Hond versmoor byna toe hy oor grens gesmokkel word

Hond versmoor byna toe hy oor grens gesmokkel word (Foto: Verskaf)

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) het Dinsdag sy skok uitgespreek oor ʼn Suid-Afrikaanse vervoermaatskappy wat glo ʼn hond in ʼn boks oor die grens van Lesotho na Suid-Afrika probeer smokkel het en wat byna daartoe gelei het dat dié hond versmoor het.

Volgens ʼn verklaring wat deur die DBV uitgereik is, het doeanebeamptes by die Lesotho-grens vandeesweek dié hond, vermoedelik ʼn Africanis, by die bestuurder van ʼn vragmotor afgeneem nadat die hond se bene met tou vasgebind is, hy ʼn ketting om sy nek gehad het en in ʼn boks gesit is waar slegs sy kop uitgesteek het.

Die DBV sê daar is ook ʼn plastieksak om die hond se liggaam vasgebind sodat hy nie kon beweeg nie.

Reinet Meyer, ʼn inspekteur van die DBV, sê ʼn voorlopige ondersoek het getoon die bestuurder van die vervoermaatskappy het glo die hond in opdrag van sy baas na Suid-Afrika gebring.

“Die doeane aan die Suid Afrikaanse kant van die Lesotho-grens het die hond by die mense afgeneem en na die DBV in Bloemfontein gebring waar hy nou in veilige bewaring is,” sê Meyer.

“Ons is geweldig geskok om te sien wat sekere vervoermaatskappye aan diere kan doen om hulle te vervoer. Dit is totaal onaanvaarbaar om ʼn dier in sulke omstandighede te vervoer. Ons neem die saak baie ernstig en sal alles in ons vermoë doen om die skuldiges aan die pen te laat ry.”

Meyer sê ʼn klag van dieremishandeling is teen die eienaar van die vervoermaatskappy én die bestuurder van die vragmotor aanhangig gemaak.

Hond versmoor byna toe hy oor grens gesmokkel word (Foto: Verskaf)o

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

VR ·

Ag nee man! Magtig! Dit is wreed en harteloos. Moenie aan ander (ínsluitende diere) doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie. Ons moet na die diere omsien (dit is ‘n opdrag).

Marietjie ·

Ek is sommer in trane…regtig..wat gaan aan met mense. Dit is wel dalk vir sommiges maar NET `n hond maar `n hond voel ook pyn en vrees. Ek wens ek kan so iemand in die hande kry.

Harteloos ·

Ag kom ons raai, niks gaan met hulle gebeur nie. Hulle word aangekla en dan word die sake laat vaar, of wanneer dit UITEINDELIK in die hof kom word hulle onskuldig bevind of ‘n waarskuwing gegee. Wys my een ou wat in die tronk sit vir dieremishandeling in SA. NOT ONE!! .. Diere word daagliks wreed mishandel en almal tip toe om die abusers, soms selfs te bang om ‘n mishandelde verkragte dier van ‘n eienaar weg te vat want dit is SY EIENDOM waarmee hy kan maak wat hy wil. En moet asb nie probeer stry nie, ek werk elke dag daarmee!!

martie ·

Dit is ons wat dit toelaat iemand het daardie hond gekoop of bestel hkm hom hierna toe vervoer as daar geen geld gemaak word nie kry die bestemmings adres dis die persoon wat ook aangekla moet word want dis op n onwettige manier gedoen. kook my bloed vrees bestaan nie meer so seker ook nie God.

Se maar net ·

Meeste van die mense is onkundig kyk net hoe hulle beeste en skape vervoer.Hulle word so groot en dis n bose kringloop wat net aanhou en aanhou.Nou moet onskuldige diere deurloop.En wat sal die persoon jou antwoord as jy hom vra hoekom het jy dit gedoen?Oh eh eh ek het hom nie geweet jy moet so maak nie.

Catherina van Rooyen ·

Dit is totaal onaanvaarbaar. Beboet eienaar en vervoermaatskapy.

JK ·

Kom ons maak hom in a boks vas en sien of ons nog ‘n doodskis storie kan maak.
Hy sal weg kom met wat hy gedoen het. Dis mos hoe dit werk. Seker is dit die hond se skuld nie die drywer se skuld nie.

Lene ·

Doen dit in Amerika en jy word sumier toe gesluit! Dit is tyd dat SA iets doen aan dieremishandeling!!!!!!

