Hond wat ‘aanvallers’ verjaag met mes gesteek

‘n Gewonde Triton. (Foto: Facebook)

Waarskuwing: Die foto’s in die berig is grafies van aard en mag sensitiewe lesers ontstel.

Vermeende plaasaanvallers is Saterdagaand in hulle spore gestuit toe ’n boer van Prieska in die Noord-Kaap se boelterriër op die aanvallers afgestorm en hulle verjaag het voordat hulle die boer enige leed kon aandoen.

Alex Sandenbergh (66) het kuiergaste op sy plaas sowat 10 km buite die dorp onthaal waarna hy later die aand saam met die gaste uitgestap het na hul motor voordat hulle gery het, het Pikkie Sandenbergh, Alex se skoondogter, aan Maroela Media vertel.

Alex het teruggestap na die rondawel waar hulle die aand gebraai het om die ligte af te skakel en wou net die deur gaan sluit toe hy iemand by dié deur hoor. Die boer is toe deur twee onbekende mans begroet.

Alex het dadelik vir Triton, sy tweejarige boelterriër, geroep wat elders in die rondawel op ʼn bank gelê en slaap het. “Triton was dadelik op hulle omdat hulle vir hom ook onbekend was,” het Pikkie vertel.

Triton is gedurende die voorval drie keer met ʼn mes gesteek. (Foto: Facebook)

Triton was net meer as ʼn maand by Alex op die plaas. Toe Alex se hond dood is en daar geen hond op die plaas was nie, het sy seun en sy vrou hulle hond, Triton, vir Alex gegee. Volgens Pikkie kan haar skoonpa, moontlik weens skok, nie veel onthou wat presies daarna gebeur het nie. Triton is wel in die proses drie keer met ʼn mes gesteek voordat die mans op die vlug geslaan het.

Alex het dadelik sy seun Burger Sandenbergh, Pikkie se man, gebel waarna hulle die plaaslike noodgroepe na die plaas ontbied het. Lede van dié noodgroepe het tot laatnag na die verdagtes gesoek, maar tevergeefs.

Triton is dadelik behandel en die bloeding van die drie wonde op sy rug is gestop. Hy het ook steke ontvang, het Pikkie vertel. “My skoonpa het niks oorgekom nie. Triton was te gou op hulle,” het sy gesê.

Kol. Mashay Gamieldien, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Volgens Gamieldien is een van die vermeende aanvallers deur die hond gebyt.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en plaaslike hospitale en klinieke is in kennis gestel om op die uitkyk te wees indien die gewonde verdagtes moontlik mediese behandeling sou gaan soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Naomi Berger ·

Mag julle Triton baie gou beter word.Hy was so braaf …
Laat ons tog weet hoe dit gaan.
Sterkte vir julle almal.

Jo-anli ·

Ek dank Ons Hemelse Vader dat mense veilig ongedeerd is, so so jammer vir die liefste hondekind dat hy pyn moes deurgaan, dankie aan Triton hoop jy word gou gesond liewe kind. Eks ook 2 pitbulls en behoede iemand moet my kinders iets asndoen. Dankie julle is almal veilig.

Charissa ·

My twee bullterriers is my kinders, hulle is oral waar ons is en elkeen slaap op n bed, die geringste geluid of beweging dan is hulle op, beste liefdevolste en baie loyal diere kinders. Niks en niemand kan eers naby my erf of kar kom nie.

Henda Myburgh ·

Welgedaan fantastiese honde daai lief hulle stukkend!! Nou sal hulle moet pasop hulle gaan terug kom en die hond vergiftig!!! Sal hom permanent nou in die huis moet hou!! Hoop van harte hulle gaan dit doen en dat hy gou gesond sal word!!

Bonita ·

Trots op die helfde hond!!! Boere kry vir julle 10 van DIÈ honde wagters! !!!

HARTSEER ·

Ek is so hartseer oor wat in ons land gebeur & dat die hond so gesteek is – aan die anderkant is ek so bly dat die hond gekeer het dat die man aangerand word.

Mense laat julle brakke by julle in die huis wees – verkieslik ‘n kleintjie ook met fyn oortjies en dan die grotes wat die keer werk doen.

Uilspiëel ·

Mooi so Triton! Mag jy spoedig volkome herstel! Ek glo jou baae is jou ewig dankbaar! Dis hoekom ek 1 Rotweiler buite en 2 binne in my huis het! Dit gaan nag was vir enige lafaard wat my my wil aanval! Dank God dat hy saam met julle was!

