Hond verskeur seun (3) by ouerhuis

Argieffoto ter illustrasie.

Argieffoto ter illustrasie.

ʼn Driejarige seun is Maandagoggend by sy ouerhuis deur die gesin se hond verskeur.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 11:30 in Umlazi, KwaZulu-Natal, plaasgevind.

“Volgens inligting van die toneel is die seun in die tuin deur die gesin se Amerikaanse veghond aangeval. Die omstandighede rondom die aanval is nog onbekend en word deur die polisie ondersoek,” het Botha gesê.

Met paramedici se aankoms op die toneel is die kind op die kombuisvloer aangetref nadat ʼn familielid hom daarheen gedra het. “Hy was reeds dood weens verskeie beserings wat hy regoor sy lyf opgedoen het. Niks kon vir hom gedoen word nie en hy is dood verklaar,” het Botha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

95 Kommentare

Ekwilibrium ·

Ai tog… Waarskynlik was die ondier aangehou juis om die gesin te beskerm teen die nare realiteite van ons samelewing. So jammer…

Geraldene Vaughan ·

Ek stem saam met jou ek is 32 en ons het pitbulls vandat ek kan onthou ons honde is so lief vi kinders ek glo ook dis hoe jy hom grootmk, is dit ooit n opregte pit met papiere of is dit n kruising want dis gewoonlik ook die geval as mens al die feite kry, was di hond op n ketting falk vasgemk? En dan kan dit ook nog n vraag wees dat die pit dalk ook 1 is waarmee da baklei word ek maak glad geen aantuigings ni maar ek voel ook daarmee moet mens al di feite kry en ni net altyd net geraporteer dat dit wee n pit was wat iemand leed aangedoen het ni sterkte aan sy Familie mag jul gedra word deur die tyd en mag jul en jul seunjie vrede vind ek is regtig jammer oor jul verlies

Poplap ·

Watse nut het hierdie verskriklike honde!!!
Hulle skrik geen misdadiger af nie. Wanneer laasgenoemdes by ‘n eiendom wil inbreek en moor, vergiftig hulle gewoonweg sulke ‘afskrikkings’ gevaartes.

Janine ·

Hope inligting rakende die ras tot jou beskikking, en tog…. Daar is niks ‘verskrikliks’ aan hulle nie. Hulle is liefdevolle gesinslede wanneer opgelei, gesosialiseer ens. Die fout lê by eienaars wat geen idee van die ras het nie.

Karma ·

AMERICAN PITTBULL = RUBBISH = VERSKEURDERS!!! Finish en klaar, maak nie saak hoe “oulikies” party van hulle kan wees nie.

Poplap ·

Ja ou Sjambok
Dit is seker waarom die ‘geleerde’ nikswerd brak ‘n driejarige seun aanval.

Liza ·

Ons het 2 pitbulls en hulle is baie liefdevolle honde. Hang af hoe mens hulle groot maak.

Jeandre ·

Natuurlik skrik dit misdadigers af. Dit is tragies dat so iets moes gebeur

Poplap ·

Misdadigers gooi ‘n lekker happie vleis wat met two-step gedokter is.
Nadat Siebie en sy pel die emmer geskop het, stap mnr en mev Misdadiger ongenooid en sonder pyne op die perseel.

Nicolene ·

Dit is elke keer so hartseer om so iets te lees!!Daardie honde is baie gevaarlik en ek wens dat suid afrika die honde sal verban!soos mense verander,verander diere ook.Nie almal weet hoe om sulke honde op te lei en streng dissipliene toepas!!
Sterkte aan die familie my hart huil saam julle!!

Mauritz ·

Eks met jou Janine, mense kyk na die verkeerde kant van die leiband.
Tot mense kinders word monsters as hulle nie reg groot gemaak word nie.

Desire ·

Dis ‘n aaklige ding wat gebeur het en alle simpatie met die familie. Maar pitbulls is nie so gevaarlik nie. Gaan doen asb eers jou huis werk voordat jy die “ban” kaarte speel. Hulle uithou vermoe as hulle getart word is baie beter as enige ander hond. Jou mees gevaarlikste hond is jou skoot hondjies. Daar is altyd ‘n rede hoekom ‘n hond aanval, dit was ‘n verskriklike ongeluk en net die familie sal weet wat daardie dag gebeur het

Matilda ·

Sjoe dis verskriklik! Ai swak verslaggewing.. Was dit n reun of teef? As reun is, is hy regemaak? Hoe oud is die dier.. Is daar ander diere ook op perseel? Altyd interresant om die dinge te weet.

hercules ·

enige hond is net so gevaarlik as wat jy hom grootmaak en hanteer • pitbull honde is nie meer gevaarlik as ‘n labrador nie • ek is jammer oor die kind wat oorlede is • sterkte •

Natasha ·

Ek stem saam, elke hond het sy streek.. Eks al 3 keer aangeval op verskillende geleenthede deur n wolfhond, wat kastig beskou word as n kinder vriendelik hond.. Dit maak nie saak oor die ras nie, dis alles in die bloed lyn.. Ons vriende het n labradour gehad, en of jy niu kind of groot mens was, hy kon nie waag om jou voete in daai yard te sit nie..

