Hond ‘vir dood agtergelaat’

Foto: DBV

Foto: DBV

Die Bloemfontein Dierebeskermingsvereniging (DBV) het vandeesweek ʼn hond uit ʼn informele nedersetting buite die stad gered nadat die eienaar hom vasgemaak en “vir dood agtergelaat het”.

Reinet Meyer, senior inspekteur by die DBV, het gesê hulle het die hond, ʼn skaaphond-kruising, gevind waar dit met ʼn nylontou aan ʼn wasgoedpaal vasgemaak was. “Die tou was so styf om die hond se nek dat dit ʼn baie diep sny in die nek gekloof het. Die wond was septies en op sekere dele was daar maaiers sigbaar,” het Meyer gesê.

DBV-werkers het die 43-jarige eienaar van die hond opgespoor en sy verweer was dat die hond kwaai is en hy hom nie kan hanteer nie. Daarom het hy hom aan die wasgoedpaal vasgebind.

“Die eienaar het hierdie hond vir dood agtergelaat. Die DBV het die hond onmiddellik verwyder en na ʼn veearts geneem. Hy is tans onder baie intensiewe veeartsbehandeling,” het Meyer gesê. ʼn Klag van dieremishandeling is teen die eienaar van die hond aanhangig gemaak.

“Dit is heeltemal onaanvaarbaar dat ʼn dier so moet ly wanneer daar soveel mense en organisasies is wat hulle op dierewelsyn toespits. Die eienaar het geen verskoning vir hierdie mishandeling nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

charlene ·

DBV ek hoop en bid julle wen die saak. Julle is sulke goeie mense. Ek weet nie hoe doen julle dit nie, ek sal nie kan nie – ek sal elke dag net tjank en huil en sulke mense sal ek te lyf gaan!!! Ek hoop die woef word gesond en hy kry`n huis waar mense hom kan lief hê – die hond was seker kwaai omdat die hond geweet het die eienaars is `n klom “vark-nekke”
Juis vandag my face book memories is van my woef wat ek opgelaai het paar jaar terug. Sy is nie meer met ons nie – sy was baie oud en na haar maikie dood is, is sy nie lank gelewe nie.
Ek hoop hy kry of `n lekker vet groot boete – hulle kry mos nie meer tronk staf nie!

CHRISTA ·

Nee, moet hom nie beboet of tronkstraf gee nie. Hy moet elke week ten minste 2 dae by die DBV werk vir ten minste 24 maande!!! Daar sal hy leer: ‘n hond is jou mees getroue vriend – behandel hom net met liefde!!!

Gesiggie ·

Ag sjaim die hond is kwaai, nou maak jy hom aan n paal was met n tou wat hom wurg…as hond dan so kwaai is, hoe dink jy gaan hy enige iets kan doen indien iemand probeer inkom by jou plek, hy sal nie eers kan beweeg, met die tou so styf om sy nek… ek wonder hoe jy sal voel om so met n tou om jou nek vas gemaak te word,,, diere is daar om vry te beweeg, ek verpes dit as mense diere vasmaak….Dankie aan die DBV dat hierdie hond nog n kans kon kry… ek hoop jou eienaar kry sy straf wat hy verdien… en ek hoop dat jy ou Hondjie, n baie goeie huis sal kry, waar jy heeldag kan rond harloop, en baie liefde ontvang…

Ruby ·

Dit breek my hart. Ek wens hulle bring die lisensie vir honde terug soos jare tevore. Die aantal verwaarloosde honde, veral in die plakkerskampe, is hartverskeurend :-(

Alle honde moet gesteriliseer word en net geregistreerde honde telers mag puppies verkoop. Te veel maak gebruik van hul honde as broei kaste vir geldgewin.

Daar was ‘n paar maande terug ‘n vrou wat na ‘n meenthuis toe getrek het en stop hierdie dingetjie in hul hande want hulle mag nie honde aanhou nie, ek kon dit nie glo, hoe trek jy na ‘n plek toe sonder om seker te maak daar is plek vir jou kinders?

Klein Tjokkie (chihauhau en worshond kruising) is my bondeltjie wat soos ‘n stukkie uit die hemel geval het. Ek dink ek irriteer hom soms met al die liefde wat ek hom gee :-)
Hy het mooi gewig opgetel en FLOREER.

Kallie ·

As diere nie so weerloos was nie en nie so op die mens aangewese was nie, sou hierdie aaklige mishandeling nooit plaasgevind het nie. God het die mens aangestel om oor Sy skepsels te heers, ons misluk klaaglik!

Eliza-beth ·

Daar is ‘n spesiale plek in die hel vir dieremishandelaars. Hoekom nie net die arme dier DBV toe neem as jy hom nie wil hê nie. Ai liewe hemel ek hoop die hond kry ‘n leifdevolle huis. Mense ondersteun asb die DBV, onthou elke sent telen help diere soos hierdie!

Meraai ·

Spïeelbeeld van die siek samelewing waarin ons bly! Ek hoop die dierekind kry ‘n baie goeie huis en die sogenaamde eienaar die hel wat hom toekom!

Justa ·

Hierdie sogenaamde “mense” wat hulle diere so laat ly moet in die tronk gegooi word en die sleutel moet verdwyn. Siek land met siek mense en moenie dink SA is die enigste land waar diere so mishandel word nie. Dis n wereldwye verskynsel. Diere se hel is op hierdie aarde.

Anoniem ·

Sit n tou, maak hom baie styf vas om die eienaar se nek vas sodat die tou hom sny en laat maaiers hom begin eet, want die eienaar is kwaai en kan nie beheer word nie. Nie die hond nie.

Theresa B ·

Tipies – Altyd gereed met ‘n vrot verskoning. Gee asb die eienaar vir my.
Ek hoop regtig die dier kom oor hierdie trauma en iemand gee hom baie liefde en aandag en ‘n wonderlike huis.

maryks ·

Kan ons hom ook aan die paal vasmaak met n tou om sy nek,daar is ‘n rede hoekom die hond kwaai geraak het,jy as eienaar is die hond se voorbeeld,so hoe kan dit net jou antwoord wees.
gaan vertel iemand anders daai storie en kyk of hul dit jou glo.

GES ·

Walglik en barbaars!! Baie dankie vir toegewyde mense (DBV) wat hulle lewens wy aan die wat nie vir hulleself kan praat nie. Die eienaar moet vervolg word en verbied word om ooit weer ‘n dier te besit.

Di ·

Ja nee ek verpes sulke mense!! Waarvoor het die persoon in die eerste plek die dier gevat, om hom so te laat ly? Ek laat my nie vertel dat hierdie dier nie aanmekaar getjank het met soveel pyn nie. Hoop hy kry ‘n hengse groot boete wat hom 2keer sal laat dink voordat hy ooit weer ‘n dier aanskaf!!

Griki ·

Hy het waarskynlik die hond vantevore mishandel en dis waarom die hond “kwaai” geword het – selfverdediging. Geen gesonde hond word sommer net kwaai nie. Ek hoop die DBV wen die saak en hy word toegesluit.

pop ·

Zuma het mos gese honde aanhou vir troeteldiere is witmense se ding. En swartmense wat honde aanhou vir troeteldier dink hulle is beter as ander. Ons sal nooit om dieselfde vuur kan sit nie, hulle maak groot vure en brand alles af, en ons maak klein braaivleisvuurtjie in n houer om nie skade aan te rig nie. Kultuur verskille is enorm!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.