SUSAN SCHUTTE ·

Maak die vervoermaatskappy en die persoon aan wie die hond gelewer moet word bekend sodat ‘n mens tenminste kan weet wie hierdie misrabele wesens is en hulle dan moontlik kan boikot.

Uvonka ·

Onthou in SA gee hulle nie eers om vir mense nie wat nog te se diere!!!

cor ·

Jammer maar dit is nie Amerika nie en sal ook nooit wees nie, hier is ons n provinsie van die ooste en daar is geen respek vir n hond in die ooste nie net nog n gereg om te eet. As baie van ons land se inwoners nie eers respek vir sy medemens se lewe het nie hoe kan een verwag hulle moet respek vir n dier se lewe he. Daar sal niks van die saak kom nie ons lees net daarvan en sal na vandag nooit weer daarvan hoor nie.

Rosemarie ·

Here waarom moet dit met diere wat U gemaak het gebeur. Here hulle kan nie praat nie. Hulle kan hul nie teen die wreedheid beskerm nie.Here my hart is so seer as ek dit sien.

SjN ·

Doen aan die persoon dieselfde as wat hy aan die dier gedoen het.

Amvi ·

Dit is baie sad. Ek is so dankbaar vir die DBV en die engele wat vir hulle werk.

christa ·

Wat ‘n skande om diere so te mishandle. Ek kan maar net dink wie so lag kan daal. Die maatskappy moet ook aanspreeklik gehou word. Hulle moet hulle werkers ken en seker maak did ordentlike mense wat hulle in hulle diens het.

bee ·

my bloed kook om die te sien! geen respek vir mens of dier deesdae nie! skokkend

Helene ·

Dankie dat daar nog goeie mense bestaan, veral in SA wat hierdie hond kon red. Ek het jare gelede vir die DP gekontak en gevra of ons nie regulasies kan deurvoer vir diereregte nie. Haar antwoord was daar is ander belangrike kwessies. Nou ja daar het ons dit. Ek voel dat die skole ‘n basiese program moet aanbied hoe om na jou troeteldier om te sien. As jy respek het vir jou dier, sypel dit boontoe na respek vir die mens.

wiebo ·

Diere is so kosbaar. My hondjie van 3 maande het Maandag oggend n epilleptiese aanval gekry, en is dood. Ek huil tot nou nog, dit is so onregverdig dat so n mooi perfekte onskuldige hondjie dood is. Hy was soo n groot plesier in die huis en so mooi en so perfek! Sy ma soek ook van Maandag af haar kleintjie wat dood is. Dit is n bewys dat honde gevoelens het, want sy maak sagte kreun geluidjies en ek kan sien sy mis haar kind……………. my hart is stukkend. Mense, diere is het gevoelens en ons moet mooi na hulle kyk asseblief!

Johanna ·

Arme ou dingetjie. Mag die oortreder/s swaar gestraf word. Die wette om diere te beskerm is hopeloos te lig, inteendeel ek wonder of is daar enige?

Lizelda ·

Mag die persoon/persone wat verantwoordelik is EN wat bloot net ander kant toe gekyk het vd afskuwelike wreedheid ook n LANG, UITGEREKTE EN PYNLIKE DOOD STERF!!!!!

M'Lady ·

“Animals run no risk of going to hell. They are already there.” Victor Hugo.

Niekie ·

Wreed verby. Maak bietjie daai wreedaards so vas en kyk of hulle daarvan gaan hou. Die arme hond verdien dit nie??

MNM ·

Ek mag nie judge of haat nie… MAAR… eks so seker daar is ñ baie spesiale warm plek vir mense wat sulke dinge aan diere doen. Hierdie is too much ??

Francie ·

Dis nou wanneer mense kortpad kies en nie die regte kanale gebruik om die hond wettig oor die grens te neem nie.
‘n Gesondheidsertifikaat en bewys van ‘n geldige Hondsdolheidinenting is eintik al wat nodig is, te kry by jou plaaslike veearts en Staatsveearts. ‘n Mikroskyfie om die hond positief te identifiseer is in elk geval noodsaaklik.
Hoekom nie maar die regte prosedure volg nie, terwyl jy nou die hond wil hê.

Helien ·

Ja wat gaan aan met die mense. Ek stem saam diere het ook n gevoel. Hoekom die hond se bene vasmaak en n ketting om sy nek sit. Die hond kan nerens heen gaan nie. Dit is n lang afstand hoekom nie die hond gemaklik maak nie. Nee daar is maar net geen respek vir niemand of self n dier nie. Dankie aan die doeanebeamptes dat hy dit raak gesien het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.