Hero Woef ·

Ek mag dalk verkeerd wees maar daai pragtige Hero Furry baby is n Bull Terrier en nie n Amerikaanse Veghond nie….????

Soltykat ·

Wow. Wel done Triton. Hoop hy word gou gesond. Hy verdien i lekker groot steak. Hy lyk ook maar baie na ‘n bullterrier vir my.

Rene ·

Die hond is ‘n Engelse Bull Terrier, nie ‘n Amerikaanse veghond nie.

Heidi ·

Jy is 100% reg beslis nie n pittbul nie! Maar wel n bullterrier!

Tania Heyns ·

Dagsê lesers

Dankie vir julle kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Nellie ·

Dis n bullterrier ons het jare gelede twee wittes gehad en wie nie welkom was sou durf waag om op ons perseel te kom. Sterkte vir julle

Tash ·

So bly die Boer en hondekind is OK!!! Hulle dag sal kom! En dis waarom ek meer liefde het vir diere as mense!!

PJC ·

Ek hoop Triton word hierna bederf met ń lekker groot “steak” en sommer baie aandag en liefde sodat hy in die toekoms nog baie aanvallers kan aanvat.

Ella ·

Ag HERE laat hierdie goed asseblief ophou.
Ons is al so afgestomp van al die aanvalle en slegte nuus.
Dankie dat die man se dapper hond hom beskerm het al het hy self sleg seergekry.
Ek is so bang dat hulle sal teruggaan. Hierdie misdadigers vergeet nie….

Hartseer ·

Was dit nie vir Titon nie kon dinge lelik skeef geloop het. Hoop jy word vining beter. Die aanvallers word opgelei in gorilla oorlog daarom word hulle nie gevang nie!

Hans ·

Ons boere sal meer moet belê in kwaai honde .Die wat doodbyt kan mos in die aande losgelaat word.Daar moet ook n hond in die huis slaap.Hierdie land sal nie regkom nie- te veel haat en die staat het nie die wil om kriminele vas te vat nie-dis n “ gangsters paradise”.

JV ·

Skaf nog so n paar van sy soort aan. Mooi so Triton. ! Dink almal moet n paar aanskaf en in die huis laat bly, dan kan die boosdoeners n lekker verrassing kry.

Christien vd Westhuizen ·

Gee daardie hondekind n stywe druk en n klapsoen op die bek hy het n lewe gered dankie VADER

willem Botha ·

Dit is definitief n bulterrier, n amerikaanse veghond is gewoonlik net in die nuus as hy n kind of sy eienaar aangeval het,gee daai bulterrier n steak vir sy dapperheid.

Helene ·

Triton, hoop jy word gou beter!! Het al vier bullies gehad, fantastiese honde, maar jy moet hulle reg grootmaak. Die vegterinstink sal op die regte tyd gebeur, soos hier (familie beskerm). Sal altyd vir dié ras opkom. Hoop jy kry ‘n lekker groot steak!!

Tino ·

Varkhonde is die beste honde in die wêreld. 1 teen 3, stuur my ‘n adres. Het ‘n Morawiese steak met Triton se naam op

Al ·

Dankie dat hierdie nie in ñ tragedie verander het nie. Ek is so bly die boer en sy hond is okay.
Honde speel n belangrike rol om mens vooraf te waarsku. En n wakker hond snags in huis is goud werd.

Andrea ·

Beste honderas wat daar is
Bly hy kon sy mense red. Mooi so, frisbul.

Christa ·

Hoop die hondekind herstel Sommer Hou. Hou Hom gerus in die huis sodat Hy nie vergiftig Kan word nie. Kry gerus nog twee van hulle. Hulle is lieflike hondekinders .

Thys ·

Mooi so oubaas se honne eks bly jy kon jou oubaas red, ja mense kan maar sê wat hulle wil ek het ‘n hele spul klomp klein brakkies in my huis dag en nag en hulle slaap saam ons in di bed,’ n groot rif rug boerboel kruisings wat in haar tyre bed in di kamer by ons slaap snags en bedags is sy buite, dan is di Jack russel en di windhond buite wat di yard buite oppas en glo my as een af gaan gaan di hele klomp af so nee eks gefix met my wag honde

Jan ·

Hone kan maklik vergiftig word.daar is spesiale eenhede binne die anc wat hiersie plaasaanvalle beplan en uiyvoer

Adri ·

Ons moet terug beweeg en ons plaashuise beskerm met hoë mure en n diep grag om dit.

