Hond na 3 dae gered

Die hond wat gered is. Foto: ER24

Die hond wat gered is. Foto: ER24

ʼn Hond wat vir minstens drie dae onder ʼn tydelike klaskamer by ʼn skool in Johannesburg vasgekeer was, is Donderdagmiddag gered.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is ontbied toe die skool agtergekom het ʼn hond is onder die klaskamer in Edenpark vasgekeer.

“Paramedici van ER24 en nog ʼn nooddiens het op die toneel aangekom en gesien die hond is diep onder een van die klaskamers vasgekeer. Die hond was vir minstens drie dae daar.”

Volgens Meiring kon een van ER24 se paramedici daarin slaag om onder die klaskamer in te kruip en die hond te red.

Paramedici het die hond op die toneel behandel voordat sy na ʼn veearts in Kiblerpark geneem is vir verdere behandeling.

Foto: ER24

Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Ruby ·

My wens is dat elke mens op hierdie aarde diere met soveel liefde behandel.

Sakkie ·

Ek weet nie hoe mens n duime op maak nie maar Ruby vir jou baie en vir ER 24 net soveel

Helene ·

Ek is liewer vir diere as mense. Dankie aan almal betrokke.

Hendrik ·

my liefde vir diere wod al sterker as ek sulke dinge sien of hoor

Dankie ·

So baie dankie vir almal wat genoeg omgegee het om die woef te red. Mooi om te sien mense gee ook nog om vir diere al gebeur daar aaklige dinge in ons land. Baie sterkte, hoop hy herstel gou. EK wonder net waar was die SPCA wat veronderstel is om na diere om te sien?

Pierre Celliers ·

Dit is pragtig en baie dankie aan die redders, maar wat word nou van die hond? Gaan hy maar net op eindig by die DBV om uitgesit te word?

E.K. ·

Dankie ouens. Mense wat die DBV so kritiseer – hulle doen wonderlike werk en ja, daar is probleme maar dis nie die DBV as organisasie maar die wat dit bestuur en/of werkers. Moenie hulle net kritiseer nie, as jy nie geld wil skenk want jy is bang dit word misbruik, skenk asb kos, beddegoed ens. Die diere daar kan nie verhelp dat die mense wat hulle moet red en versorg nie hul werk doen nie. So moenie die organisasie kritiseer as die mense wat daar werk nie hul werk doen nie – so help jy nie die diere nie! Volgens die berig is ER24 gekontak, dus het HULLE gereageer so moet asb nie vra waar was die DBV nie. Terloops julle wat so vinger wys kan altyd gaan “volunteer” werk doen by die DBV en so dan die diere help!

Ai ou E.K. ·

Het hierdie artikel oor die DBV gegaan? Hulle doen nie hulle werk nie, so ja ons mag hulle kritiseer en hulle is glad nie above the law nie. Die hond was drie dae daar, gewoonlik as die mense opgegee het om die DBV te bel en hulle nie reageer nie, bel hulle maar iemand anders. Die honde word soos ‘n skrywer hierbo noem maar net deur die DBV uitgesit, selfs na ‘n lang reddingspoging. Ons doen ons eie diere rescue, omdat die DBV nie meer in staat is/of lus is om dit te doen nie. Moenie vir my se waar ek moet gaan volunteer nie, so gaan volunteer jy maar by ‘n high-kill shelter, ons volunteer by die no-kill shelters. Dis my reg.

E.K. ·

Ai ou EK (alias seker ou Dankie) in plaas van om MY as persoon te kritiseer met nikssegende onvanpaste kommentaar LEES my kommentaar. Ek het nêrens genoem dat die artikel oor die DBV gaan nie maar genoem dat die wat die organisasie kritiseer moet dink. As mense soos jy meer sal bydra sal dit nie nodig word om diere van kant te maak nie wnat hul sal geld h♪6 vi rkos, skuilings ens. Jou “hig-kill shelter” benaming is totaal onavnpas.

Annette ·

Pragtige gebaar! Dankie aan almal wat honnekind gered het

Boelie ·

Pragtige hond! Mensig – iemand wat met ‘n hond wil afreis Oos-Kaap toe en petrolgeld deel?

Sarie ·

Ek is liewer vir my honde as vir sommige mense… Ek is verheug oor diè pragtige hond se redding. Miskien het hy ‘n eienaar wat na hom soek… Ek hoop werklik nie hy hoef uitgesit te word nie…

Wilmien ·

Wat `n pragtige storie……dankie aan almal wat gehelp het om die hond te red

CHRISTA ·

ER24, ‘n Bells vir julle!! Julle is STERRE!!! Ek het nooit kon dink dat julle sou oorweeg om julle tyd en/of toerusting gebruik sal om ‘n hond te red nie! Ek is so bly ek was verkeerd!!! EK IS SO TROTS OP JULLE!!!

Cynthia TREDOUX ·

DANKIE aan die REDAKSIE…vir die plasing van hierdie berig…dit laat my hart sommer opnuut WARM KLOP vir DIERE….met al die aaklige berigte wat n WERKLIKHEID geword het in S.A…..hierdie soort van berig….die menslikheid daaraan verbonde…WAARLIK UNIEK!

sarie van heerden ·

Sal Maroela asseblief terugrapporteer wat van hierdie mooi hond geword het nadat hy gered is? Hy lyk goed versorg daarom aanvaar ek dat hy erens ‘n gesin het wat vir hom omgee en lief is vir hom. Hy het dood rustig op een van die redders se skoot gele.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.