ʼn Duitse herdershond is Dinsdag uit ʼn mangat in Verulam, KwaZulu-Natal gered ná hy Maandagaand in ʼn stormwaterdrein opgemerk is.
“Rusa is omstreeks 10:30 na die toneel ontbied,” sê Prem Balram, woordvoerder van Reaction Unit South Africa (Rusa). “Die persoon het die ons in kennis gestel dat hulle ʼn dierewelsynsorganisasie gisteraand gekontak het, maar hulle het nie enige bystand gebied nie.”
Beamptes van Rusa en paramedici is na die toneel by die mangat in Inandaweg tussen die Sanaa- informele nedersetting en Brindhaven in Verulam ontplooi. “Die Dierebeskermingsvereniging is gekontak en hulle het ook kort daarna by die toneel opgedaag. Ná beamptes van Rusa die struikgewasse verwyder het, kon paramedikus Siyabonga Mthethwa in die gat afgesak word.”
Hy het die hond uit die mangat gered.
“Die DBV in Durban-Noord het die dier na hul perseel geneem vir verdere mediese behandeling.”
- (Foto: Rusa/Facebook)
- (Foto: Rusa/Facebook)
- Paramedikus Siyabonga Mthethwa in die mangat besig om die Duitse herdershond te red (Foto: Rusa/Facebook)
- Paramedikus Siyabonga Mthethwa in die mangat besig om die Duitse herdershond te red (Foto: Rusa/Facebook)
- (Foto: Rusa/Facebook)
- (Foto: Rusa/Facebook)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Dankie Siyabonga dat jy die woef gered het.
Dankie tog dat Woef gered is. Dankie aan almal betrokke.
Die mangat se deksel is al vir lank skort as daar al ‘n boom daarin groei.
Tien duime op vir almal wat betrokke was om die woef te red………
Pragtige hond.