Hond waak lank langs eienaar se liggaam

Anne Ferreira. Foto: Via Facebook

ʼn Bejaarde vrou van Port Elizabeth se getroue hond het vermoedelik dae lank by haar liggaam gewaak nadat sy wreed in haar huis in Somerstrand vermoor is.

Anne Ferreira (83) se liggaam is Sondagoggend in die kombuis van haar huis in Kuruman Kloof-weg aangetref. Terwyl miljoene mense reg oor die wêreld Moedersdag gevier het, moes Ferreira se drie kinders op dié dag die skoknuus ontvang dat hul ma vermoor is.

Kapt. Johan Rheeder, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn groen Opel Corsa is omstreeks 07:00 Sondagoggend verlate buite Despatch opgemerk. ʼn Voorlopige ondersoek het aangedui dat die voertuig nie as gesteel aangemeld is nie en polisiebeamptes het die besonderhede van die eienaar van die voertuig nagespoor. Dit het hulle na die huis in Kuruman Kloof-weg gelei.

Volgens Rheeder het beamptes met hul aankoms daar Ferreira se liggaam deur ʼn venster opgemerk. “Sy was reeds oorlede. Daar was geen ooglopende aanduidings van die oorsaak van haar dood nie en dit sal deur die nadoodse ondersoek bepaal word. Die nadoodse ondersoek is vanoggend afgehandel, maar ons wag nog vir die verslag. Ons wil nie nou oor die oorsaak van dood bespiegel nie,” het Rheeder gesê.

Hy het gesê Ferreira was in die proses om te trek en die meeste van haar besittings was reeds in bokse gepak. “Die huis was egter baie deurmekaar en alles was rondgegooi. In dié stadium vermis ons nog net ʼn platskermtelevisie,” het hy gesê.

Herald Live berig Ferreira het onlangs ná baie oorreding ingestem om haar huis te verkoop en sou aan die einde van die maand na ʼn aftree-oord verhuis het.

Volgens Rheeder het Ferreira twee honde gehad, Tory en Trompie. “Tory is ʼn groot ras-hond en polisiebeamptes het al hul dae gehad om haar weg te kry van die oorledene se liggaam af. Tory het langs haar baas gelê en geknor as beamptes wou nader kom. Dit was ʼn gesukkel om haar daar weg te kry.”

Rheeder sê dit is nie duidelik in wie se sorg Tory en Trompie nou is nie.

Volgens Rheeder vermoed die polisie dat Ferreira moontlik reeds Donderdag aangeval is, aangesien iemand haar Vrydag by haar huis besoek het, maar geen antwoord gekry het nie.

ʼn Saak van moord word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

marous ·

Daar is geen land ter wereld waar weerlose ou mense so uitgemoor word met die stilswyende goedkeuring van’n regering en opruiende aanhitsing van hul lakeie , soos in die plek nie.

Liberaal ·

Nee ons mag nie statistiek tot op daardie vlak afbreek nie want moord op bejaardes sal SA en die ANC en hulle beleid te sleg laat klink. Daarom mag ons net praat van moordstats in baie bree terme, dit is hoe liberale waardes bepaal.

Ek stem ·

En dit is wat dit soooo hartseer maak van wat eens n pragtige veilige land van ons was, die regering en polisie ag n lewe niks meer werd nie. Hulle gee net nie om nie!!!

honourable member ·

Diere is so getrou aan n mens. Hoop hulle kry n goeie huis. Sterkte aan die tannie se familie.

Lizelda ·

My hart gaan werklik uit na die familie, dit is so hartseer, soveel ma’s het oor die naweek hul lewens verloor. Die arme 2 honde is deur erge, erge trauma. Hoop hulle is in veilige bewaring met baie liefde en begrip.

verstaan nie ·

ek verstaan nie, sy is wreed aangeval maar “daar was geen ooglopende aanduidings van die oorsaak van haar dood nie…” baie teenstrydig. My innige meegevoel vir die familie en ek hoop nie die staatmaker honde eindig by DBV op nie

Juffie ·

Staatmaker honde?! Nou waar was die honde toe sy aangeval was? Waar was haar kinders Vrydag en Saterdag . Hoekom sal die honde nie by een van die drie kinders bly nie. Genade, dis hulle mamma se honde?
Wonder maar net?

ChristaT ·

Juffie jy moet jouself flippen skaam. Kinders het hulle geliefde moeder veloor en jy sit en oordeel en veroordeel hulle sonder dat jy enige feite het. Jy is ‘n koue koue gevoelose mens. Pas jy jou ouers 24 uur van die dag op en is jy 365 dae van die jaar permanent in hulle geselskap ? Hou op om vinger te wys want 3 wys terug na jou.

