Hond-sleep: Man weer in hof

Gina. Foto: Knysna-dierekliniek/Facebook

Gina. Foto: Knysna-dierekliniek/Facebook

‘n Wes-Kaapse man wat glo sy hond agter sy motor aangesleep het, het Vrydag in die Knysna-landdroshof verskyn.

Die saak teen Petrus Meyer (65) is tot 14 Augustus uitgestel sodat hy met sy regsverteenwoordiger kan konsulteer, het distriksaanklaer Johan Engelbrecht gesê.

Meyer is tydens sy vorige verskyning op 17 Junie op waarskuwing vrygelaat.

Twee inwoners van Brenton-on-Lake het aanklagte van dieremishandeling teen Meyer aanhangig gemaak na die voorval wat glo op 12 Junie plaasgevind het. Die voorval het na bewering in Galjoenstraat plaasgevind.

The Star het vroeër berig daar was ‘n tou om die hond se nek vasgebind. Volgens die berig was die eienaar glo kwaad omdat die hond uit die erf ontsnap het. Die hond is na die Knysna-dierekliniek geneem vir behandeling.

Die Knysna-dierekliniek het vroeër gesê die hond, Gina, sal waarskynlik ten volle herstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Stoere Boer ·

Wat die persoon gedoen het is onaanvaarbaar en dis reg, straf hom. Wat Modise gedoen het is onaanvaarbaar, gaan sy ook haar dag en straf in die hof kry?

Trippie ·

Straf hom ORDENTLIK.

Maroela, laat weet ons asseblief hoe Gina vorder.

Jeff Swanepoel ·

Hulle moet hom agter die motor aansleep. Ek bameer nie die arme hond dat sy probeer ontsnap het nie!

Eben ·

Petrus Meyer ….. ek sou wat wou gee om jou die pakslae van jou lewe te gee. Jammer jy so ver vuilgoed. Dis algemeen bekend as mens diere mishandel, watter tipe mens is jy tussen mense/familie en werksmense. Persoonlik dink ek, en glo nie ek is ver verkeerd n vuilgoed en vark tussen jou mens. Wonder hoe behandel jy jou vrou en kinders … glo almal dink jy is haatlik!

Tilla ·

wat ‘n skande!!! en hoe wreed kan ‘n mens nie wees nie!!! Ek wens daar was meer beskrywende woorde vir ‘n mens soos hierdie man!! ek stem saam dat hy met ‘n tou om sy nek agter ‘n motor gesleep moet word!! daar kan onmoontlik geen menslikheid of liefde in hierdie man se hart hoegenaamd wees nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.