moraal is laer as laag.

Gesiggie ·

Dit is baie hartseer… hierdie hond wat die baba opgespoor het sou meer lief gewees het vir Hom/Haar as wat die eie Ma kon wees, wat se soort Ma grou n gat en gooi n kind daarin?? hoekom nie net teminste ordentlik begrawe? HAVE A HEART.. Of Hom/Haar vir iemand gee wat omgee… was sy verantwoordlik vir die kind se dood… hoekom so iets wegsteek as dit natuurlik was….Hoop hul spoor die Ma of persoon wat dit gedoen het vining op..

Moedeloos ·

Ek stem nie saam met bogenoemde kommentare nie. Hierdie voorval is uiters hartseer. Die moeder was dalk eensaam en bang om hulp te kry. Dalk is die baba oorlede as n ‘wiegie dood’ . Die berig sê niks van moord of dat die kind weg gegooi is nie. Dis mense wat aannames maak en skinder nuus versprei wat onwaar is maak my siek. Ek hoop hulle spoor die mamma op en help haar.

John Samuel ·

Wel, as hulle haar opspoor help hulle haar verseker tronk toe…

VanAfrika ·

Moedeloos, jy se jy lees nie dat die kind vermoor of die kind weg gegooi is nie. Wel my helder verstand se vir my daar is n baba lykie en n vlak graf. Die baba lykie het nie self daar gekom nie en die vlak graf het homself nie gegrawe nie. So my motief is, hierdie was n ongewenste swangerskap, baba was in die pad, ma te lui om te werk of op drug en drank, baba was verwaarloos en mishandel en word vermoor of sterf as gevolg van onstandighede. As ek vermoed daar is iets dergliks fout met my kind, gaan ek mediese hulp soek, maak nie saak wat die omstandighede is nie. Al was ek bang en eensaam (wat nie n verskoning is nie) of dalk is my kind dood aan n wiegie dood, ek sal die rede daarvoor wil uit vind. Mens se laaste desperate poging is nie om jou kind se eensame liggaampie in n vlak graf op n strand te gaan begrawe waar elemente soos krappe, wurms, sand en see daardie kindtjie se laaste uit tog moes wees nie. Hierdie moeder kon haar kindtjie op die regte manier terug gestuur het hemel toe. Ek hoop nie jy word verder siek nie, hierdie kindtjie se regte was van hom/haar weg gevat sonder dat iemand vir hom/haar kon intree en hy/haar lewe te red. Wanneer dit by n hulpelose baba kom, kry daardie kindtjie my eerste vote.

Alida ·

Baie onwaarskynlik dat hulle ooit die persoon sal kry. Verdwyn tussen die massas en vergeet daarvan.

Lee Randburg ·

Moedeloos daar is nie skinder nuus en niemand maak aannames..feit bly staan, jy begrawe nie n kind op die strand. punt!

Maggie ·

Moedeloos.Di berig se ni weg gegooi ni maar wat is dit anders as jy JOU BABA in n gat op di strand los?Ek maak ni aannames nie en ek skinder ook nie.Niemand sal weet wat omstandighede was nie.Dit is net vir my skokkend dat so iets gebeur het en hoe dit gedoen is

Vermeende ·

Wie se die kind is vermoor, waar in die berig staan dit dat die kind weggegooi is?
Hel man, arm mense het nie R10 000 vir n begrafnis wat n graf insluit nie. Dink mooi, as jy nie geld het vir n begrafnis nie dan begrawe jy maar self, in sand grou jy makliker n graf as in grond met klippe so ek maak die afleiding dat dit n enkelvrou was wat die graf gegrou het.

Vermeende ·

Ek moet net byvoeg, ongewenste babas land in n puttoilet of in n vullesblik en eindig dan op n ashoop, nie in n graf nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.