Hond-sleep: Man verskyn in hof

Gina. Foto: Knysna-dierekliniek/Facebook

Gina. Foto: Knysna-dierekliniek/Facebook

‘n Wes-Kaapse man wat glo sy hond agter sy motor aangesleep het, het Dinsdag in die Knysna-landdroshof verskyn.

Petrus Meyer (65) is op waarskuwing vrygelaat en die saak is tot 11 Julie uitgestel. Kapt. Bernadine Steyn, woordvoerder van die polisie, sê Meyer is Saterdag in hegtenis geneem in verband met die voorval wat glo Donderdag plaasgevind het.

Maroela Media het vroeër berig dat twee inwoners van Brenton-on-Lake aanklagte van dieremishandeling teen die hond se eienaar aanhangig gemaak het na die voorval. Die saak is Vrydag by die Knysna-polisiestasie geopen. Die voorval het na bewering in Galjoenstraat plaasgevind.

The Star berig daar was ‘n tou om die hond se nek vasgebind. Volgens die berig was die eienaar glo kwaad omdat die hond uit die erf ontsnap het. Die hond is na die Knysna-dierekliniek geneem vir behandeling.

Die Knysna-dierekliniek het intussen op sy Facebook-blad gesê die hond, wat nou Gina heet, goeie vordering toon. “Ek is bly om te kan sê dat sy waarskynlik ten volle sal herstel,” het dr. Mark Shortreed in ‘n verklaring op die Facebook-blad gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

jakes ·

Ook op waarskuwing- ry Amarok, hond kan saammry voorin. Bietjie dai man rond sleep?

Elizabeth ·

Ek is ook nie verbaas die hond het uit die erf ontsnap nie – word seker gedurig geslaan en mishandel! Wat gaan van die hond word is wat EK wil weet – ek hoop nie dit gaan terug na hierdie suurstofdief nie!!!

Sollie ·

PETRUS MEYER is @#*%&! Sies vir jou PETRUS MEYER JOU DIEREMISHANDELAAR! SIES!!

pop ·

Ek hoop almal wat hom ken weet hiervan. En dat hy uit die gemeenskap gedryf word, die vieslike vark!!!Marietjie, jou plan is beste, maar hy ly seker aan daai klein mannetjie sindroom, daarom dat hy dit op n hond uithaal, so daar gaan niks wees om tou aan vas te maak. Petrus Meyer loop hang jouself aan die naaste boom op, GROOT ASB.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.