Jacqui ·

Soos gewoonlik sal die hond afgemaak word ipv dat die eienaars aangekla word. My hart gaan uit na die kind, maar die optrede jeens diere maak my net so hartseer.

Samantha Minnie ·

Weereens kry die arme onskdige hond die skuld. Hoekom is ‘n 3 jarige buite op sy eie hy kan baie baie seer kry sonder of met die hond. Onverantwoordlikeheid as jy my vra. En dis altyd die hond die kind moes iets gedoen het om die hond te trigger, ongelukkig vir die wat nie die tipe hond ken nie hulle is eintlik baie liefdevolle honde en ja as jy die hond aggresief groot maak is dit wat jy gaan kry die nagevolge, maak is seker oor julle feite en as jy ‘n hond mooi leer sal hy nie daai gif inkry nie. Party mense kyk ook maar net in ‘n muur vas en die arme Pittbull kry weer die skuld vir alles, leer die ras ken voor jy aantuigings maak. En my hart gaan uit na die ouers wat hulle kind so vroeg moes verloor het.

Natasha ·

Dis nie noodwendig dat die kind iets doen nie.. My kind mag glad nie naby ons skaaphond kom as hy eet nie, want hy sal sommer hap, so ons gee hom vroeg oggend en laat saans kos as sy slaap of gaan bad…
Ek was 12, ekt by huis vriende van my ma se yard ingegaan, hulle twee rotties was besig om te eet, twee honde saam wie ek groot geword het, hulle net dai dag besluit, hulle val my aan, gelukkig het ek besef, hulle val aan, hardloop nie net op my af nie..
My man is deur my ouers se irse terrier aangeval, ook saam groot geword, die rede is omdat hy n hoed gedra het, syt hom nog nooit in n hoed gesien nie, en gedink hy is n vreemdeling..
Kan jy sien hoe noem ek verskillende rasse op? So jy reg, maak nie saak watter hond nie, maar dis altyd nie jy wat die hond leet aan doen nie..

Geraldene Vaughan ·

Ek stem saam met jou ek is 32 en ons het pitbulls vandat ek kan onthou ons honde is so lief vi kinders ek glo ook dis hoe jy hom grootmk, is dit ooit n opregte pit met papiere of is dit n kruising want dis gewoonlik ook die geval as mens al die feite kry, was di hond op n ketting falk vasgemk? En dan kan dit ook nog n vraag wees dat die pit dalk ook 1 is waarmee da baklei word ek maak glad geen aantuigings ni maar ek voel ook daarmee moet mens al di feite kry en ni net altyd net geraporteer dat dit wee n pit was wat iemand leed aangedoen het ni sterkte aan sy Familie mag jul gedra word deur die tyd en mag jul en jul seunjie vrede vind ek is regtig jammer oor jul verlies

sonia ·

Ek het 2 pittbulle. Hulle is die beste met my kinders. Ek het i baba en ek kon nie vra vir i beter nanny puppies nie. Ek is jammer oor die verlies. Sterkte aan die gesin. Maar dis als hoe jy jou hond groot maak. My kinders klim oor my honde. Trek sterte en ore en nog nie 1 keer was daar eers vir hulle gegrom nie. Dis nie net die hond nie. Die eienaars het die grootste vout. Maar as 1 van my honde waag om net te probeer hap, is dit koebaai maraai vir die hond. My kinders is baie meer werd as enige hond

liza-marie ·

Ek stem 101% saam met jou oor die hond! My baas het een en hy is liefde van self. Ek was ook verskeer as kind en dit is dalk nie agterlosigheid van die ouers ni, ddie berig is baie swak. Dalk was die ouers buite maar kon nie vanig goed genoeg die kindjie weg kry nie. Ek was verskeer voor my ouers. Ek is een van die gelukiges wat leef. Dit hang af hoe die hond groot gemaak is, of die hond op hitte was as dit n teef was, of die hond besig was om dalk te eet… Daar is so baie redes hoekom n hond net snap.

Janine ·

Sonia, ek gaan aan jou voorstel om ‘bite prevention’ te Google. Onder GEEN omstandighede laat jy kinders toe om bo-op, bo-oor ens ‘n hond te klim nie! Ook glad nie om ore of sterte te trek nie. Dis ‘n ongeluk wat wag om te gebeur, en dan, weereens, word die hond uitgekryt as ‘n monster. Leer jou kinders om diere te respekteer, en Google asb ook ‘How to read and understand your dog’s body language’. Ek is oortuig daarvan as jy wel die goed naslaan, gaan jy besef jou honde wys wel stres/anxiety ens. Asb, you’re setting your dogs up for failure.

