Honde by DBV vergiftig

Argieffoto: https://pixabay.com

Personeellede by die Matlosana-Dierebeskermingsvereniging (DBV) is hartgebroke nadat twee van sy kantoorhonde vergiftig is toe rowers Maandag by die vereniging se perseel in Klerksdorp in Noordwes ingebreek het.

Dié DBV-tak is in die afgelope twee weke twee keer deur rowers getakel. Tydens Maandagaand se inbraak is bande van die DBV se voertuie af gesteel.

Volgens die DBV neem hulle elke maand ongeveer 250 diere in en is hulle onder uiterse druk met ʼn personeeltekort en ʼn tekort aan finansies.

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) sê in ʼn verklaring dit is prysenswaardig dat die DBV daarin slaag om sy deure oop te hou met die klein getal toegewyde personeellede wat dié hoeveelheid diere moet hanteer, inspekteurs moet oplei en proaktiewe dieremishandelinginspeksies moet doen – dít alles te midde van ʼn algemene gebrek aan ondersteuning van die publiek.

Die NDBV het ʼn beroep op die publiek gedoen om hul steun aan die Matlosana-DBV toe te sê. “Die werk wat die DBV in hierdie dorp doen is van onskatbare waarde en ongelooflik belangrik. Sonder die Matlosana-DBV sal daar ʼn enorme en verskriklike leemte bestaan met die diere wat sal ly,” lui die verklaring.

“Bloot die reusegetal diere wat deur die Matlosana-DBV ingeneem word, is genoeg om te sien dat hierdie DBV dringend nodig is in hierdie gebied.”

Vir meer inligting oor donasies of skenkings van dierekos en ander dierebenodigdhede aan die Matlosana-DBV, besoek hul webtuiste hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

GM ·

Om te dink daar is maatskappye wat hondekos vernietig omdat iets op die verpakking verkeerd gedruk was. Plaas hul dit skenk.

E.K. die eerste ·

Ag ASB DBV kry ook een van hierdie 5 nommers wat mens kan ‘n woord sms en bv R20 of so skenk dis SO maklik en enigeen kan dit doen ipv julle eers opstel op jou bank as “beneficiary” en dalk het jy nie eers regtig geld om te skenk om so storie die moeite werd te maak. Ai hoop imand van daar lees tog hier.

Karen ·

Ja en onthou ook die Nasionale kantoor vat ook n helse hap vd geld

Eish ·

E.K. die eerste, weet jy hoeveel van die geld deur daardie sms’e gaan na die selfoonmaatskappy?

E.K. die eerste aan Eish ·

Dit maak NIE saak, elke sent wat hier gaan help gaan help. Ek kry gereeld sms’e van 2 hondeskuilings in nood wat vra om weer te sms en ek doen met graagte. Liewer net ‘n gedeelte van die ksote aan die skuiling as glad niks. As jy ‘n beter en makliker oplossing het gee dit asb!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.