Hond uit Hartbeespoortdam gered

’n Hond is Vrydag uit die Hartbeespoortdam gered. (Foto: NSRI-webblad)

’n Hond is Vrydag uit die Hartbeespoortdam gered nadat ooggetuies dié vierpotige in die middel van die dam sien spartel het.

Luidens ’n verklaring deur die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) was die hond erg gedehidreer, maar sterk sy tans by ’n plaaslike dierehawe aan.

“Reddingspanne van die NSRI is ontbied nadat die hond in Mariners Village, Kosmos, in die rigting van Pecanwood gewaar is.

“Dit het gelyk of die dier sukkel om te swem.”

Volgens die NSRI het ’n onbekende omstander op ’n jet-ski ook gepoog om die hond te red.

“Die hond is eindelik tot op die oewer gehelp waar omstanders haar in komberse toegedraai het.”

“Die hond is na die dierehawe, Hartbeespoortdam Animal Welfare Society (Haws), geneem en is tans op die herstelpad.”

Die NSRI het alle rolspelers wat met dié reddingspoging gehelp het, bedank.

“Daar word tans gepoog om die eienaars op te spoor.”

Haws het by navraag aan Maroela Media gesê die hond is “baie bang” en dat niemand haar nog opgeëis het nie.

*Hierdie berig is aangepas sedert publikasie. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tiptol ·

Hy moet definitief nie terug besorg word aan eienaars nie. Moes in die eerste plek nooit uit erf gekom het nie.

Tanniepetoors ·

Jy ken duidelik nie die Hartbeespoortdam omgewing nie. Die hond kan dalk aan baie verantwoordelike, liefdevolle eienaars wat op die damoewer woon behoort.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.