Jan Venter ·

Dit is nie so maklik om ‘n hond te leer om vleis te weetstaan nie maar dit is moontlik. In vandag se omstandighede is dit die beste om die hond in die huis groot te maak. Ons Pitbull slaap tussen my en my vrou en maak ons wakker as hy ‘n nood het. Hy het self verskillende wyses waarop hy aandui of hy ‘n vol blaas het en of dit stoelgang tyd is. Word moontlike indringers deur hom afgeskrik? Ek sal verseker nie die kans vat as ek ‘n vreemdeling was nie. Glo my die woord versprei vinnig van die Pitbull of enige ander “gevaarlike” hond wat in die huis bly en, baie belangrik, nooit sonder toesig is wanneer hy buite is nie. Ek wou aanvanklik niks weet van die “gevaarlike” honderas nie, maar nadat ek bietjie navorsing gaan doen het, het ek gesien dat die stigma wat aan hulle asook aan sommige ander rasse kleef, ongeregverdig is. Kenners meen dat wanneer ‘n hond ‘n mens aanval of baie aggressief optree moet die fout nie by die hond gesoek word nie maar by die eienaar. Ek het regtig simpatie met die ouers en dit is altyd hartverskeurend om te hoor ‘n kind of selfs ‘n volwassene is deur ‘n hond verskeur of doodgebyt. Om nou te sê die honderas moet verban word is bietjie verregaande. Op ‘n stadium is “worshonde” as die aggressiefste honderas beskou. Sal ons nou vra dat hulle verban word?

welma ·

Regtig nou is dit onverantwoordelik om n 3 jarige kind te los dat hu buite speel? Daai mense is nie bevoorreg soos ander om au pairs of kleuter skole te kan bekostig om na hulle kinders te kyk nie. Gewoonlik pas n familie lid of vriende die kind op terwyl die ma en pa probeer geld verdien vir kos. Wats fout daarmee as die kind buite speel

mari dos santos ·

Di hond word doodgemaak. Waar was di ouers of oppaster? Wat het di kind gedoen om di hond se aggressie te trigger? Di hond kan ni praat nu di kind is dood. Wat het werklik gebeur?

Johan ·

Ek stem saam, maar ongeag wat die kind gedoen het ñ goeie bloed lyn, enige hond, wat geleer is dat hy laaste in die pak (gesin) hoort moet nooit so optree nie. Ek het self ñ wonderlike pitbul van ñ jaar oud met drie kinders waarvan een twee is. Die met hulle kommentaar – julle is oningelig en weet seker nie eens waarvoor hierdie soort hond oorspronklik geteël is nie?!

susan ·

Jammer vir die kleinding! Ek het self 2 pitbull x bullterrier honde. Kwaai ja maar die liefdevolste honde. Het ander honde ook. Iets moes gebeur om hom te trigger. Sterkte vir die ouers.

Pieta ·

Loop maar katvoet vir die dag wanneer jy hom onwetend ‘trigger’

Lizelle Roberts ·

American pitbulls is verban in die meeste Europese lande asook Australië. Dit is tyd dat Suid-Afrika ook hierdie stap neem.

Rudi ·

@poplap
Baie dinge in die wêreld kort aandag en liefde, soos kinders.. anders het jy n snotkoppie van n kind… n hond is ook net so groot verantwoorlikheid, glo dit of nie… JY het nogal baie te sê oor iets wat jy tien teen een baie ongeleerd is mee… of jy het sooooooo sad verlede met n hond gehad dat jy baie bang is vir een… Dalk was die hond mishandel? Maar soos ek sê, jyt baie te oor iets wat jy nie veel weet nie..

Poplap ·

My wêreld Rudi!
Vanwaar af kom jy ou grote?
Ek ken jou van g’n kant af nie en indien jy my wel sou geken het – wat jy op jou maag kan skryf – sou jy nie sulke snert kwytraak en jou onkunde oor my en my honde so adverteer nie.

MR ·

Die meeste honde aanvalle word deur pitbulls gedoen en dit aan hulle eienaars. Dis in hulle geaartheid om te baklei en te verskeur, Suid Afrika moet pitbulls ook verban. Hulle is nou maar net ‘n gevaarlike ras. Niemand kan kommentaar lewer oor die eienaars wat gedit of gedat het nie, of die arme kindjie wat gedit of dat het nie. Hy/sy was sekerlik ook ‘n liefdevolle hond wat lief vir kinders was, wat sy eienaars vertrou het by hulle kind, tot hy sy eienaars se kind verskeur het. niemand van ons weet of die kind alleen buite was of nie, daai honde los nie sommer nie, die mense kon hom dalk nie eens uit die hond se byt uit kry nie. My hart gaan uit aan die seuntjie se ouers, dit moet hartverskeurend wees

Lili ·

Again, people are completely and utterly uneducated when it comes to dogs!!!!
You NEVER ever leave a child alone with a dog…I don’t care how much you trust your dog. It is irresponsible. Clearly people also have no idea what calming signals are and how to read a dogs body language. There are soooo many signs and signals before a dog actually escalates to a bite. And then if you’ve punished a dog for growling, chances are next time he won’t growl and will go straight for the bite.

I have no problem with the pitbull breed, I do however have serious issues with people choosing to own one without ANY dog or training knowledge…and no I’m not talking Cesar Milan BS training, proper dog training based on the latest research. AKA Positive Reinforcement training!

The parents, or adults in charge are to blame for this…..

Oh and according to an american study, most dog bites are from Labradors NOT pitbulls….

Lolapot ·

It’s all good and we’ll to say Labradors have the most bites but what are the statistics which dogs have the most kills? Why do I suspect Pitt bulls will be right up there?