Charlie ·

Ek is nie ‘n groot liefhebber van ‘n bullterrier nie – ek moet erken ek is bietjie bang vir wat hulle my welkome besoekers kan aandoen.
Maar as.ek so ‘n beskerming kan kry om onwelkome gaste van my lyf af weg te hou kan ek my opinie dalk net verander.

Magda ·

Triton ek hoop jy kry n groot steak wanneer jy beter voel. Mooi so ou honde kind. My 2 Jack Russells is geleer om op seekers hand bewegings te reageer en eet ook net uit hulle kos bak. As hulle blaf Dan is daar fout. Gelukkig is Bull sekuriteit altyd vinnig. Baie bly almal is veilig. Ons moet maar parraat wees

Strand looper ·

Whow….Dit is lekker om goeie nuus n slag lees!. “Give that dog a bone”

Boerboel ·

Triton jou yster, Hoop jy kry nou elke dag ‘n lekker been met ‘n vleisie aan. Ek dink boere moet sommer 10 van hulle kry per werf. Hierdie honde stuit vir niks en is baie dapper. hoop jy word gou beter. jy is ‘n held!

Johnny Smith ·

‘n Boer sonder ‘n roer is in sy m%@r. Ons Boerevolk moet hulself bewapen, oefen om wapen effektief te gebruik en 24/7 gewapend wees. Ons is in ‘n oorlog situasie, en die vyand is besig om ons stelselmatig uit te wis.

Paul ·

Gee vir Triton ‘n bakkie vanielje (NIE sjokolade nie) roomys. My Bullterriërs het dit net by spesiale geleenthede gekry en hulle is mal daaroor.

Carel Breytenbach ·

10 uit 10 vir n bul van ‘n hond. Prysenswaardige onverskrokke honde moed. Mag hy lank lewe. Wees op jou hoede, hulle gaan terug kom om wraak te neem.

Attie. ·

Ek pleit al hoe lank dat hoewe en plaasbewoners net ‘n bietjie moet gaan sit en dink oor hul eie veiligheid. Hier is ‘n bewys van hoe ‘n hond sy baas se lewe in alle waarskynlikheid gered het. Indien jy honde het kan jy aan hul gedrag agterkom of daar iets in die aand by jou huis nie pluis is nie. Mense, die engele bewaar ons almal maar dan moet ons ook iets doen, ons kan nie net sit en sê, die Here sal ons bewaar nie. Diefwering en alarms en honde is nie so duur nie en buitendien is honde wonderlike metgeselle en ons beste vriende. Ons moet net wakker word want elkeen van ons kan more deel van die statistieke word.

LINDA ·

NEE HOU 20 van hulle aan!! DINK NET HOE HULLE SAL ” PERFORM” Utstekende honderas. Baie beskermend. Hoop hy word gou gesond en kry nog n klomp maartjies by.

Antoinette Jacoba Moolman ·

Verkeerde spelling Netwerk! Hulle heet “BULLTERRIERS” nie “boel…” nie.
Wonderlikste honde as jy die regte bloedlyn aanskaf – meer liefdevol kry jy nie. Maar kom naby hulle mense!!!

Tritonthehero ·

Net so Triton. Vreet hierdie terroriste op! Herstel gou…

Loraine ·

Mooi so Triton, hoop jy voel gou beter en jou wonde herstel mooi. Jy verdien n medalje vir dapperheid en het jou baas se lewe gered. Sterkte Triton en aan sy baas. Ai mense met alle respek, as julle mooi die berig gelees het sal julle sien daar word nie gepraat van n veghond nie maar n bullterrier. Jo- Anli het gese sy het twee pitbulls gehad nie maroela media nie.

Margaret ·

Triton is a hero! Well done. So grateful that he helped avert a tragedy – almost paying with his own life. What a dog!

Jeanette ·

Yster hond daai, gee hom ‘n medalje….ons het 2 bulterriers op die plot, geen boef sal dit inni dag of nag naby ons waag nie…wonderlike honde met persoonlikheid….

Trinity ·

Behalwe vir ‘n groot vet stuk steak, hoop ek Triton kry ‘ n klem-in-kaak-inspuiting ook – net vir ingeval hy dalk iets opgetel het toe hy gebyt het…

Andre C ·

ek hoop Triton herstel gou en kry n lekker steak en baie liefde.

Jean ·

Dis hoekom ek Bullies het , niemand kom naby nie en hulle is so sterk en taai soos n Ratel !!!! Well done Triton !!!!!!!!

wel gedaan ·

Miskien moet ons elkeen ‘n ou leeutjie aanhou sodat hierdie tipe “mense” op hulle hel kan kry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.