Tertia ·

Wat met die dame gebeur het is verskriklik, ek hoop egter dat iemand nou haar 2 honde sal vat en mooi na hulle sal kyk.

Anoniem ·

Op daardie ouderdom sou n mens dink dat een kind sy/haar ma sou bel om te hoor hoe gaan dit per dag maar dit is maar soos hulle se n ouer kan n kind grootmaak maar n kind kan nooit na n ouer omsien. Dit is tragies want ons as kinders maak seker dat ons ouers elke dag gekontak word sodat ons op hoogte kan bly van hul gesondheid. Tannie is nou dood en die horlosie kan nie terug gedraai word nie maar mag ons as mens hier weer eens leer dat ons n liefde moet he vir ons medemens. Ons het grootgeword waar ons almal in die straat geken het. Jy en jou buurman het oor die draad gekuier en saam koffie gedrink vandag weet ons nie eens wie is ons buurman.

Theresa ·

Ek lees in artikel sy was besig om te pak om te trek. So die familie het seker gevoel hul wil haar “veiliger” laat bly op so ‘n hoë ouderdom.
Tragies.

ferdi ·

Liewe ouers ho wreed het Suid Afrika geword en dit sal ni ophou ni dit gaan net erger word misdaad is buite beheer

Johann ·

Ramapoza, Sisulu.. en al die ander ALS IS OK IN SA leunaars, ek is siek tot in my menswees om oor en oor en oor te moet lees hoe absolute weerlose oumense verniel en vermoor word, terwyl JULLE smile en die wereld vol lieg oor die stand van moord en geweld teen blankes!

Hoe moet dit voel om so oud en alleen aangerand en vermoor te word, na jy jare oorleef en deurleef het?

En ek laat my NIE vertel al die wreedheid is NIE bepland en deel van n anargie en terroris strategie nie!

SIEK SIEK SIEK SIEK… wie ook al in sy of haar boosheid dit bedink en doen, jys vervloek as “mens”. Jou lafhartige slapgat aanvalle op die wat hulself nie kan verdedig nie is onmenslik.. GEEN maar GEEN lewende wese kan sulke boosheid regverdig nie.

Jy mag miskien wegkom in hierdie land, of selfs jou dae op my rekening in gevangenes skap deur drinh MAAR… jy bring n vloek oor jou en jou soort wat jou en jou soort sal vernietig.

Anthony ·

Beter kon ek dit self nie stel nie. Dankie Johann. Ons kamtige “leiers” en hul stilswye rondom die vlak van misdaad maak my SIEK. Ek is skoon naar waar ek hier sit. Dat ‘n bejaarde vrou op haar oudag om die lewe gebring word vir ‘n platskerm-tv , ek het nie woorde nie….

In my hart wil ek graag glo dat dinge sal beter word, maar om eerlik te wees glo ek ons is “past the point of no return”. Misdadigers het nou die oorhand en korrupte politici het nie n saak met mense op grondvlak.

Woorde kan nie beskryf hoe kwaad en ontsteld ek nie.

Oom Kalahari ·

Alle medelye aan hierdie gesin vir hul groot verlies. ‘n Moedersdag wat gevier moes word is in hartseer gedompel. Die diere was lief en betroubaar teenoor hul baas, maar die mens is onbetroubaar, vol haat asook growwe gedagtes van moord, roof, diefstal, verkragting, lieg en bedrieg, onchristelike optredes teen medemens, korrupsie ens.

Ongelooflik hartseer ·

Ongelooflik hartseer dat niemand dit agtergekom het nie, as dit nie vir haar motortjie was nie, sou sy nogsteeds nie gevind gewees het nie. Mens mag nie oordeel nie, maar gaan luister gerus Manie Jackson se liedjie oor dorings. Ek hoop daai verskoning vir ‘n Minister lees bietjie van dit!!!!!!