Janine ·

Lolapot: Ek het heel toevallig net gister vir ‘n vrou op FB seker links geplaas van Labrador-aanvalle op kinders. Moet asb nie die fout maak om aan te neem AL die sogenaamde Pit Bull aanvalle was WEL Pit Bulls nie. Meeste mense het GEEN idee hoe hulle lyk nie. Enige hond met ‘n vierkantige kop word summier as Pit geklas. Daar is ‘n studie by ‘n DBV oorsee gedoen juis om te kyk hoeveel van die werknemers kan ‘n Pit identifiseer, en dit was ‘n belaglike persentasie. Lees gerus ook: DNA studies reveal that shelter workers often mislabel dogs as ‘pit bulls’

endria esterhuyse ·

True that i dont even hug my boerboels as affection to humans does not say dogs like it too …. people can do very annoying things to dogs where humans will love it. Unfortunately a very misunderstood breed but with a blood line many things can go wrong … and kids from my own experience do go out of their way to annoy animals most times, many things could have triggered it. My condolences to the family

E ·

Mens los nie ń 3 jarige aleen met ń groot hond nie!
Daai kleintjies weet nog nie hoe om met ń hond te werk nie.
Ek het worshonde en my seun van 9 kan partykeer geniepsig raak, dan kom die tande uit!
Party kleintjies trek ore en sterte en besef nie wat hul doen nie.

leoni ·

Baie jammer oor wat gebeur het dis tragies….Kom ons kry eers feite voor dat daar beskuldigings rond gegooi word.Sterkte aan die ouers van die kind.xxx

Poplap ·

Feite sê jy!
Feite is dat ‘n drie jarige kind deur ‘n Amerikaanse Veghond dood gebyt is.

Heinrich ·

Poplap – as die hond geregistreer is as APBT dan het jy rede om so te sê. Die media en ook ander mense klassifiseer kruisings as APBT’s. Tot en met jy nie al die feite het nie kan jy nie oordeel nie. Onlangs was daar ‘n studie gedoen dat APBT’s die mees geduldigste honde is. Hulle was hoër geplaas as Labs, boxers en ‘n reuks ander honde. Doen navorsing voor julle hierdie honde oordeel.

Leon Pit ·

JA Roberts daar moet ook mense soos jy wees oningelig. Kry jou feite in orde asb.

Johann Basson ·

Hoeveel mense moet nog deur groot honde verskeur word alvorens die probleem opgelos word? En wat presies is die probleem? Is daar enigsins ‘n probleem? En wie moet die probleem oplos? Wanneer en wie gaan volgende verskeur word en in welke media gaan die nuusberig eerste verskyn? En wie se hond gaan dit wees?

Nicolene ·

MAAK JOU HOND REG GROOT. MAAK SEKKER JY WEET HOE OM SO HOND GROOT TE MAAK. LEER JOU KIDS HOE OM HOM TE HANTEER. LEER JOU HOND DIE KIND IS IN BEHEER. JAMMER MAAR DIS NIE DAAI HOND SE SKULD NIE EK HET 2 BULLE EN HY EN SY LUISTER 100 PERS AS MY KUDS PRAAT! EN JY SALI NABY MY KIDS KOM NIE. DIS DIE EIENAAR SE SKULD!!!!!!!!!

Oriiental doll ·

Veghonde is net eenvoudig agresiewe honde. Hulle is daarvoor geteel. Waarom anders word Labradors nie in honde gevegte gebruik nie. Dis tyd dat mense die waarheid erken. Bred to kill. Beslis nie n hond wat enige persoon kan aanskaf nie. Hoeveel kinders moet nog dood of vermink word voordat mense wakker skrik.

Nicolene ·

Hulle IS NIE GETEEL OM TE VEG NIE! DOEN JOUSELF N GUNS EN GAAN DOEN NAVORSING OOR DIE HONDE!!!!

Dr. Diere ·

Dit is reg, gaan lees, maar Nicolene, lees in wetenskaplike joernale, nie op kwak websites nie. Hulle is geteel om dood te maak.

Andro ·

“Pitbulls” is oorspronklik geteel as plaas honde….dink voor jy praat.

Andrea ·

Hierdie honde is nie monsters nie! Volgens my ervaring neem hul een persoon aan wat hul met hul lewe sal beskerm. En ja, hul is goeie waghonde en goeie afskrikmiddels. My ervaring is dat hul egter nie so rustig is soos bv n Bullterrier nie. Alhoewel ek dink dis n lieflike hond, sou ek hom nie aanhou waar daar sulke jong kinders is nie. Weereens net my eie ervaring. Wat gebeur het is tragies, my innige simpatie aan die gesin.

cobusp ·

Ja gee diehond die skuld…….ons lewe in. Geweldadigde land……wie het gesien dit was die hond??????

Dayan ·

‘n Hond is so goed OF so sleg soos sy baas is! Leer eers vir sy baas maniere, sodat hy dit vir sy hond ook kan leer.

Zonika ·

Hoogste getal van hond aanvalle is deur boerboele. Maar tog maak daai berigte nooit so groot nuus nie, maar is wel net so hartseer, praat net van n pitbull dans dit internatiomale nuus!! Alle honde het triggers alle honde byt van labradors tot poedels dit gaan oor die groot maak. N mens los nie n kind van drie sonder enige toesig naby enige hond nie van klein na groot punt. Dis baie hartseer om te lees riv klein seuntjie sterkte aan die familie in die moelike tyd.

Fred ·

Vraag is wie daai boerboele byt, ek is seker dat hul eienaars laer rank in die gevalle.

