Honde-eenheid trek ‘perlemoenstroper’ vas

Die perlemoen waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Beamptes van die polisie se honde-eenheid in Port Elizabeth het Dinsdag in die vroeë oggendure ʼn 20-jarige verdagte in hegtenis geneem nadat beweerde onwettige perlemoen in sy besit gevind is.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het inligting van onwettige stropery ontvang en die gebied gefynkam.

“Teen omstreeks 02:00 het ʼn verdagte uit die bosse langs Marineweg te voorskyn gekom. Die beamptes het hom voorgekeer en sy sak deursoek,” het Naidu gesê.

Volgens Naidu is 243 stukke perlemoen in die man se besit gevind. Dit weeg sowat 50 kg en het ʼn geskatte straatwaarde van R50 000.

Die man moet binnekort in die hof verskyn.

“Die oorbenutting van perlemoen uit die see hou ʼn ernstige bedreiging vir hierdie weekdiere in en die beskerming van hierdie spesie teen stropery is deel van die polisie se pligte,” het sy bygevoeg.

Die perlemoen waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.