TLC ·

Ek gaan niks anders as my simpatie gee nie sonie is ek op more se voorblad Ek is so jammer vir familie Mag God se hand jul styf vashou Oorsaak van haar dood regtig Haar kar word waar gevind haar huis omgekrap Ons weet mos man Tannie ek is so jammer

Gesiggie ·

Dit is so hartseer… kan net dink hoe hierdie liefdevolle hond moet treur oor sy mamma wat weg is,,,, wat n prag van n vrou… my hart gaan uit na haar familie, so baie pyn wat verwerk moet word, sy kon n beter lewe gehad het nadat sy getrek het,maar nou is haar lewe geneem deur bose wreede moordenaars wat nie n gevoel het vir sy medemens.. mag jul boet en swaar betaal vir wat jul gedoen het. Sterkte aan die Familie en al die geliefdes, mag hierdie hondjie se lewe weer gevul word met geluk. RIP Mevrou

Adam ·

Tilla, ek is so dankbaar dat daar mense soos jy is wat kan insien dat die probleem met geweldsmisdaad in SA is dat dit in ‘n “nasionale sport” ontaard het waar lafhartige misdadigers weerlose mense teiken. Die lafhartige, misdadige skuim is nie net op die ras van die slagoffer ingestel nie, maar pleeg misdaad in situasies waar hulle nie veel weerstand kry nie. Dit is die hoofrede vir oa plaasaanvalle waar die slagoffers nie omring is deur ander mense nie. Die politici en hul opruiende toesprake, gekoppel aan die oneffektiwiteit van die SAPD gee boonop ekstra stukrag aan die vlaag van misdaad.

Wonder ·

Genade tog. Sterkte aan die familie, hoop die polisie kry die moordenaar.

Wakend ·

Die dat ek my ouers soggens, middae en saans (soms tweekeer) skakel om te hoor of alles wel is. Hulle is ook in hul 80’s en bly nog alleen maar ek maak seker ek weet dat hulle okay is. Dis nie altyd finansieël moontlik om hulle in ‘n aftreeoord te kan laat bly nie maar ‘n ou is waaksaam.

Ek is bitter jammer dat die tannie op daardie rype ouderdom haar lewe so moes verloor. Die skok en knou vir haar kinders moet onbeskryflik wees.

Dellie ·

Dis baie tragies.
ASB ASB kan iemand net seker maak of Tory en Trompie goed versorg word nou………

rollie ·

Die honde het seker weggekruip toe sy aangeval is en raak toe braaf nadat die moordenaar(s) weg is. Lyk vir my eerder useless as getrou. Wat help dit nou om sulke “waghonde” aan te hou?

Piet ·

Jong soos mens diere kry wat lafaards is kry jy mense wat ook maar lafaards is. Kyk hoe maklik het mense hulle erfenis in hierdie land prys gegee omdat hulle bang was vir bietjie konflik. Die hond het ten minste by sy baas bly le nadat die vermoor is. Mense wat hul land prys gegee het slaan op die vlug en lewer kommentaar vanuit sekuriteits oorde of die buiteland terwyl hulle kyk waarheen hulle volgende kan weghardloop.

Els ·

ChristaT, ek moet met Juffie saamstem. My ma is ñ weduwee en ons kinders sorg dat een van ons haar ten minste elke dag bel. Jammer vir ñ oumens wat ñ ander Suid-Afrika geken het, om haar lewe op so manier te verloor. Na waters waar daar rus is.

Trinity ·

Al daaraan gedink dat d honde buite die huis was en nie kon inkom nie? Dalk was die Tannie se kinders oppad na haar toe, dalk was daar ‘n familie-twis, dalk, dalk, dalk. Ek glo almal wat die kinders en die honde so “beskuldig” is bekend met die familie se lief en leed. Hou op oordeel – dit is nie julle plek of werk nie!

Sterkte aan die familie en ek hoop die honde is veilig en versorg.

Geskok ·

Wat ek nie verstaan nie, is dat daar niks van die moorde op die nuus kanale gese word nie. Dis asof dit nooit gebeur het nie. RIV tannie en baie sterkte aan die familie.

Lizl ·

Moord Moord Moord … Bedrog, moord, bedrog moord, moord, bedrog. Dit is hoe die nuus deesdae lyk, en ons loop nog met geblindoekte oë rond en droom van `n mooi SA ?

Verstom ·

My hart gaan uit na die familie en geliefdes! Ek het nie n antwoord of n oplossing nie, MAAR God slaap nie. Dit is al waaraan ek myself troos :(

Piet ·

Jong soos mens diere kry wat lafaards is kry jy mense wat ook maar lafaards is. Kyk hoe maklik het mense hulle erfenis in hierdie land prys gegee omdat hulle bang was vir bietjie konflik. Die hond het ten minste by sy baas bly le nadat die vermoor is. Mense wat hul land prys gegee het slaan op die vlug en lewer kommentaar vanuit sekuriteits oorde of die buiteland terwyl hulle kyk waarheen hulle volgende kan weghardloop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.