Pieta ·

Sinnelose aanname oor Boerboele. Daar is vele meer Boerboele in SA as daai ingevoerde Pitbul gevaartes.

Zonika ·

My punt is net dat alle honde kan byt en getrigger kan word ander hond aanvalle maak nie so groot skaal nuus nie. Maar sodra pitbull genoem word is dit nag op sosiale media, ekt al gesien hoe n pitbull n dogtertjie van 5 beskerm het toe n ander groot hond haar wou aanval in die straat en dit was nie eens hul pit nie?

pauline ·

Ai my hart is seer oor di kind maar di hond kan ni di skuld alleen kry ni asb, dit maak nie saak watse tipe hond dit is ni as hy mishandeling deur gegaan het in di eerste 12weke van sy lewe is n tydbom. Ek het so n hond en sy vat baie liefde, maar verkeerde beweging en sy wil byt. Maar liefde vol met tye

Lolapot ·

Liefdevol met tye. Dit beteken die hond sal byt en jy weet hy sal byt hou jy dan die hond weg van konders/mense. As hy dan byt moet hy uitgesit word?

Liezlpo ·

Geen kind moet sonder toesig by enige hond gelos word nie. Ek het 10 groot honde waarvan 2 pitbulls is. My dogtertjie is gebore nadat ek my honde gehad het. Sy is nou n jaar en n half en word onder geen omstandighede sonder toesig by 1 van hulle alleen gelos nie. Enige persoon wat n hond besit moet die ras gaan navors en die toepaslike aandag, oefening en opleiding bied. Almal is altyd vinnig om die hond te blameer, wie staan aan die anderkant van die leiband? Dit is n bittere ding wat gebeur het, en my gebede ia met die ouers en familie van daardie seuntjie. Dit moet met geen kind gebeur nie.

Frans ·

Ek lees al die kometaar en se jamer or die baby danki die vader net dis nie my baby nie ek sal van my kop af raak om my baby so te verloor ek te lief vir my kieds

Yvonne Bornman ·

Hoe is dit montlik dat hierdie klein drie jarige blootgestel is aan n veghond!? Dit was ,”ONVERANTWOORDELIK”! n Kleintjie van 3 jaar laat ek nie eens naby my Yorkies toe, want hul sal maklik n kind snap in die gesig! Daarvoor kry jy geduldige honed soos n labradour . n Veghond, is nie veronderstel om aan kinders bloot gestel te word, wat nog te se van n Todler! Dis hoekom hul veghonde genome word, hul veg! Dis hoe hul gebreed of geteel is vir die doel. Dis beslis nie n kinderhond!

Reece ·

Jare terug het my oom ‘n pitbul gehad. Hy het altyd gespog met die “opgevoede hond”. Die hond het altyd net kos gevat van hom en was gehoorsaam met elke bevel. Hy was my oom se pride en joy. Na 2 of 3 jaar het die hond op my oom self gedraai en hom aangeval. Needless to say, hy het die hond laat gaan en nooit weer die liefde vir ‘n pitt bull gehad wat hy sy lewe lank gehad het nie. Ek het self al stelle afgetrap met pitbulls, en dis die laaste honde wat ek sal aanskaf, al is dit vir beskerming.

Ou Vlakvark ·

Ou Vlakvark sal al lankal geskiedenis wees en sal Maroela Media nog duisende berigte plaas van liewe kindertjies wie se gesigte verskeur word. En die ou debat oor gevaarlike honde en nie-gevaarlike honde sal voortgaan. En almal sal so jammer wees oor die arme verskeurde gesiggies. En dan gaan die lewe voort. As iemand regtig ernstig is oor die toekoms van die liewe kindertjies, sal hulle pro-aktief nou by parlementslede aandring dat wetgewing aangebring word om die risiko’s aan te spreek.

Maar nou-ja, waarom nie ook leeus op jou werf aanhou nie. Is mos jou “demokratiese reg”? Of word daar tussen leeus en rottweilers / wolfhonde / boelhonde / pitbuls gediskrimineer en op grond van welke wetenskaplik gebaseerde feite?

Ou Bosvark ·

Ja Ou Vlakvark, ek stem saam. Hoe pas die nodigheid en behoefte en “demokratiese reg” om groot honde wat mense kan verskeur in by die goue beginsel van naasteliefde?

Gerrelz ·

Ek gaan nou so deur almal se kommentaar… dit is baie opvallend hoe aanvallend baie mense se opinies is. Elkeen is tog geregtig om sy mening hier te lig. 3jr gelede sou ek ook die hond wou verban, maar vandag sing ek ‘n heel ander deuntjie! En ek kan nie help om te wonder of elkeen van julle wat die pitbull afmaak al enige kontak of interaksie met hierdie honderas gehad het nie…? Ek het ‘n German Shepherd en ‘n pitbull, altwee bo aan die lys van gevaarlikste honde, maar meer lovable kan jy nie kry nie! Met vreemdelinge is dit wel ‘n ander storie, asook wanneer jy een van hulle laat ongemaklik voel of terg. Mens moet weet wat jou perke is met enige mens of dier! Elke hond verskil, maak nie saak watter ras nie. Ons vorige pitbull moes ons laat uitsit. Hy het ‘n vergrote hart en vernoude are gehad, maar behalwe vir dit was hy ongelooflik aggresief op die ouderdom van 6maande. Die veearts het dit duidelik gemaak dat hy eendag net sal snap en dan sal een van ons of selfs die German Shepherd daaronder lei….
Dit is tragies en ongelooflik hartseer wat met daardie kindjie gebeur het, ek weet nie wat ek sal doen as dit my moet oorkom nie!? Maar ek glo voor ons mens of dier die skuld wil gee, moet ons eers na beide partye se omstandighede en dade kyk!

