Hond tydens inbraak met mes gesteek

Die hond wat met die mes gesteek is. Foto: ER24

Die hond wat met die mes gesteek is. Foto: ER24

Paramedici het Dinsdag ʼn hond in ʼn ambulans na ʼn veearts geneem nadat hy glo deur ʼn inbreker met ʼn mes gesteek is.

Chitra Bodasing Harduth, woordvoerder van ER24, het gesê die hond, glo sowat vyf jaar oud, is in die bors met ʼn mes gesteek.

“Paramedici van ER24 is deur wagte van ʼn veiligheidsmaatskappy na die huis in Allens Nek in Roodepoort ontbied. Die hond het baie bloed verloor en die wagte het die hond probeer stilhou om te help.”

Volgens Bodasing Harduth is die hond in ʼn ambulans na ʼn veearts in Randparkrif geneem. “Ons hoop almal op die toneel en die veeartse se moeite sal bydra tot die hond se herstel,” het sy gesê.

Lees ook: [OPVOLG] Hond oorleef panga-aanval

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

NEL ·

Welgedaan almal wat betrokke was. ‘n Hond is die mens se beste vriend. My honde is my alles ,so inbreker se kind kan weet as hy betree gaan hy tweede kom.

Asjas ·

Mense word gemeet aan hoeveel jy vir ‘n dier omgee. As jy soveel omgee vir diere, is jou liefde vir mense soveel meer. Julle is ware helde!

charlene ·

WOW, dis so wonderlik hoe mense eintlik kan omgee. Die wagte en die ER personeel julle is sowaar helde! En die 2 op die foto, bere daai foto vir julle kinders want “super hero’s”dra nie altyd “capes”nie julle soos wat julle daar staan is sowaar super hero’s.

Lizelda Janse van Rensburg ·

Charlene, Asjas en Nel beter kon ek dit nie stel nie! Baie dankie aan die ER24 span wat werklik omgee vir alle lewens! Hoop die hondjie word gou gesond, maar dis werklik n “feel good story”. Baie mense kan by julle leer.

E.K. ·

MOOI SO aan die veiligheidsmaatskappy. Hul kan sommer hul leuse nou maak “Ons gee om vir mense en diere”! So mooi honne ook nog, hoop hy herstel 100%

Jeanne ·

Dis wonderlik dat almal probeer help het .. fantastiese positiewe reaksie op ‘n dier wat onskuldig in die spervuur beland het. Wel gedaan.

Maryka ·

Wonderlik! Mense wat nie liefde vir ‘n diertjie het nie, kannie vir mense lief wees nie!

broos ·

ek het regtig gedink daar gaan nou weer kommentaar wees oor hoe ‘n hond in ‘n ambulans kan ry etc etc maar ek is verbaas om te sien hoeveel mense vir diere omgee! dankie julle oulike mensies dat julle so goed was vir die honde-kind :-)

Uvonka ·

Pragtige hond! Dankie Vader dat daar nog sulke omgee mense is ons ou deurmekaar wereld is. lekker om ‘n positiewe berig te lees, dit maak die hart warm. Dankie aan wonderlike mense.

Willie ·

Baie dankie aan almal wat die woef gehelp het… dis tog ons dierekinders….

Theresa B ·

Baie dankie – julle is super helde. Dit wil gedoen wees. Trots op julle! Siestog die woef is seker ook baie getraumatiseer. Verstaan ook nie wat in hierdie wrede land van ons aangaan nie. Hulle het ook’n hartklop en gevoelens. Mens kan sien aan die grys om die mond – hy is nie meer vandag se kind nie. Hoop hy herstel heeltemal en is ok.
Lafhartige inbreker!! Jy sal jou dag kry!!

Ami ·

Wow! Dankie julle! Daar is verseker nog baie goeie mense in ons wereld! Jul herstel die geloof in ons mensdom. Nogmaals dankie :)

Chanté ·

Wel gedaan aan Allan’s Nek Diere Kliniek ook vir julle vinnige reaksie, ER24 wat so flink gewerk het asook die veearts wat na hom gekyk het. Woef is later gister na die Diere hospitaal in Kayburn straat verplaas sodat hy deur nag gemonitor kan word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.