Hond onder motor gesleep

Wimpie Geyer by die hond wat gered is. Foto: ER24

Wimpie Geyer by die hond wat gered is. Foto: ER24

ʼn Hond het oorleef nadat hy omtrent 50 m ver onder ʼn motor gesleep is. Die voorval het in Bloemfontein gebeur.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê Lucas Bezuidenhout, ER24 se takbestuurder in die stad, is deur die eienaar van die motor gekontak. Bezuidenhout en Wimpie Geyer, ʼn lid van die buurtwag in Uitsig, en sy seun Wynand Geyer was op die toneel.

“By hul aankoms op die toneel het hulle gesien ʼn dobermann is onder ʼn motor vasgekeer. Die hond het gesukkel om asem te haal.” Volgens Bodasing is ʼn domkrag gebruik om die motor op te lig waarna lede van Cobra Towing gehelp het om die hond te bevry.

“Die hond het skaafplekke en snywonde opgedoen. Die hond is in ʼn kombers toegedraai en na die plaaslike DBV geneem vir verdere behandeling.” Volgens Bodasing het die hond glo voor die motor ingehardloop toe hy vir weerlig geskrik het.

“Die bestuurder van die motor het die hond gesien, maar nie besef hy is onder die motor in nie en het dadelik stilgehou toe hy besef iets is fout,” het Bodasing gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Zbc ·

Dankie aan die motorbestuurder wat darem gestop het toe hy besef het daar is fout. Ek hoop van harte die arme hond kry goeie behandeling en dat hy dit gaan maak. Daar is soveel rondloper honde in die strate en ek bedoel goedversorgde diere. Ek kan nie verstaan hoekom die eienaars nie verseker dat hul diere veilig beskut is en nie in die strate rondloop nie.

Gesiggie ·

Arm hond, ek is bly hy is ok, en hoop nie dat hy n terug slag sal kry… Net bly die ou het gestop anders het die arm hond dit nie gemaak… mense wat diere wil aanhou moet seker maak dat hul veilig beskut is… Die hond het nog n lewe gekry? Sterkte vir jou ou Woef.. hoop dat jy ok sal wees….

m ·

Gelukkig het die bestuurder gestop. Daar is soveel rondloper honde , en gelukkig het hierdie woef se ongeluk n gelukkige einde. Hoop hy gaan sommer gou weer ok wees.

Kandas ·

Die arme hond! En die arme bestuurder! Die man het hom seker dood geskrik. My honde is familie, as dit een van hulle was…ek wil nie eens daaraan dink nie

Joann ·

Dankie aan moterbestuurder dat hy gestop het. Diere is vir my n teer punt. Hul is soooo dankbare spesie. Ek voer gereeld rondloper diere. Ek my self het n hondjie wat 19jr.oud is,en sy is nog op en rond net doof.

Theresa B ·

Mag die Here almal seen wat opgee vir hulpelose diere. Hulpeloos vir my omdat hulle nie bestand is teen die aanslae van mense nie. Hulle kan nie praat nie en baie moet vir hulself sorg en hulself verdedig teen die houe van hierdie wrede wêreld. Dankie vir elkeen wat moeite doen om alle vier-voetige lewens te red en te help. Hulle het ook gevoelens en ‘n hartklop. Al wat hulle soek is tog net kos, warm plekkie vir slaap en baie liefde. Ek weet van baie mense wat diere het wat geen aandag of liefde aan hul betoon nie, maar tog is die diere bly as hierdie mense na werk huis toe kom. Ek weet regtig nie hoekom het hierdie mense diere nie.

annabelle ·

n Dier en n kind is is vir my n TEER punt!!! en ja n hond in die strate onstel my geweldig
maar ek moet elke dag verby huise ry waar die honde vas gemaak is aan kettings
dag in dag uit, jaar in jaar uit het al alles probeer om daardie stomme diere te probeer help
DBV se alles is in orde wat die DBV reels betref.

johann cb ·

Ek is regtig baie jammer vir die bestuurder en die pragtige hond. Dankie dat u gestop en hulp gekry het. Sterkte.

Ek verneem graag by Maroela Media of die spelling/woord domkrag of dompkrag is. Ek het met laasgenoemde groot geword. Dankie.

Landi Slatter ·

Dagsê Johann

Dankie vir jou navraag. Ons bevestig die woord is “domkrag”. Daar is ongelukkig nie ‘n woord soos “dompkrag” in Afrikaans nie.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.