Chantel ·

Baie kinders word gereeld deur honde aangeval. Dis net wanneer dit wel ‘n pitbull is dat die storie ALTYD gepubliseer word.90% van die tyd is dit nie eers ‘n opregte pitbull nie, soms ‘n gebasterde pitbull en soms selfs staffies, bullterriers of enige hond wat dalk soos ‘n pitbull lyk. Maar op die einde van die dag maak dit nie saak watse ras hond dit was nie, die punt van die saak bly-GEEN verantwoordelike honde eienaar en goeie ouers sal OOIT hul kind sonder toesig alleen by ‘n hond los nie. Of dit nou ‘n klein of groot hond is en of dit nou jou 12 jarige ou hond of ‘n vriend se hond is nie-jy los NOOIT ‘n kind sonder toesig by ‘n hond nie. So ja, tensy die hond perongeluk en sonder hul wete iewers uitgekom het, is dit die ouers se skuld. My diepste simpatie aan die ouers en familie.

Ou Erdvark ·

Ou Vlakvark, Ou Bosvark en al die hondekenners, groot honde het al vele volwassenes verskeur en selfs doodgebyt.

So, antwoord asseblief die volgende vraag: “Hoe spreek ons pro-aktief die risiko van besering en dood volhoubaar aan? “

Monique-Pit Ma ·

Liewe sleg-se-ers Ek rig vandag hierdie op julle. Ek het 2 ‘Pit-Kinders, ja ek ag hul soos my kids, hul het mooier harte as enige van jul. Al wat jul vandag reg gekry het met jul kommentaar was om mense soos ek te wys presies hoe on-ingelig julle werklik is, Weet julle dat oor wereld heen temprament toetse op 12 rasse gedoen word waaronder “most common agressive breeds” naas n labrador 1st 93.2% haal, die Pitbull 84.1%. Dat die pitbull al 1000’e kinders uit swembad, En brandende geboue gered het, word gebruik as terapie honde, word ingespan met soek en redding werk, pit’s word beskou as mees suksesvolle narkotiese en bom snuif honde, staan bekend as “oppasser honde” want hulle is lief vir die hele gesin, is nie ‘n natuurlike slegte hond nie|! Weet julle dat die pitbull oorspronklik in die oorlog dae al na die kinders omgesien het? nie so gedink nie. AS JY NOG NIE SELF DIE LIEFDE VAN N PIT-BABA LEER KEN HET NIE, MOET ASB NIE DIE STEREO TIPE WEES WAT SAAMSTEM DIS N SLEGTE HOND NIE. die voud le by die eienaar, hoe hulle behandel word, die alewige inteeling.dankie an Janine en Mauritz vir julle pragtige bydrae!

Rika ·

Ek stem saam met jou.. Dis so hartseer dat Pitties so gebrand merk word… Dis die mensdom wat met hulle mors en hulle verniel.. Hulle is fantastiese woefs. Alle rasse hond sal byt as da iets fout is, groot of klein ras. My chihuahua het my neefie gebyt oor ons groot mense nie toesig gehou het nie. Ons het eerder om die braai geklets… Dit ontstel my so oor mense diere aanhou en hulle doen nie die moeite om hulle self ordentlike inligting te kry oor die ras en hulle self te dissiplineer oor die verantwoordelikheid van diere en kinders saam in een huis. Jy los nie ‘n kind by ‘n hond (groot ras of klein) alleen sonder toesig nie

Poplap ·

Julle is welkom om die wreedaardige diere vir julle eie plesier aan te hou. Hou hulle binne julle eiendom en ver weg van ander mense en hul kinders af.
O ja. En hou hulle gereëld onder oog om seker te maak dat Siebie en Waaksaam nie mnr Rower en mev Inbreker se lekker happie steak met die Two-step kruie opvreet nie.

Ann ·

Dit is altyd tragies as so iets gebeur. My innige simpatie aan die gesin. Nie al die kommentaar gelees nie, maar ek stem saam dat enige honderas n gevaar inhou. Ek het die liefdevolste, maar mees jaloerse Siberian Husky. NIKS en NIEMAND kom naby sy kosbak nie. My dogter het n Rotweiler … sy is n skoothond en klim gereeld met haar amper 40kg op n mens se skoot, maar sy is jaloers. Mense besef nie dat honde jaloers is nie. Ons maak nie ons honde aggressief groot nie, ons mishandel hulle nie, maar diere (enige ras) is onvoorspelbaar. Wees altyd op jou hoede, maak nie saak hoe liefdevol jou hond is nie. As n dier seer /pyn het, kan hy ook sonder rede aanval. Ken jou dier en wees bedag op enige gedragsveranderinge.

