Hond uit brandende gebou gered

Foto: Rescue Care

ʼn Hond is Woensdag uit ʼn brandende gebou in Durban gered.

Die brand het Woensdagoggend by die Jina Trading Company-fabriek in Chelmerstraat in Jacobs uitgebreek en die rook het verskeie nabygeleë geboue geraak.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die brand het omstreeks 10:00 uitgebreek. “ʼn Vrou het uit ʼn venster gespring om die vlamme te ontvlug,” het hy bygevoeg. “Sy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Minstens twee persone is vir geringe beserings behandel.

“Daar was ook berigte van ʼn hond wat in die fabriek vasgekeer was en Rescue Care-paramedikus Ian Wessels was vasbeslote om hom op te spoor. Reddingswerkers het die hond gevind en ʼn gat in die muur gemaak waar Ian kon deurklim om die hond te red. Hy is afgekoel en water gegee. Paramedici van Rescue Care en die SAPD se soek- en reddingseenheid het hom ondersoek en daar is bevind hy het nie enige beserings opgedoen nie.”

Die eThekwini-munisipaliteit (Durban) het Woensdag ʼn kennisgewing uitgereik en versoek dat werkers in Jacobs, in die suide van die stad, onmiddellik ontruim moet word. Die stad se brandweer en ander nooddienste het die situasie onder beheer, het Mswakhe Mayisela, waarnemende hoof van kommunikasie by die munisipaliteit, gesê.

Die oorsprong van die brand is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Christelle ·

Sjoe Duisend Dankies en méér aan Ian Wessels vir sy brawe optrede!! Verseker is hierdie hond jou ewig Dankbaar! Ons is baie bly dat jul albei se lewens gespaar is!!???

Christelle ·

Jammer vir die “Vraagtekens” in my boodskap… dit was vingerfout gewees!

Lerika ·

Wow baie dankie vir daardie goeie daad! Goue medalje vir jou en hoop die hond het darem n furever home om na te gaan! Welgedaan!

Christine vd Westhuizen ·

Ai so lekker om van die goeie daad van Ian Wessels te lees baie dankie ek glo dit sal ander ook inspireer om dieselfde te doen sonder om hulle lewens in gevaar te stel God Bless You

Wiltrud ·

Hoe lekker om so iets te kan lees vanmore, mense wat omgee bevestig weereens daar is hoop vir ons land! Dankie, almal wat hier saamgewerk het is helde.

jean ·

Wonderlike nuus temidde van al die aakligheid!….Baie dankie manne…weet dat almal dankbaar is

lanie ·

Wonderlik dit was n uitstekende redding. Baie dankie vir julle dapperheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.