Rika ·

Ek het baie van die kommentaar gelees…. Eerstens wil ek net sê dat dit ‘n vreeslike tragedie is.. My innige simpatie met die familie… Ek glo daar is nie woorde vir die verlies van ‘n kind se dood nie…. Om net ietsie te sê oordie Pitbull… Alle honde rasse byt. Dis ‘n feit… Dis net die groot rasse wat in staat is om dood te maak. Die diere kry altyd die skuld. Nou wil ek ook net ‘n paar vrae in die bos gooi.Was die hond goed versorg? Was die hond vasgemaak? En hoekom? Was die hond goed gesosialiseer? Is die hond nie dalk siek of in pyn van een of ander aard nie? Het die hond agressie getoon? En dan seker die swaarste vrae onder die omstandighede…. Hoekom is die kind alleen by die hond? Waar was ouer toesig? Het die kind nie ore, stert of vel getrek of seer gemaak nie?…. Ek glo kinders moet ten alle tye toesig hê waar daar diere is.Ek self het honde, net klein hondjies.Ek self het ‘n klein nefie wat gebyt was deur my Chihuahua op die lip. My chihuahua was vasgevang in ‘n hoek deur my nefie waar ons volwassenes nie opgelet het nie die kind is agter die hond aan en die hond het probeer wegkom nie en op die ou einde het die hondjie gebyt. Al wat ek se dis nie altyd die dier se skuld nie

Connie ·

Daai arme ouers. Baie sterkte. En almal wat hulle bekke vol het oor die of daai hond. Dit maak nie hier saak nie. Die outjie is dood.

Xa ·

HIERS DIE FEITE: sekere hondspesies IS SONDER TWYFEL MEER AGRO AS ANDER, party is geteel om tot die dood te veg, dit is in hulle gene om nie bang te wees nie en om nie jammer te kry nie. Daar is baie geld in hondegevegte, wreed maar die glo ale industrie bestaan en is sterk. Baie geld trek top dieretelers wat spesifiek sekere species teel om besonders agressief te wees. Alhoewel die aggressie ingeteel word om op ander honde uit te oefen (om dit so spectacular moontlik te maak vir die siek toeskouers) kan mense en kinders ook teiken wees. Hulle maak uitstekende waghonde, maar wees net versigtig, en onthou, as die hond ontsnap is die bloed op jou hande.

Monique Pit-Ma ·

XA, Die veg-honde waarna jy verwys word nie toegelaat om ‘n normale lewe te lei nie! Hulle spandeer hul tyd vasgeketting, Hulle woon dikwels in klein hokke en in haglike omstandighede. Hanteerders gebruik buitengewoon swaar kettings om honde in plek te hou, gereeld voeg hulle gewigte by, met die doel vir verhoging van ‘n hond se bolyf sterkte. Honde is naby aan mekaar gehou, maar net buite bereik ten einde hul antagonisme te verhoog. Professionele “dogfighters” struktureer hul opleidings regimens versigtig, kos en voedingswaarde inname is gemeet, gee die honde steroiide! on uithou vermoe te bou is honde gedwing on te harloop, swem en hang, soms vir ure an een! Om aggressie te verbeter, is die diere gereeld geslaan en geantagoniseer. Hulle ly ook honger as deel van die opleiding, gebruik hanteerders katte of hase, as “aas” vasgebind terwyl die hond teruggehou word, Na die opleiding met die aas, laat die hanteerder die hond toe om dit dood te maak. alles te danke and die hond SE BAAS!!!!!!

Xa ·

Jy is reg, jy praat hier van die 50persent “nurture”. Ek praat van die ander 50persent “nature” oftewel genetiese invloed. Hondegedrag word deur beide komponente beinvloed en dit is al holrug gedebatteer deur wetenskaplikes, soos dis nie presies 50persent elk nie n daars heelwat ander faktore wat tel maar dit is n harde feit dat die genetiese komponent beslis baie belangrik is, en dat professionele hondetelers net soos tellers van plaasdiere vir spesifieke genetiese eienskappe teel. So teel veghondtelers vir agressie. En veghondtelers regoor wereld ruil teelhonde uit met troeteldiertelers, dit is n baie groot globale bedryf.

Surina ·

Ek het self ook ‘n pitbull en sy is my kinders se beste maat en oppasser. Sy laat hulle nie onder die oë uit nie. As hulle swem is sy al om di swembad. Di oomblik wat hulle hande di kant raak vang sy hulle en probeer hulle uit di swembad haal. Ek het ook ‘n 3 weke oue baba. Sy kom elke 15 minute in en kom “check” op hom. Sy ruik sy voetjies sy handjies gee sy kop ‘n vinnige lek en gaan uit. Sy is baie minder gevaarlik as my miniture pincher wat by tye nogal geniepsig kan wees. Die gevaarlikste ding aan haar is haar stert wat soos ‘n sweep teen jou bene slaan as sy hom so hard waai. Ek sal haar nooit verruil vir enige ander hond ni. Ek voel baie jammer vir di klein kindjie wat verskeur is maar voel soos baie ander dat di verkeerde kant van di leiband geblameer word.

Borris ·

Jy los nie jou 3-jarige kind alleen nie!………nie by n swembad nie….en ook nie by n hond nie. Die kind kan nog nie oordeel of hy die hond seermaak, of tussen die hond & sy kos kom nie….net n voorbeeld! Ouers is gewoonlik die skuldiges in sulke voorvalle!

m ·

Dis baie sleg dat die kind dood is, maar wat soek n 3 jarige alleen by die hond. Kinders weet nie hoe om met diere te werk nie. Mens moet groot honde se “attitude” verstaan want as hulle bv eet wil hulle nie he jy moet aan hulle vat nie.. n 3 jarige gaan nie dit weet nie en dalk was die hond besig om te eet of iets en toe wou die kind aan hom vat en toe byt hy of dalk het die kind sy stert getrek. Net die ouers sal weet wat hier gebeur het maar moet nie altyd die dier blameer vir alles nie. Soos ek se mens moet groot honde se temperament verstaan as jy hulle wil aanhou en weet hoe om met hulle te werk.

mariaan ·

Die kindjie is verskeur…watse pynlike dood….ENIGE hond kan n af dag he…dit bly n dier….kinders moet maar altyd liewer versigtig wees….jy kan altyd n ander hondjie gaan koop…maar NOOIT n kind vervang nie…so jammer

So so hartseer ·

Ek huil vir julle ouers, baie sterkte met die trauma en ontsettende groot verlies. Dit is beslis nie nou tyd om te verwyt, gaan sien iemand om jul te help en ek hoop regtig die hond is uitgesit, nie lelik bedoel, maar as hul 1 x gebyt het, gaan hul weer en dit sal sleg vir julle wees om voortdurend aan die aanval herinner te word, jul gaan met mag en krag die trauma moet verwerk. Baie baie sterkte

JL ·

Rus in vrede klein mensie…
Ek glo ook dat dit is hoe hulle groot gemaak word. Ons het 4 staffies en hulle is almal dierbaar veral met ons dogtertjie al vandat sy n baba was. Almal wat so teen die honde is, wat as dit jou hond was en het ‘n persoon aangeval wat in jou huis wou inbreek? Sou dit dan reg gewees het? Of jou hond het selfs jou eie kind aangeval tot die dood? Niemand weet wat die omstandighede was omtrent die aanval nie en daarom kan niemand “judge” nie.

pop ·

mense hou honde aan waarvan hulle niks weet nie, en dan is dit die hond se skuld as so iets gebeur. Ek raai dat die spesifieke hond aangehou word vir gevegde met ander vir geld. Sommige mense gee ook nie vir die diere enige liefde nie, so hulle reageer sterk op oorlewings instinkte. Maer uitgeteerde brakke sal jou aanval vir kos. Hou op om n ras van n hond aan te val. Val die mense eerder aan.

Liezel ·

Dis altyd hartseer as n kind deur n hond aangeval word …. Maar diere kan nie altyd alleen die skuld kry nie !!! aangesien daai diere geban moet word kan die res van die diere ook maar geban word in ons land nie net een soort hond byt nie almal byt !!!een van die dae mag n mens nie meer n hond he nie ….. maak jou hond reg groot en leer jou kind maniere

Sandra ·

Ons pitbul is pragtig en sag van geaardheid. Maar mens kan geen groot hond alleen saam met ‘n kind vertrou nie. Onthou dit maar altyd. Alle soorte honde het al kinders gebyt. self die ou klein skoothondjies -dankie tog hulle is klein, want hulle kan nou aggressief raak. Hou honde en kinders maar eerder altyd onder die oog wanneer hulle alleen is. Maar ai, ek is so jammer oor die ou kleintjie!

Ou Erdvark ·

Niemand, maar niemand kan my ‘n waarborg gee dat sy groot hond nimmers te nooit ooit enigiemand sal byt, verskeur of selfs dood nie. Niemand. Finish en Klaar. Nie ‘n enkele “Staatspresident Professor Doktor Generaal Hondekenner” nie.

cobusp ·

Ek het deur meeste kommentaar gelees en dit lyk of dit gaan oor eie ego…….my hond is die engeltjie byt nie …………so hier is die ware feite en antwoord gebaseer op feite,statistiek en nie gevoelens…….gaan google what dog breed kills the most humans……….by verre loshande eerste……pitbul……tweede rotweiler……derde German shephard……………en boerboele word nie eers genoem nie….

cobusp ·

Statistiek van 2005 tot 2015 is 360 amerikaners dood gebyt deur honde ……76 persent was gemombineerd tussen pit boele en rotweilers……. Dus feite mense ons kan dit nie ignoreer nie…..

VJG ·

Wanneer jy besluit om ENIGE dier in jou huis te neem, dan doen jy dit omdat die dier DEEL VAN jou gesin moet word. Slaan jou kind en hulle rebel. Slaan jou 4 poot en hulle sal ook rebel (byt). Ek het ‘n pittbull en sy is fantasties!!!NOG NOOIT GEEN aggressie getoon teen ENIGE persoon nie. Wys en gee jou diere liefde en hulle sal dit terug gee. My miniatuur worshondjie sal enige iemand byt wat op ons perseel kom. My pitty… sy verkies speel. SO… VIR AL DIE MENSE WAT SO STATISTIEKE RONDGOOI… ELKE STORIE HET TWEE KANTE!!!! Ongelukkig kan ons 4 pote nie praat nie!!! Jammer oor die gesin se verlies. Pitties sal NOOIT net byt nie. Kry julle feite REG voor julle kamtigge “kom ek google gou” KENNERS iets fals “pos”!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.